Huisgenoot

HEEL LINKS: Joost en Amor in 2002 met ’n eilandvaka­nsie in Mauritius. LINKS: Kort ná die geboorte van hul seun, Jordan, in 2004. ONDER: Amor, Joost, Jordan en die nuwe toevoeging tot die gesin, kleinsus Kylie, wat in 2006 gebore is.

-

(Van vorige bladsy)

Teenoor die Sondagkoer­ant ontken Joost dat hy die man in die video is. “Ek het probeer om die video in die hande te kry,” voeg hy by. “Hoe kan ek kommentaar lewer op iets wat ek nie gesien het nie?”

Joost kry wel die Maandag die video te sien. Hy hou vol dis nie hy nie, maar ’n dubbelgang­er. Amor het glo die hele naweek omgehuil en weier om daarna te kyk. En op die voorblad van Huisgenoot van 5 Maart 2009 verskyn die glanspaart­jie met die opskrif: “Net nóg nader aan mekaar.”

Maar einde Maart beweer ’n bekende sportvrou Joost het Amor twee keer met haar verkul toe hulle al getroud was. Sy praat onder ’n skuilnaam met Huisgenoot.

’n Maand of wat ná die onthulling­s oor die video word haar naam bekend: Sy is die voormalige hoo gspr ingat leet Charmaine Gale-Weavers.

Ook die naam van die ontkleedan­seres in die omstrede video word vir die eerste keer bekendgema­ak: Marilize van Emmenis, van Hartbeespo­ort.

Joost en Amor hou vol dit gaan goed met hul huwelik, maar vir die eerste keer duik vrae op oor die fikse oud-Bok en rugbyk omme ntator se gesondheid toe hy een aand in Julie 2009 inmekaarsa­k. 2007, en toe byna ’n jaar later, in September 2008, word sy weer flou. Die dokters skryf dit toe aan lae bloeddruk, hoë stresvlakk­e en ’n ystertekor­t, maar in Huisgenoot Pols se someruitga­we van 2008/’09 onthul sy sy en Joost word al 18 maande gedurig gedreig.

“Ek sal net ’n oproep op my selfoon kry en ’n stem sal my vertel presies wat ek doen en waar ek en my kinders is. Of iemand sal Joost met sulke dreigement­e bel. By een van my onlangse vertonings het Joost se selfoon gelui. Die stem het gesê hy sit in die gehoor en kyk na my en dat hulle ’n losprys wil hê in ruil vir my en die kinders se veiligheid,” het Amor van die skrikwekke­nde voorvalle vertel. En in een oproep na Joost het ’n man gesê: “Al jou *** gaan nou begin.”

In Januarie 2009 duur die teistering voort. ’n Onbekende, blykbaar Afrikaanss­prekende man bel Joost en Amor albei en sê: “Geniet die media.” Hy en Amor eet die aand by vriende in Sandton toe hy begin kla hy voel ongemaklik en het ’n drukkende pyn in sy bors. Toe hulle elfuur die aand groet, gryp Joost in die oprit by hul vriende se huis skielik na sy bors en stort ineen.

Hy bring vier dae in die hospitaal deur, waarvan een in die hoësorgeen­heid, maar die oorsaak van sy ineenstort­ing bly ’n raaisel. Dit kan aan buitengewo­ne stres te wyte wees, meen dokters wat om kommentaar genader word.

Sy onverwagte siekbed is vir Joost ’n keerpunt. Daarna besluit hy om die waarheid oor die video te vertel. In sy biografie, Joost: Spieëlbeel­d, wat in November 2009 verskyn, onthul hy: Ja, dit is hy in die video.

“Ek het nie daarop gereken dat ek amper my lewe sou verloor nie, dat ek 12 uur aan ’n lewen sonde rsteun ingstoes tel gekoppel sou wees. Toe ek my vrou en kinders sien toe ek uit die hospitaal kom, was ek baie skaam. Ek het besef ek moet my lewe regmaak,” sê hy einde 2009 aan Huisgenoot.

“Ek het baie foute gemaak. Jammer aan die mense wat in my geglo het en my vertrouhet. Ekwasverke­erd. Virmyvrou het ek gesê ek het owerspel gepleeg; ek Toe bars die bom. Op Woensdagmi­ddag 11 Februarie 2009 bel ’n onbekende man die tydskrif heat se Johannesbu­rgse kantoor. Hy beweer hy het ’n seksvideo waarin Joost saam met ’n ontkleedan­seres dwelms gebruik. Maar nog voor die uitgawe met hul artikel daaroor en beeldgrepe uit die gewraakte video die volgende week op straat verskyn, kondig Rapport daardie Sondag die skoknuus op die voorblad aan: “Joost in seksvideo.”

‘Ek was baie skaam. Ek het besef ek moet my lewe regmaak’

HUL GELUK AAN SKERWE

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa