Huisgenoot

BO: Die Van der Westhuizen­s in gelukkiger dae. REGS: ’n Gespierde Joost in 2002 tydens ’n eilandvaka­nsie in Mauritius. ONDER: Toe Joost in 2011 siek word, het sy band met sy kinders, Kylie en Jordan, net hegter geraak.

-

DOODSTRYD VIR JOOST Die skeisaak is nog hangende toe die volgende bom in die media bars: Joost het betrokke geraak by ’n ander vrou.”

In dieselfde week praat Amor vir die eerste keer sedert Joos t se bekentenis oor die video met die media. Aan Jacaranda FM sê sy: “Toe hy my eindelik vertel, het ek daarna gaan kyk. Ek dink die seer was op daardie tydstip reeds so diep. Toe ek daarna kyk, het dit gevoel asof ek ’n miljoen dode sterf.” Tog sê sy sy sal 110 persent gee om hul huwelik te red.

Nadat Joost oop kaarte gespeel het oor die video, het Amor eers gesê sy staan by hom, maar teen Junie 2010 praat sy weer met Huisgenoot – en dié keer is daar nie sprake van saamstaan nie.

Is dit finaal verby? vra ons die vraag waaroor mense wonder.

“Ek het ruimte nodig om daardie besluit te neem,” antwoord Amor. “Ek is nie meer gelukkig nie. Ek vertrou Joost nie meer nie. Mense vra dalk: Maar hoe help dit jou kinders as julle uitmekaarg­aan? Dis wel ter wille van hulle dat ek al hierdie maande gebly het, maar dis ook ter wille van hulle nodig dat ek weer gelukkig word. As my kinders my nog een keer moet vra: ‘Mamma, hoekom is jou hartjie seer?’”

Jordan (toe 6) en Kylie (4) bly by Amor woon terwyl Joost by ’n vriend intrek. Twee maande later kondig hulle aan hulle gaan skei ná ’n huwelik van sewe jaar. is siek – ernstig siek. Die nuus wat op Vrydag 13 Mei 2011 bekend word dat die dodelike motor neuron siekte( M NS) by die gewese Bokskrumsk­akel gediagnose­er is, laat alle vorige opskudding­s en skandale vervaag. In Februarie 2012 praat Joost openhartig met Huisgenoot oor sy siekte, sy foute, sy verhouding met Amor en sy groot wens: dat sy kinders eendag trots op hom sal wees. “Ek wil die waarheid leef; ek wil nie meer leuens inhou nie,” sê hy. “Ek wil van hier af vorentoe ’n skoon lewe kan lei. Ek het die voorreg om my lewe reg te maak met almal.” SIEK, MAARTWIS DUUR VOORT ’n Maand later verskyn Joost weer op Huisgenoot se voorblad te midde van ’n opskudding oor ’n beweerde romanse tussen hom en dr. Jody Pearl, ’n prag-

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa