’N STRYD TOT IN EKSTRATYD
Al het MNS Joost ál meer afgetakel, het hy alles probeer om die siekte te oorwin sodat hy sy kinders kon sien grootword
DToe Huisgenoot in Februarie 2012 met Joost gesels, lyk hy veel ouer as sy 41 jaar. Hy vertel dit raak moeilik om uit ’n gewone motor te klim. Sy hande begin reeds knobbelrig tekens toon van die aftakeling van MNS (Ek wil die waarheid lewe, 23 Februarie 2012).
’n Bietjie meer as ’n jaar ná sy diagnose is Huisgenoot daar toe Joost ’n glansgeleentheid vir liefdadigheid bywoon (Vol lewe vir swakker Joos t ,12 Julie 2012). Hier kan jy sien hy loop mank en met moeite. Sy eens stewige handdruk is pap en dit lyk asof hy uitasem aan ’n reling moet vashou.
Twee maande later vertel Joost hy kan nog self gim toe ry om sy spiere te oefen, al is dit straf en seer. ’n Mens sien dit verg inspanning om selfs ’n flessie medisyne oopte kry. Hy vertel hy het met Tasmaanse bok serum begin eksperimenteer. Hy word twee keer per dag daarmee ingespuit in die hoop dat dié hulpmiddel van gesuiwerde bokbloed die MNS se vernietiging sal vertraag. Hy vertel ook hy wil sy 2012: neuroloog dr. Pieter Kritzinger. Hy vergesel hom daarheen.
Die neuroloog beveel toetse aan en die uitslag bevestig Henry se ergste vermoedens :’ n voorlopige diagnose van die ongeneeslik een aftakel ende motor neuronsiekte( M NS ). Dié toestand onderbreek die seine van die brein na willekeurige spiere en eindelik hou al die spiere op met werk.
’n Tweede neuroloog bevestig die diagnose. Joost se lewe verander onherroeplik – en dit op net 40 jaar. 2011: (Blaai om) IS Paasnaweek 2011 en ’n jolige sonskydag toe Joos t van der W est h ui z en en sy jare lange doktersvriend by Sun City in Noordwes in ’n swembad met mekaar stoei. In dié ligte oomblik vermoed dr. Henry Kelbrick die eerste keer onraad: Joost se regterarm is veel swakker as sy linkerarm.
Al stem dit hom effens onrustig, bly hy vir eers stil, maar toe hy later die naweek boonop agterkom Joost se tong sleep ietwat, besef Henry iets skort.
Met hul terugkeer ná die naweek reël Henry die Dinsdag vir die eens topfikse en gesonde gewese Springbok skrumskakel’ n afspraak by die Pretoriase
Hoopvol dat die dokters verkeerd is, bestyg Joost twee maande later, in Julie 2011, ’n vliegtuig Amerika toe om antwoorde te kry. Maar dis nie goeie nuus nie; die MNSspesialis dr. Erik Pioro van Cleveland, Ohio, bevestig die diagnose amptelik. Die werklikheid sink by Joost in: Hy ly inderdaad aan amiotrofiese laterale sklerose, die mees algemene vorm van die dodelike MNS. Hy besef dis ’n siekte wat hom gaan verlam, mettertyd al sy spierfunksie gaan vernietig en hom eindelik sal doodmaak.
Daar hoor hy ook die prognose hy het waarskynlik net 24 maande oor om te leef; as hy gelukkig is, hoogstens vyf jaar. Maar Joost wil sy kinders, Jordan (toe 7) en Kylie (5), sien grootword.
In Augustus, ’n maand ná die diagnose, kondig hy op ’n nuuskonferensie aan hy kry eksperimentele stam sel behandeling om die agteruitgang te vertraag (Stamselle: ’n laaste hoop, 8 September 2011). HOOFFOTO: Joost in 2013 op sy en sy pa, Gustav, se verjaardagpartytjie. By hom is sy vrou, Amor Vittone, en kinders, Kylie en Jordan. BO: Ook in 2013, met vakansie in Mauritius, moes Amor en hul kinders Joost oor die weg help kom.