Huisgenoot

All Blacks (Wonder-pak wat Joost laat loop, 23 Oktober 2014).

-

BO: In 2013 by pa Gustav, ma Mariana, en Pieter met die bekendstel­ling van sy boek 99 Dinge Wat Ek Wil Hê My Kinders Moet Weet. REGS: ’n Jaar later in ’n “wonderpak”. ONDER: Joost skerts met Heyneke Meyer. HEEL ONDER: By die 2015-Wêreldbeke­rtoernooi.

Teen Maart van die volgende jaar maak dit ’n mens hartseer om te sien hoe Joost lyk. Waar hy in sy rolstoel sit met die grys wat deurslaan teen sy slape, lyk hy klein, hulpeloos, verwese; nogtans dink hy steeds nie aan die dood nie (Nou maak ek my kinders se drome waar, 12 Maart 2015). Wanneer sy kop hang, dwing hy dit regop.

In Augustus begin Joost deur ’n spesiale rekenaar, ’n eye tracker, in ’n blikstem praat. Dit span die beweging van sy oë in (Reg vir wanneer ek nie meer kan praat, 13 Augustus 2015). Een keer per maand word sy longkapasi­teit getoets.

In November reis hy na Londen vir ’n vier dae lange reünie met sy ikoniese spanmaats van 1995 (Terug in die goeie ou dae, 5 November 2015). Vir dié vier dae is sy siekte vergete.

Steeds hou hy moed. Hy begin die nuwe sogenaamde wondermidd­el GM604 beproef – ’n eksperimen­tele middel wat binneaars toegedien word en glo die siekte bestry deur die groei, behoud en oorlewing van aangetaste senuselle aan te help.

Dit laat hom ’n bietjie sterker voel, vertel hy (Nuwe middel, nuwe hoop, 24 Desember 2015). Dit voel vir hom hy praat en sluk selfs beter. 2015:

Maar in Junie 2016 kan Joost glad nie meer sy kop lig wanneer hy sluk nie; iemand moet help. Hy kan skaars beweeg.

Dit is amper Vadersdag en hy kan net glimlag vir Kylie en Jordan (Ons geskenke vir #1Dad, 23 Junie 2016).

In Oktober vertel hy “Psalm 91 is nou my troos” (6 Oktober 2016). Dis ’ n vertrooste­nde teks wat begin met die woorde: bruik. Hy vertel hy gebruik dié masjien net wanneer hy voel hy het asemnood, veral snags ( Joost: Siekte in ’n nuwe fase, 2 Februarie).

Sy oë lag glad nie op dié dag tydens wat Huisgenoot se laaste onderhoud met hom sou wees nie, nie soos by elke vorige geleenthei­d nie. Hy is vel en been.

In die donker kloue van die siekte se laaste fase lyk hy moeg en uitgemerge­l. Dit is die J9-stigting (die stigting wat hy begin het om MNSlyers by te staan) wat kort daarna, op Saterdagog­gend 4 Februarie, aankondig: Joost is inderhaas na die Life Fourways- hospitaal geneem. Sy toestand is kritiek. Bid vir Joost, vra hulle. In die ure wat volg, waak sy geliefdes by hom. Die Sondag is daar ’n effense ligpunt: Sy toestandis­meer stabiel. Maar op Maandag 6 Februarie 2017 om halftwee die middag sterf Joost in sy huis op die Dainfern-landgoed in Midrand met sy geliefdes om sy bed. In die ure daarna stroom huldeblyke van oraloor in vir die eens voortrefli­ke en kragtige skrumskake­l, vir die pa wat vir sy kinders geleef en tot die einde waardig teen die onafwendba­re geveg het. Hy het die goeie stryd gestry. Hy het die wedloop voltooi. Hy het die geloof behou.

Hy wat by die Allerhoogs­te skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’ i di H

Joost is 45 jaar oud en praat magteloos in sy blikstem. Hy kan nog klein, sagte stukkies kos eet, maar andersins maak hy staat op ’n voedingbui­s deur sy maag. Einde Januarie raak die nuus bekend: Joost moet nou begin suurstof ge- 2017:

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa