Huisgenoot

Suid-Afrika het ’n legende verloor wat onthou sal word vir sy rugbyhelde­dade, maar veral vir sy veggees deur swaar tye RUS SAG, DAPPER VEGTER

- Deur ALMARI WESSELS

het hy terugbakle­i: toe hy nie meer sy ledemate kon gebruik nie, toe die stem waarmee hy sy spanmaats en geliefdes geterg het deur ’n rekenaar se blikstem vervang is; toe hy suurstof moes begin gebruik wanneer hy kortasem is.

“Ek weet nie hoeveel tyd ek nog het nie, maar ek sien hierdie siekte eintlik as ’n seën,” het Joost al in April 2013 aan Huisgenoot gesê.

“Ek en Jordan het vandag twee uur hier op die bank sit en gesels. Toe sê hy: ‘Dadda, wanneer jy doodgaan, gaan ek huil.’ Toe antwoord ek: ‘Nee, Jordan, jy moet gelukkig wees.’

“Ek het tyd om voor te berei. Al my goed is reg. My testament, my geloof, alles. Ek het tyd om koebaai te sê. Ek het hoop en vat hom soos hy kom.”

Dít was Joos tHe ys t ek v ander W est h uiz en, altyd slaggereed vir’ n uitdaging.

In die bekende woorde van die rugbykom me nta tor wyle Zandberg Jansen: “Nag, Ou Grote.” Rus sag. In Mei 2011, op 40-jarige ouderdom, word MNS by hom gediagnose­er. Selfs sy grootste kritici kon nie hul hart verhard nie.

Die siekte sou algaande die spierfunks­ie vernietig van die man wat op die rugbyveld so fisiek was, hom verlam en ten einde laaste sy lewe neem. Joost sou ’n gevangene word in die liggaam wat hom rugbyglori­e besorg het.

Dokters het hom min tyd gegee om te leef, maar het nie rekening gehou met sy veggees nie. Joost wou Jordan (toe 7) en Kylie(toe5) siengrootw­ord. Elkemoontl­ike kuur wat sy lewe kon verleng, het hy beproef: eksperimen­tele stam sel behandelin­g in Brittanje; kliniese proewe in Amerika; en selfs’ n omstrede“ont giftin g s kliniek” in Pretoria.

Met sy J 9- liefdadigh­eidsorgani­sasie (dit staan vir Joost en die nommer 9 op sy rugbytrui) het hy ’n baken van omgee en hoop vir ander MNS-lyers geword.

Teen elke nuwe aanslag van die siekte Y WAS ’n man vir groot oomblikke, oomblikke van hoog vlieg en seer val. Maar telkens het hy die stof afgeskud, opgestaan en voortgebeu­r. Hy was immers Joost van der Westhuizen – rateltaai rugbyreus, aantreklik­e hartebreke­r, feilbare mens.

In sy laaste oomblikke–as’ n uitgemerge­lde pasiënt–was hy net’ n skaduwee van die eens gespierde skrumskake­l van 92 kg en 1,88 m. Tog het sy aanhangers bly hoop die voormalige Bokkaptein sou hulle weer verstom met die veggees wat hom deur soveel stormagtig­e tye in sy lewe gedra het.

Maar toe breek die dag op 6 Februarie 2017 aan: Die terminale, verlammend­e motor neuron siekte( M NS) waarteen hy jare lank so moedig geveg het, het die lewe van ’n Suid-Afrikaanse legende op 45-jarige leeftyd kortgeknip.

Joos t het reeds as laerskool kannetjie in Pretoria op die rugbyveld uitgeblink. As jong skrumskake­l van die Blou Bulle was hy gou een van die sterre van Loftus Versfeld. Maar dis toe hy op 22 in Buenos Aires, Argentinië, die eerste keer die Groen-en-Goud oor sy kop trek en ’n skouspelag­tige drie teen Argentinië druk dat hy rugbymal Suid-Afrikaners se hart behoorlik verower het.

“Joost! Joost! Joost!” het die skare twee jaar later gedreunsin­g toe die Bokke in 1995 in Port Elizabeth uitdraf om Kanada te klop op hul pad na W ê reldb ekergl orie op eie bodem. Hy sou eindelik 89 keer vir die Bokke speel.

Maar die aantreklik­e Joost was nie net ’n breker op die rugbyveld nie. Met sy besonderse, amper deurskynen­de oë, atletiese lyf en kuiltjies het hy meisies na hul asem laat snak. Sy persoonlik­e lewe het opslae gemaak: sy egskeiding van sy eerste vrou, Marléne; sy troue met die Lotto-meisie en sangeres Amor Vittone – en later ook die skandaal oor die berugte seksvideo waarin hy saam met ’n ontkleedan­seres gesien is.

Joost het eers ontken dis hy in die video, maar moes eindelik bieg. Die rugby- ikoon was nou ’ n gevalle held. Getroue aanhangers het sy bekentenis en verskoning aanvaar, maar ander het hom verwyt. Sy en Amor se huwelik het uitmekaarg­eval en hulle is van bed en tafel geskei. Maar hy het ’n toegewyde pa vir hul kinders, Jordan en Kylie, gebly.

En toe begin Joost se grootste stryd.

H

 ??  ?? Joost van der Westhuizen het diep spore in Suid-Afrikaners se hart getrap, eers as Bokheld en later as ’n simbool van hoop vir ander wat teen terminale siektes veg.
Joost van der Westhuizen het diep spore in Suid-Afrikaners se hart getrap, eers as Bokheld en later as ’n simbool van hoop vir ander wat teen terminale siektes veg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa