STAALTJIES OOR BOET JOOST
Deur VAN HEEL LINKS: Joost is streng grootgemaak, maar sy kinderjare was sorgeloos; baba Joost (links) en ouboet Pieter; van links is Joost, kleinboet Gustav en Pieter op ’n riksja met ’n gesinsvakansie in Durban; die boeties: Joost sit regs agter, Pieter langs hom en Gustav voor. ORGELOOS opwinden ORGELOOS, opwindend en mededingend . . . So onthou Pieter van der Westhuizen sy en sy broer Joost (hulle het ook ’n laatlambroer, Gustav) se kinderdae in die destydse Noord-Transvaal. Joost is op 20 Februarie 1971 in Pretoria gebore en het in ’n minder ryk deel in die noordooste van die stad grootgeword. “Maar dit het ons nie gepla nie, want dit was lekker tye,” het Pieter (nou 47) ’n paar jaar gelede aan Huisgenoot vertel.
“Ook vol kattekwaad, want dit was die dae toe ’n mens nog op ’n mooi en gesonde manier kattekwaad kon aanvang: dinge soos toktokkie speel en jou help aan die vrugte van iemand anders se boom, sulke dinge; niks leliks nie.
“Dit het wel beteken dat ek en Joost gereeld onder my pa, Gustav, se belt moes deurloop, veral wanneer ons ’n venster gebreek het met ons balskoppery langs die huis. Hy was ’n man wat aan dissipline geglo het.”
Pieter vertel die staaltjie van die groot boom op ’n leë erf langs hul huis. “My ma het ons die dood voor oë gesweer as ons in daardie boom klim, maar ons kon die versoeking eenvoudig nie weerstaan nie. Op ’n dag spring ek toe so ewe windgat van ’n tak af grond toe en daar trap ek met my kaal voet op ’n stuk glas. Dit was die ene bloed.
“Ek kon glad nie op daai voet trap nie en Joost moes my huis toe abba. Ek kan nie onthou wie die meeste vol bloed was nie – ek of hy!” En natuurlik het pa Gustav se belt daardie aand weer gepraat . . .
Sy oudste broer se vertelling van hul kleilatdae en kattekwaad en van Joost se sporttalent
toe die broers een Saterdagoggend in ’n stryery betrokke raak oor wie hul pa se Mini-bakkie uit die motorhuis moet trek. Pieter was reeds agter die stuur, maar Joost wou nie bes gee nie en het sy ouboet probeer wegstamp.
Pieter het hom vererg en vinnig weggetrek – reguit in die muur vas. Hulle kon nooit agterkom hoe hulle daardie keer ’n loesing vrygespring het nie. JACO HOUGH- COETZEE S
Hy en Joost het meer oor die “kleiner dingetjies” pak gekry, sê Pieter. “Maar die keer dat ons die grootste pak van ons lewe verwag en by voorbaat omtrent 20 onderbroeke aangetrek het, het ons wonder bo wonder nie pak gek rynie .”
Hulle was so in st. 7 (vandag gr. 9) rond OOS alle kinders het hulle destyds geleef vir skoolvakansies, het Pieter vir Huisgenoot vertel. “Dit was dan dat ons kon gaan kuier op Hanover, ons oupa Joost Pretorius se LINKS: Joost was op skool ’n kranige Voortrekker. BO: Hy is in st. 9 vir NoordTransvaal se Cravenweekspan gekies. REGS: Joost kry in 1992 sy B.Com. aan Tukkies.