BO: By Victor Matfield ná die Bokke se nederlaag teen Nieu-Seeland in die 2003-WBR. HEEL BO: Joost (kaptein) wys sy waardering vir die skare nadat die Bokke Nieu-Seeland in die uitspeelstryd om die derde plek in die 1999-WBR geklop het. Van links is André
liswaar gedink aan al die Engelse en ander teenstanders oor wie die Polinesiese makro-vleuel toe al in daardie toernooi gehardloop het.
Maar, soos Joost se 1995-spanmaat Kobus Wiese ons in ’n onderhoud ’n paar jaar gelede herinner het: “Hy het nog nooit ’n bang haar op sy kop gehad nie.”
Joost het in die biografie Joost: Spieëlbeeld vertel: “My jop was om Mehrtens dop te hou en as dekverdediger vir Lomu te help keer. Toe ek Mehrtens binnetoe na hom toe sien aangee, het ek besef . . . óf my naam gaan vir die res van my lewe Mike Catt wees óf ek gaan hom uithaal.” (Mike was die Roos wat die skouspelagtigste verwelk het toe Jonah in die halfeindstryd verskeie Engelse uit die aarde hardloop.)
“Joost kon selfs sy man teen ’n ander span se voorspelers staan,” het Kobus onthou. “Sy dekverdediging was baie hard; hy het trouens ’n paar keer onder Jonah ingeseil.”
In Spieëlbeeld het Joost sy gewaarwordings ná die eindfluitjie so opgesom: “Daar was ’n heerlike chaos oral, en ook verligting. Dit was onvergeetlik om te sien hoe bly ons (die Springbokke) almal (die land) gemaak het. Alles waarvan ek altyd in my loopbaan gedroom het, het in daardie oomblik bymekaargekom.”
Later sou dit blyk hy het boonop die All Blacks aangedurf met ’n ribbebeen wat in die nat halfeindstryd teen Frankryk gekraak het toe die slot Abdelatif Benazzi hom duik. Maar die eindstryd wou hy nie misloop nie; daarom het hy stilgebly.
Hy het geweet as die dokter tydens ’n ondersoek op daardie rib druk, sal hy nie sy skeet langer kan wegsteek nie. Toe sê hy maar die rib langs daardie een is ge- (Van vorige bladsy)