Huisgenoot

MASALAAART­APPELS EN SLAAI

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 1 uur 45 min. 200 g geel split

ertjies, ’n uur geweek sout 10 ml (2 t) fyn koljan

der 7 ml (1½ t) fyn komyn 2 ml (¼ t) brandrissi­e

poeier 15 ml (1 t) borrie 120 ml olyfolie 1 eiervrug, in blokkies van 2 cm gesny 3 middelslag-aartap

pels, geskil 2 uie, in dun skywe

gesny 15 ml (1 e) gerasperde gemmer 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 300 g tamaties,

in kwarte gesny 8 kerrieblar­e 1 jalapeño-brandrissi­e,

gekap 250 ml (1 k) Engelse

spinasie suurlemoen­sap SLAAI 30 ml (2 e) wit balse

mieke asyn 5 ml (1 t) suiker (opsio

neel) 5 ml (1 t) garam masala 2 ml (½ t) brandrissi­e

poeier 1 avokado, in stukke

gesny 3 tamaties, in growwe

blokke gesny 1 klein rooi-ui, in skywe

gesny vars koljander VIR VOORSIT dik volroomjog­urt met fyn gesnyde brandrissi­es ingeroer

Dreineer die splitertji­es en plaas dit in ’n kastrol. Bedek met water en voeg sout by. Kook ’n uur oor matige hitte of tot sag. Dreineer en hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 160 ˚C.

Meng die koljander, komyn, brandrissi­epoeier en borrie in ’n bakkie. Skep 15 ml (1 e) van die speserymen­gsel in ’n groot bak en roer 30 ml (2 e) olyfolie in om ’n pasta te vorm.

Voeg die eiervrug in die bak en meng dit goed met jou hande tot die speserypas­ta dit oral bedek.

Plaas die eiervrug in ’n oondpan. Giet 60 ml olyfolie oor en oondbraai 20 min. tot sag. Plaas eenkant.

Kook die aartappels tot sag. Dreineer en hou eenkant.

Verhit die ander 30 ml (2 e) olyfolie in ’n kastrol oor lae hitte, voeg die uie by en braai 10 min. tot sag.

Verhoog die hitte tot matig, voeg die oorblywend­e speserymen­gsel by en braai 3 min.

Voeg die gemmer en knoffel by en braai 2 min. Voeg die tamaties, kerrieblar­e en vars brandrissi­e by.

Verlaag die hitte, plaas deksel op en kook 10 min. of tot die tamaties pap is.

Roer die aartappels en split-ertjies in en dan die spinasie. Geur na smaak met die sout en sap.

Slaai Meng die asyn, suiker, garam masala en poeier.

Meng die avokado, tamaties, ui en koljander in ’n slaaibak en giet die sous oor.

Vir voorsit Sit die slaai voor saam met die masala-aartappels en jogurt-brandrissi­esous.

 ??  ?? MASALA-AARTAPPELS EN SLAAI
MASALA-AARTAPPELS EN SLAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa