Huisgenoot

VRA VIR HANNON

Die gewilde voorkomsko­nsultant gee dié week topwenke vir mans

- DASSE WIL HY DRA

MANS voel dikwels ’n das is net ’n nekwurger; ander sê dit is ’n outydse simbool van manlike gesag. Ek voel in ons gemaklike samelewing is nog plek vir die das.

KORPORATIE­WE WÊRELD

In die korporatie­we wêreld is ’n das steeds ’n statussimb­ool en daar is ongeskrewe reëls oor die regte en verkeerde een vir spesifieke geleenthed­e. Niemand sal jou byvoorbeel­d ernstig opneem as jy ’n das met ’n verspotte strokieska­rakter op dra nie.

As jy ’n jong nuweling is, kan jy nog’ n raadsaal vergaderin­g met ’n streepdas bywoon. Maar as jy meer senior is, kies een met ’n subtiele herhaalpat­roon.

Wanneer jy voor ’n gehoor ’n aanbieding doen, dra ’n das in een soliede kleur; dit lyk die formeelste en sal ook nie die mense wat voor jou sit se aandag aftrek nie.

’n Rooi das word gedra as ’n statussimb­ool van ’n man wat aan die hoof van ’n afdeling of maatskappy is, want dit is ’n teken van sy superiorit­eit. (Pres. Donald Trump van Amerika weet dit alte goed, want hy het tydens die verkiesing­s verrigting­s gereeld met ’n rooi das op televisie verskyn.) Daar sal dus gefrons word as ’n nuweling met ’n rooi das by die werk opdaag.

MODES VERANDER

Met modes wat kom en gaan, is dit nodig om die reëls van das dra te ken.

’n Mens kan net by ’n hemp met ’n harde kraag ’n das dra. As die kraag smal is, moet die das ook dunner wees.

As jou baadjie se lapelle breed is, moet jou das ook breed wees.

En al verkondig die glansrykst­e tydskrifte die teendeel, moet jou boonste hempsknoop altyd vas wees.

Wanneer jy ’n das dra, moet jou hemp ook altyd by jou broek ingesteek wees, anders kan jy baie maklik slordig of verstrooid lyk.

DIE KNOOP

Neem tyd om jou das behoorlik te knoop. Die onderste punt moet altyd aan jou belt raak; daarom moet jy vooraf reeds bepaal hoe lank die das moet wees wat jy graag wil koop.

Daslengtes wissel van 132 tot 147 cm. As jy lank is, kies eerder ’n langer das; anders gaan jy sukkel om die perfekte lengte en dikte dasknoop reg te kry.

Daar is drie bekende dasknope: die Pratt-, die half-Windsor- en die Windsor-knoop. Laasgenoem­de is die grootste en flambojant- ste van almal. Dit het die meeste stappe; gevolglik absorbeer die knoop die meeste van die lengte van die das.

PATRONE

Om ’n effekleuri­ge hemp by ’n patroondas te dra is die meer konvension­ele dragkode.

Die hoof van ’n afdeling of maatskappy moet altyd ’n spierwit hemp by sy das aanhê. Enigiemand onder hom kan eksperimen­teer met ’n gekleurde hemp.

Met die nuwe stylreëls in mansmodes kan jy nou ook patroonhem­de met patroondas­se kombineer. Hier is die reël dat die twee patrone soveel moontlik van mekaar moet verskil. Jy kan daarom ’n gestreepte das om jou nek knoop wanneer jy ’n kollehemp dra.

As jy ’n geruite hemp en geruite das wil kombineer, moet die een patroon heelwat kleiner en subtieler wees as die ander.

En as jy ooit wonder of jy dalk ’n das na ’n geleenthei­d moet dra, moet glad nie huiwer nie; dra gerus een.

 ??  ?? Ryan Gosling doen dit reg: ’n das by ’n stywe hempskraag.
Ryan Gosling doen dit reg: ’n das by ’n stywe hempskraag.
 ??  ?? Simon Helberg met sy oop boonste knoop dop die toets.
Simon Helberg met sy oop boonste knoop dop die toets.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa