Huisgenoot

’N LYF WAT PLA? MOENIE KLA!

Dryf ’n gehik, gejeuk of springoog jou soms tot raserny? Verdra dit maar – dis net jou liggaam gg wat jou probeer help

- Saamgestel deur MIEKE VLOK

VIR wat sukkel ’n mens se lyf dan tog so? Party dae gaap jy heeldag of begin hik. Jy jeuk ure lank nadat ’n muskiet jou gebyt het. En stamp jy jou iewers, sit jy met ’n onooglike pers kol. Jou lyf laat jou darem baie onnodig swaarkry, of hoe? Moenie glo nie, sê slim wetenskapl­ikes wat die menslike liggaam bestudeer.

Jou lyf is eintlik ’n wonderlike, intelligen­te masjien wat sy bes doen om jou te beskerm. Elke funksie wat vir jou onbenullig of irriterend lyk – selfs iets soos trane of ’n oog wat spring – dien eintlik ’n belangrike doel.

GAAAP

“Hou jou hand voor jou mond, sê die hoender aan die hond.”

So het die ou mense geterg om ons te herinner er dit is nie ordentlik om in geselskap te gaap nie. . Dit wys immers jy is moegeg en verveeld met wat om jou aangaan.

Maar ’n gaap is eintlik ’n wonderlike ding: Dit help die brein koel bly.

Nes rekenaars het ons brein ’n temperatuu­r waarteen dit die beste werk. Wanneer jy moeg of vaak is, oorverhit jou brein effens. Dan gaap jy, ’n diep asemteug wat jou brein van broodnodig­e suurstof en bloed voorsien en dit help afkoel.

’N LAASTE ‘SKOP’ VOOR SLAAPTYD

Baie van ons ken die oomblik net voor ons insluimer en meteens ruk jou lyf asof jy van ’n trap afval. Dié gevoel het ’n amptelike naam: mioklonies­e rukke.

Namate jou spiere verslap en asemhaling stadiger raak, besef jou lyf meteens jy gaan aan die slaap raak. Dit raak bang jy is op die punt om beheer oor jouself te verloor en gee jou dan ’n harde pluk om jou wakker te maak.

In jou bed voel dit onnodig. Maar dit help ’n aap wat insluimer op ’n boomtak en dringend wakker geruk moet word voor hy stert oor kop na benede tuimel.

VERRIMPELD­E VINGERS EN TONE

Wanneer jy uit die bad klim, lyk jou vingers en tone dikwels soos gedroogde pruime. Glo dit of nie, dis met goeie rede. Namate jou lyf besef jy is nat, laat dit jou vingerpunt­e en tone verrimpel sodat jou vingers makliker vatplek kan kry en jou tone keer dat jy gly.

’N OOG WAT SPRING

Min goed is so irriterend soos ’n ooglid wat die ritteltits kry. Maar kenners sê dis hoe jou lyf jou vertel hy is moeg. Hoekom is dit juis ’n oog wat spring? Jou oë is van die belangriks­te sintuiglik­e organe; iets wat jy heeltyd gebruik. Wanneer jou lyf jou aandag wil trek, is die oog die beste plek om te begin.

’N GEHIK NÁ DIE SLUK

’n Mens hik wanneer jou diafragma – die deel tussen jou ribbes – skielik saamtrek. Dié sametrekki­ng word gewoonlik veroorsaak deur ’n irritasie omdat jy te vinnig geëet of gedrink of skielik gesluk het. Dan dink jou diafragma van die kos kon in jou asemhaling stelsel beland het. Jou lyf begin hik om enige kos wat op verkeerde plekke vassit, los te kry.

KIE-KIE-KIE-KIELIE

Die meeste mense haat dit om gekielie te word. Waarom laat dit ’n mens dan lag? Lank gelede, toe ons voorouers gouer handgemeen geraak het, moes hulle vinniger vir hul aanvaller kon wys hulle sou nie terugbakle­i nie. Hoe dan nou beter as met ’n spontane gelag? So het hulle begin giggel omdat hulle wou oorgee of wys hulle is onderdanig. As iemand jou op die sensitiewe plekke in jou kieliebakk­e prikkel en jy heeltemal magteloos is, begin jou lyf lag. So wil hy eintlik sê: “Ek sal nie terugbakle­i nie; ek is vriendelik.” En onderdanig.

PIMPEL EN PERS

As jy lomp is, het jy seker al gewonder hoekom jy met ’n lelike blou kol gestraf word elke keer dat jy jou teen iets stamp. En waarom word die kolle soms ná ’n rukkie geel en pers?

’n Harde stamp laat die bloedvate reg onder die vel breek. Hul bloed versamel dan daar en dit verkleur die vel. Namate die kol genees, breek jou lyf verskillen­de proteïene af om te herstel – en met elke fase verander die kneusplek se kleur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa