Huisgenoot

BULHOND? NEE, EK’S ’N CHIHUAHUA

Gerrie Nel gesels oor sy nuwe werk by AfriForum, die kritiek wat teen hom uitgespree­k is, sy indrukke van die nasionale vervolging­sgesag en sy ware persoonlik­heid

- Deur HILDA VAN WYK

HULLE noem hom nie verniet die Bulhond nie. Hy is vir niks en niemand bang nie, vir geen grootkop in die regering of enige bekende nie.

Hier waar hy met ’n wit hemp en ’n rooi das sit, met sy swart baadjie wat oor die stoel hang, lyk hy gereed om hof toe te gaan. Gereed om nog ’n grote agter tralies te kry.

Maar die volgende grote wat adv. Gerrie Nel gaan aandurf, is AfriForum se nuwe privaat vervolging­s eenheid. As hoof daarvan sal hy dié aanvat wat die nasionale vervolging­s eenheid(NVG) besluit het om nie te vervolg nie (lees die kassie regs).

Die Gerrie wat voor ons sit, is nie die Gerrie wat die publiek tydens Oscar Pistorius se moordverho­or op televisie leer ken het nie. Vandag is daar geen maniërisme­s nie. Hy swaai ook nie sy silwerraam­bril in sy hand rond nie. Dit lê voor hom op die A4- notaboek waarin sy afsprake met ’n donker viltpen neergeskry­f is. “Ek kan eintlik nie wag om die werk te begin doen waarvoor ek aangestel is nie,” sê hy.

Op 31 Januarie het hy ná ’n roemryke loopbaan van 36 jaar as staatsaank­laer by die NVG 24 uur kennis gegee. Die volgende dag het hy by AfriForum ingeval.

Die idee vir’ n privaat vervolging­seenheid het hul uitvoerend­e hoof, Kallie Kriel, 15 maande gelede te binne geskiet. Dit was nadat hy gehoor het die NGV het besluit om nie Nomgcobo Jiba, toe die NVG se adjunkhoof, vir bedrog en meineed te vervolg nie.

Die saak spruit uit haar besluit in 2012 om genl.maj. Johan Booysen, destydse Valke-hoof in KwaZulu-Natal, van rampokkery aan te kla.

Daar was net een man wat Kallie aan die stuur van so ’n eenheid wou hê, en dis Gerrie Nel. Die man wat die SAKP-leier Chris Hani se moordenaar­s, Clive DerbyLewis en Janusz Walus, agter tralies gesit het. Die man wat die voormalige polisieen Interpolho­of Jackie Selebi aan die pen laat ry het. Die man wat die Pretoriase onderwyser­es Chanélle Henning se huurmoorde­naars vasgevat het. En die man wat die Paralimpie­se held Oscar Pistorius tronk toe gestuur het – met die wêreld as sy gehoor.

Gerrie se besluit om die pos by AfriForum te aanvaar het in die nuus- en sosiale media kritiek uitgelok. Kritici se siening was dis’ n burgerregt­e organisasi­e wat hom hoofsaakli­k vir die belange van die wit Afrikaanse gemeenskap beywer; daarom wou hulle weet of Gerrie se werk by die nuwe eenheid werklik in landsbelan­g sal wees en nie net wit Afrikaanse belange sal dien nie.

“Ek glo in wat ons skep,” sê Gerrie hieroor. “Ek daag mense uit om te kyk wat ons doen. Kritiseer ons as ons net op een groep mense fokus, of as dit duidelik word ons het ’n politieke agenda wat sekere mense uitsluit.

“Want as dit gebeur, het ons misluk.”

 ??  ?? Die gesoute aanklaer adv. Gerrie Nel is as hoof van AfriForum se nuwe privaat vervolging­seenheid aangestel.
Die gesoute aanklaer adv. Gerrie Nel is as hoof van AfriForum se nuwe privaat vervolging­seenheid aangestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa