Huisgenoot

HOE WERK AFRIFORUM SE PRIVAAT VERVOLGING­S?

-

Wanneer die nasionale vervolging­sgesag (NVG) besluit om nie iemand te vervolg nie nadat die polisie die ondersoek en dossier aan hulle oorhandig het, kan ’n individu wat regstreeks deur die gebeure benadeel is kragtens die Strafprose­swet ’n privaat vervolging instel. So iemand moet dan ’n regsgeleer­de betaal om as aanklaer in die saak op te tree.

Die hoë koste wat daaraan verbonde is, maak dié opsie vir Jan Publiek moeilik, terwyl Afr i Forum hul vervolging­s eenheid uit die bydraes van hul 186000 lede kan finansier, sê Kallie Kriel, hul uitvoerend­e hoof.

Hulle sal eers ’n saak ondersoek en dan besluit of daar genoeg gronde vir vervolging is. Daarna sal hulle die NVG vra om ’n nolle prosequi-sertifikaa­t uit te reik, waarmee dié bevestig dat hulle nie die saak verder gaan voer nie. Daarna neem die privaat vervolging­seenheid die saak hof toe en neem basies die staat se rol oor. Daar is dan geen staatsaank­laer nie, maar wel adv. Gerrie Nel as aanklaer.

Die NVG kan op enige tydstip tydens so ’n verhoor besluit om die saak oor te neem. As die privaat vervolging­s eenheid die saak verloor, moet hulle die ander party se regskoste betaal. Maar wen die eenheid, moet die staat hul regskoste betaal.

Maar wie kan almal by AfriForum gaan aanklop vir hulp met ’n privaat vervolging? Is dié voorreg net hul lede beskore? “Enigeen kan ’n klaer wees; dit maak nie saak wat jou taal, ras of kultuur is nie,” sê Kallie. Hy beklemtoon dit moet ’n saak wees wat die NVG besluit het hulle nie verder gaan voer nie, al is daar wesenlike gronde vir ’n vervolging.

“Afr i Forums e doel i som seker te maak geregtighe­id geskied en dat skelms wat belastingb­etalers se geld steel, daarvoor verantwoor­ding doen .”

Sal hulle ook ’n swart Suid-Afrikaner help wat voel hy is deur korrupsie benadeel? “Ja, want dit is in die belang van almal in die land,” antwoord Kallie. “Afrikaanss­prekendes se probleme lê AfriForum na aan die hart, en net so ook geregtighe­id in die belang van almal in die land.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa