Huisgenoot

Ons lesers groet Joost

-

Dit is 6 Februarie 2017, net 14 dae voor Joost van der Westhuizen se verjaardag en die laaste dag van sy aardse lewe. Die aand kyk ek ’n dokumentêr­e program oor hom. Dis bittersoet.

Die bitter: Dis hartseer dat hy oorlede is en ek kan net dink hoe sy vriende en familie moet voel.

En die soet? Dit is ’n inspirasie om te sien hoe hy motorneuro­nsiekte (MNS) hanteer het.

Om op 45 dood te gaan is jonk, maar hy het ’n betekenisv­olle lewe gelei. Sy humorsin het nooit verdof nie; hy het ander met MNS probeer help. Die vervaardig­ers van die dokumentêr­e program sê hy was nooit in ’n slegte bui nie.

Dit is nie die einde van Joost nie; sy storie sal my en baie ander mense nog lank inspireer. ADÈLE BOTES

Joost se lewe was te kort, maar hy het dit voluit geleef. Sy veggees was en bly ’n groot inspirasie. Hy was die grootste ikoon van Suid-Afrikaanse rugby, rateltaai en vlymskerp op die veld. Vir geen uitdaging het hy geskrik nie.

MNS het soveel van sy liggaamlik­e krag en menswees gesteel, maar sy veggees het hom nooit in die steek gelaat nie. Hy het geleef vir sy twee pragtige kinders, Jordan en Kylie, en tot op die laaste het die siekte hom nie ondergekry nie. Hy het na sy Skepper geluister en sy hart was op die regte plek.

Rus in vrede, Joost. Almal gaan nie dieselfde dink en voel oor jou nie. Almal het hul eie mening en party s’n is minder goed. Maar ons weet, Joost, jou lewe het betekenis gegee. ANTOINETTE SCHOEMAN, RIEBEECKST­AD

Rus in vrede, ons geliefde Joost. Ons sal jou nooit vergeet nie. Jy is my seun Markus, self ’n kranige speler, se rugbyheld en sal dit altyd bly. KLEYN- FAMILIE, GEORGE

Ek sit op my ouma se stoep met ’n koppie tee en hoor ons rugbyheld Joost is dood. My oë skiet vol trane en ek besef hoe vinnig die dood ons geliefdes van ons kan wegneem of ons eie lewensdraa­d kan knip.

Joost was vir baie mense in Suid-Afrika ’n rolmodel en sal gemis word. Hy was sterk tot die oomblik dat God besluit het dis nou tyd om hom te kom haal.

Lief vir jou, Joost. ALLISTER OCTOBER, BREDASDORP

Soos ’n ware Blou Bul-rugbyheld het jy enduit geveg, Joost. Die res van die wêreld het lankal gedink jou laaste stryd is haas verby, maar steeds het jy nie moed opgegee nie.

Ek dink jy moes diep in jou binneste geglo het jy is dapper genoeg om hierdie verskrikli­ke siekte te oorwin.

Die nuus van jou heengaan het my geruk, al het ek my die laaste tyd op die ergste probeer voorberei namate jy ál swakker geword het. Toe die oomblik aanbreek, wou ek dit steeds nie glo nie.

Iemand na aan my het gesê dit is miskien beter so; jy is nou vir ewig verlos van jou lyding en is daar waar geen siekte jou ooit weer sal aftakel nie. Mag dié wete jou familie en derduisend­e bewonderaa­rs vertroos, soos vir my.

Rus sag, ou grote. CHRISTO MEYER, EERSTERIVI­ER

Die reën val soos trane op die gras van Loftus Versfeld. ’n Held is verlore. Joost is weg, maar nooit vergete nie, ’n Springbok op die vlerke van ’n engel na die hemel opgeneem. MARTIN HANSEN

Almal kan leer by Joost: oor hoe om met jou hart en siel vir ander om te gee en met passie te leef.

Die hemelse Vader gebruik ons in sy plan, wat Hy lankal uitgelê het. God wil hê ons moet leef.

In sy lewe het Joost baie harte aangeraak. Dankie, Joost, vir ’n ware lewensles, en rus in vrede.

Sterkte aan die familie. LORAINE

Joost was ’n reus van Suid-Afrikaanse rugby se glorieryks­te dae. As ikoon is hy onsterflik. INGRID

Ek voel hartseer – oor Joost, maar eintlik ook oor my eie dogter. Sy is op die ouderdom van 33 jaar weens MNS oorlede toe haar dogtertjie net drie maande oud was.

Ek is bly Joost se twee kinders het hul pa geken, al was dit veels te kort. Joost was vir hulle ’n goeie rolmodel met die manier waarop hy teen MNS gestry het. Niemand is so dapper soos die mense wat aan hierdie siekte ly nie.

My gebede en liefde aan almal wat iemand aan MNS moes afstaan of MNSlyers wat steeds daarteen veg. Hou vas aan die mooi herinnerin­gs. HARTSEER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa