Huisgenoot

EK VOEL SOOS ’N LOPENDE LYK

-

In my tienerjare is bipolêre steuring by my gediagnose­er. Die medikasie maak dat ek soos ’n lopende lyk word. Ek is nou in my 20’s en gebruik steeds medikasie. Ek sukkel om ’n werk te behou en het min belangstel­lings en geen sosiale lewe nie. Dit voel asof ek nie weet wie ek is nie.

Ek stoot my familieled­e weg, want ek voel ek verwoes hul lewe soos my eie. Dit is vir my ’n stryd om my siekte te aanvaar. Ek voel soos ’n monster, want ek is nooit dieselfde nie. Ek voel in my eie kop vasgevang.

Anoniem op MH

Dis moeilik om hierdie gemoedswis­selingsiek­te net met medikasie te beheer. Jy kan dit vir jouself makliker maak deur verskeie oplossings eerder as net een te beproef. Benewens die psigiater wat ’n oog oor jou medikasie hou, moet jy ook gereeld ’n sielkundig­e spreek. Nie net kan berading jou jou siekte help aanvaar nie; daardeur kan jy ook leer om betyds die tekens te herken van die siklusse wat jou toestand kenmerk.

Weet jy wat die snellers is wat siklusse laat begin? Veranderin­gs in jou roetine kan ’n nuwe fase van depressie of manie ontketen. Wanneer jy min of glad nie slaap nie, moet die gevaarligt­e flikker. Jy raak dalk so besig dat jy nie na die tekens oplet nie. As jy in noue voeling met jou gesin bly, kan hulle jou help om na jou snellers op te let. Hier is wenke om beheer oor jou lewe te kry: Maak seker jy neem op die regte tye die korrekte dosis medisyne. Hou ’n dagboek waarin jy elke dag kort notas maak oor gebeure, jou optrede en wat jou bui is sodat jy mettertyd ’n patroon kan raaksien. Dit kan jou jou gemoedskom­melings vroeg help identifise­er en bestuur. Loop lig vir die vier s’e: spanning, seisoensve­randering, selfmedika­sie en slaapgebre­k. Gesels gereeld met ’n vertroueli­ng oor jou buie. Doen daagliks in die sonlig ligte oefening. Dit help om nie alleen te woon nie; deel ’n blyplek met iemand wat jou kan ondersteun. Vermy alkohol, kafeïen en suiker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa