Huisgenoot

WOORDE WAAR JY KYK

Spring nou om nog kaartjies vir die Woordfees in die hande te kry

-

DAAR is geen gebrek aan ligte vermaak as ’ n mens kyk na die program van vanjaar se Woordfees nie. “Die Sanlam- kontemporê­remusiekpr­ogram is propvol klanke en stemme wat jou gaan wegvoer,” sê Saartjie Botha, direkteur van die US-Woordfees. “Ons het ook ’ n sterk stand- up

komedie- aanbod en dan is daar teater soos # EvitaWon’tFall, Ooms en Koöperasie­stories om almal aan die lag te kry – selfs al moet jy soms ’n traan afvee.”

Die Stellenbos­se fees duur van 3 tot 12 Maart. Die kaartjieve­rkope is sowat 20 persent hoër as verlede jaar, toe tussen 28 000 en 32 000 unieke besoekers die dorp binnegeval het, in die ooreenstem­mende tyd.

Benewens die plesier, sê Saartjie, is daar ook ’n klem op ernstige sake wat in pas is met die werklikhei­d waarin mense hulle tans bevind. In die diskoersre­eks sal onder meer gepraat word oor Afrikaans oor 20 jaar, of wit Suid-Afrikaners as benadeelde­s beskou kan word en wat ons van Amerika onder sy nuwe president kan verwag.

Aan visuele kant sal veral ’n portretuit­stalling deur die fotograaf Antonia Steyn vanjaar aandag trek. Sy is in April verlede jaar gevra om 100 kunstenaar­sportrette te neem van mense wat by die 2017-fees betrokke is.

“Dit was die geleenthei­d van ’n leeftyd,” sê sy.

Die foto’s, wat nie almal in die programboe­kie ingesluit kon word nie, sal in die konservato­rium uitgestal word.

Die naam van die uitstallin­g, In die Gesig Gevat, was die musikant Frazer Barry se speelse kommentaar nadat hy deur haar afgeneem is en besef het hoe ontbloot die kamera ’n mens kan laat voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa