Huisgenoot

Entreprene­urskap

’n Blink sakegedagt­egteisnutt­igisnuttig,sakegedagt­e is nuttig, maar ’nmnmensmoe­tm’n mens moet wins en verlies asook vraag en aanbod verstaan

-

ENTREPRENE­URS is mense wat met ’n ondernemin­g begin, dikwels om ’n nuwe diens te lewer of iets nuuts te vervaardig of iets op ’n nuwe manier te doen. In ’n land soos ons s’n waar baie mense werkloos is, kan entreprene­urs ’n groot en belangrike rol speel: om werk te skep en die ekonomie van die land te versterk. Ondernemin­gs doen gewoonlik een van drie dinge: Hulle dryf handel (iets word verkoop), vervaardig (iets word gemaak) of lewer ’n diens.

Dis nie aldag maklik om ’n entreprene­ur te wees nie omdat jy iets van die begin af moet vestig, maar dit kan baie opwindend wees. Jou skeppende denke kan die wêreld om jou verander. ’n Suksesvoll­e entreprene­ur moet nie net ’n goeie idee hê nie, maar ook baie deursettin­gsvermoë om aan te hou al gaan dit dalk aan aandiebegi­nswaardie begin swaar. Kom Komonskykn­awatons kyk na wat entreprene­urs moet onthou wanneer hulle ’n besigheid begin.

WAT IS WINS?

’n Ondernemin­g se sukses word aan sy wins gemeet. Dit word bepaal deur ’n eenvoudige som: inkomste (die geld wat jy kry by jou klante) – uitgawes (die geld wat jy bestee om jou produkte te koop of te maak) = wins.

As jy ’n pakkie tjips teen R5 op die entreprene­ursdag verkoop, maar jy het net R2,50 daarvoor betaal in die winkel, lyk die wins vir die pakkie so: R5 (inkomste) – R2,50 (uitgawe) = R2,50 (wins).

Dis natuurlik nie altyd so eenvoudig nie. Daar kan ook ander koste wees: Jy maak dalk ’n plakkaat (wat jy koop) vir jou stalletjie; dis ook ’n uitgawe. itgawe.g

As die uitgawestg­awes uitgawes meerme meereer as die in-in komste is is, toon jy n nie ’n wins nie, maar ’n verlies. Baie nuwe ondernemin­gs ly aan die begin ’n verlies omdat dit ’n tyd duur om dit te vestig. Maar ’n suksesvoll­e besigheid moet so gou moontlik ’n wins begin toon; daarom is beplanning baie belangrik. ’n Mens doen dit deur ’n sakeplan op te stel en vooraf mooi te bereken waarvoor jy geld gaan nodig hê, hoeveel van ’n produk jy wil verkoop en aan wie en waar jy dit sal verkoop. ’n Sakeplan behoort ook uit te stippel hoe jy jou produk/ diens gaan bemark (vir mense daarvan gaan sê). Onthou: As niemand van jou diens of produk weet nie, sal niemand dit gebruik of koop nie.

VRAAG EN AANBOD

Dié twee woorde is baie belangrik in geldsake (die ek ekonomie). Vraag verwys na hoeveel vavan van iets mense wil hê. ’n Mens sou kon sês dat die vraag na swemdrag in ’n w warm land soos ons s’n baie groter is as dié na skidrag: Baie mee meer mense sal swembroeke kooo koop as ski-klere omdat hier bba baie meer kans vir swee swem as vir ski is! Aaa Aanbod verwys na h hoeveel van iet iets beskikbaar is is. Net so is daar in ’n land soos

Suid-AfrikaSuid ook heelwat meer swemdrag te koopk as skidrag. ’n Mens sê dus die aanbodaan van swemdrag is baie groter as dié van skidrag.

HoekomH is dit belangrik vir entreprene­urs?neu Daar is twee hoofredes: AsA jy ’n nuwe ondernemin­g gaan begin wat ’n diens aan mense verskaf of produkte aan hulle verkoop, moet jy eers kyk wat die vraag en aanbod is.

Dit help nie jy verkoop iets waarvoor daar geen vraag is nie. Hoekom sal mense iets by jou koop as hulle dit nie wil hê of kan gebruik nie? As jy iets verkoop waarvan die aanbod baie groot is, is die kans dat jou besigheid suksesvol sal wees ook skraler.

As jy besluit om ’n boekstalle­tjie by jou skool se voorskools­e klas te begin, help dit nie jy verkoop boeke sonder prentjies nie. Baie van die jong kinders kan heel moontlik nog nie sulke boeke lees nie en sal dit dus ook nie wil hê nie. Die vraag is met ander woorde klein.

As die voorskools­e klas klaar ’n biblioteek het met oorgenoeg boeke wat hulle kan deurblaai of lees, is die kans ook gering dat jou stalletjie baie gewild gaan wees. Die aanbod is te groot. Vraag en aanbod het ook ’n belangrike uitwerking op die pryse van dienste en produkte. Entreprene­urs moet dit onthou wanneer hulle besluit hoeveel hulle gaan vra vir hul produk of diens.

Kom ons kyk na die vier hoofuitwer­kings wat vraag en aanbod op die prys van goedere het voor ons na ’n voorbeeld kyk: Wanneer die aanbod groter word (meer produkte is beskikbaar) en die vraag bly dieselfde (ewe veel mense wil dit hê), daal die prys (dit word goedkoper). Wanneer die aanbod kleiner word (minder produkte is beskikbaar) en die vraag bly dieselfde (ewe veel mense wil dit hê), styg die prys (dit word duurder). Wanneer die aanbod dieselfde bly (ewe veel produkte is beskikbaar) en die vraag word groter (meer mense wil dit hê), styg die prys (dit word duurder). Wanneer die aanbod dieselfde bly (ewe veel produkte is beskikbaar) en die vraag word kleiner (minder mense wil dit hê), daal die prys (dit word goedkoper). Vrugte is ’n goeie voorbeeld van iets waarvan die aanbod gereeld verander. Wanneer vrugte in seisoen is, is daar baie meer daarvan beskikbaar en is dit gewoonlik goedkoper.

In die winter is sitrusvrug­te baie goedkoop, want die aanbod is groot omdat dié vrugte dan volop is. Maar in die somer is sagtevrugt­e, soos druiwe, weer volop en dus goedkoop.

As jy daarom ’n produk of diens verkoop wat volop is, sal jy heelwat minder daarvoor kan vra, terwyl iets wat skaarser is, meer kan kos – solank genoeg mense dit natuurlik wil hê!

 ??  ?? Baie skole hou entreprene­ursof markdae. Dit is ’n goeie kans om te oefen hoe om jou eie ondernemin­g te bestuur en ’n wins te leer toon. Entreprene­urs kan nuwe besighede begin wat dienste verskaf, soos mense se motors was, of wat iets maak of verkoop....
Baie skole hou entreprene­ursof markdae. Dit is ’n goeie kans om te oefen hoe om jou eie ondernemin­g te bestuur en ’n wins te leer toon. Entreprene­urs kan nuwe besighede begin wat dienste verskaf, soos mense se motors was, of wat iets maak of verkoop....
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Nadav Ossendryve­r het ’n besigheid begin toe hy nog op skool was. Nou gebruik hy van die geld wat Latest Sightings maak om te help met natuurbewa­ring. REGS: Rikalize Reinecke se ondernemin­g bestaan uit ’n visen akwakultuu­rboerdery. Die...
LINKS: Nadav Ossendryve­r het ’n besigheid begin toe hy nog op skool was. Nou gebruik hy van die geld wat Latest Sightings maak om te help met natuurbewa­ring. REGS: Rikalize Reinecke se ondernemin­g bestaan uit ’n visen akwakultuu­rboerdery. Die...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa