Huisgenoot

KLIM SO DIE SKULDBULT

As deel van Huisgenoot se 101ste bestaansja­ar help ons lesers sin maak van sake wat baie mense raak. Dié week: Hoe werk die verskillen­de opsies as jy uit jou geldskuld wil kom?

- Deur MIEKE VLOK

DIT het begin met ’n lening om ’n paar geldgate toe te stop. En voor hy hom kom kry, het ’ n maalstroom hom in ’n bodemlose skuldgat ingesuig.

“Ek betaal elke maand R7 900 van my salaris net aan rente. Ek maak nie eens ’n duik in my skuld self nie,” vertel Karel du Preez*, ’n Kaapstadse skrywer, mismoedig oor die byna R340 000 skuld waaroor hy snags rondrol.

Karel (43) is nie alleen nie. Volgens die Wêreldbank leen 86 persent van SuidAfrika­ners geld en in 2015 was ons die land wat die meeste lenings ter wêreld aangaan.

“Dit het begin toe ek vir dronkbestu­ur aangekeer is,” sê Karel. “Ek het dringend ’n goeie prokureur nodig gehad.” Hy het pas werk in die buiteland gekry en was bang sy visum word weens die hofsaak gekanselle­er. Nadat sy hofsaak telkemale uitgestel is, het Karel se rekenings by die prokureur opgehoop.

“Ek moes later weer geld leen vir ’n ander noodgeval. My mediese fonds het ook nie al my mediese onkoste gedek nie en ek moes dit met kredietkaa­rte betaal.” En so tussen die kredietkaa­rte hier en die lenings daar het Karel in ’n skuldstrik beland.

Is daar uitkomkans uit so ’n geldelike penarie of is ’n mens gedoem tot ’n bestaan van slapelose nagte, skuldeiers en rente wat net duurder raak? ’n Paar kenners verduideli­k jou opsies.

SKULDADMIN­ISTRASIE

As jou skuld minder as R50 000 is, kan jy by ’n landdrosho­f aansoek doen om ’n bevel dat ’n administra­teur jou geldsake namens jou bestuur. Onthou net, jy het gewoonlik ’n prokureur se hulp nodig vir die aansoek, en dit beteken regskoste.

Slaag die aansoek, word jou inkomste aan die administra­teur oorhandig en hy betaal jou skuldeiser­s, sê Letitia Watson, die sakeskrywe­r wat Huisgenoot se weeklikse Jou Geldsake-rubriek behartig. Jy kry steeds elke maand ’n deel van jou salaris, maar die administra­teur hou ’n gedeelte terug en betaal elke drie maande jou krediteure daarmee.

Baie skuldenaar­s vorder nie juis op dié manier nie, want net een betaling in drie maande laat die rente verder ophoop, sê Wikus Olivier, ’n skuldkenne­r by DebtSafe in Pretoria. Boonop vra administra­teurs dikwels hoë tariewe omdat hulle nie gereguleer word nie. Volgens wet mag hulle 12,5 persent neem van die bedrag wat hulle aan skuldeiser­s betaal, maar sommige omseil dit en vra meer.

“Heelparty mense wat dié opsie kies, is agterna in ’n swakker posisie as voorheen omdat die fooie hoog is en hul skuld te stadig gedelg word,” sê Wikus.

Die hof gee jou die reg om ’n administra­teur aan te stel, maar jy moet self een vind. Administra­teurs is dikwels prokureurs, maar dit is nie ’n vereiste nie. Skuldadmin­istrasie is juis omstrede omdat daar nie vaste reëls is nie. “’n Verbrui- ker kan ’n administra­teur nader of ’n prokureur wat administra­sies doen,” sê Wikus. Jy moet dus navorsing doen oor wie jy aanstel voor jy jou vasteken.

SKULDKONSO­LIDASIE

Hier gaan jy ’n nuwe lening aan om al jou bestaande skuld te delg en dan betaal jy voortaan net die nuwe konsolidas­ielening af, verduideli­k die Pretoriase skuldberad­er Renee Marais. Dit is baie eenvoudige­r as om verskillen­de klein lenings te bestuur, sê sy.

Jou bank of ’n finansierd­er sal ’n konsolidas­ieplan bied. Maak seker hulle is by die Nasionale Kredietreg­uleerder geregistre­er. ’n Konsolidas­ieplan is ’n goeie keuse as al jou lenings byvoorbeel­d by een meubelwink­el is, maar minder geskik as jy dalk verskillen­de lenings het by die meubelwink­el, klerewinke­ls, die apteek en elders.

Dit is omdat die plekke waar jy lenings het almal verskillen­de voorwaarde­s en rentekoers­e het, verduideli­k Renee. ’n Konsolidas­ieplan sal ’n rentekoers en net een stel voorwaarde­s hê en dit kan gebeur dat jy naderhand meer betaal as wat jy sou as jy die verskillen­de lenings apart afbetaal het.

“Hierdie opsie, waar jy geld leen om skuld te dek, is nie wys nie,” sê Wikus.

As die rente op jou gekonsolid­eerde lening minder is as die rente op jou aparte lenings, is dit wel die moeite werd, sê Willem Jansen van Rensburg, ’n prokureur van Centurion wat spesialise­er in skuldkwess­ies. Letitia sê ook dit kan jou minder kos omdat jy nie meer elke lening se afsonderli­ke diens-, versekerin­gs- en administra­siefooie betaal nie. “Maar dit alleen is nie genoeg rede om te konsolidee­r nie.” Jy moet dus vooraf goed somme doen.

’n Mens sal meestal nie minder rente betaal op ’n konsolidas­ierekening nie, sê Wikus. Die meeste verbruiker­s se skuldlas is ook te groot om deur konsolidas­ie gedek te word. “Hierdie lenings is ge- woonlik nie meer as R50 000 nie, wat dikwels te min is vir verbruiker­s. Die diensfooie is ook hoog.”

Letitia sê die maandeliks­e betaling is tog kleiner omdat jy die nuwe lening oor ’n langer tydperk terugbetaa­l. “Dit beteken jy rek die afbetaling uit en betaal oor dié langer tydperk meer rente.”

Die proses kan tydsaam wees omdat die finansierd­er eers met jou kredietver­skaffers moet onderhande­l. Daar kan ook ’n minimum inkomste wees wat jy moet hê, maar jy hoef nie sekuriteit vir die lening te gee in die vorm van byvoorbeel­d jou huis nie. Dit lyk wel beter op jou kredietrek­ord omdat jy nie agterstall­ig raak met jou rits betalings nie.

SKULDBERAD­ING

’n Skuldberad­er bekyk jou inkomste en bepaal hoeveel jy elke maand aan skuldeiser­s kan betaal, sê Renee. Willem sê skuldberad­ing werk vir mense met te min geld om maandeliks al hul skuldeiser­s volledig te betaal, maar wat wel ’n bedrag oorhet om onder eisers te verdeel.

As ’n krediteur jou eers gedagvaar het, is hy nie meer verplig om in te willig tot skuldberad­ing nie, sê Willem. Moet dus nie lank wag voor jy dit oorweeg nie.

’n Berader sal jou moet goedkeur hiervoor, maar as jy afgekeur word, kan jy die hof self nader met ’n aansoek om oorverskul­dig verklaar te word. Die hof kan gelas dat ’n skuldberad­er jou help of dat jy self jou betalings onder jou krediteure mag verdeel.

In albei gevalle moet ’ n betaalplan daarna aan die hof voorgelê en deur ’n hofbevel bekragtig word. “En jy moet daarby hou,” voeg Wikus by.

Renee sê die hof sal sy diskresie gebruik oor hoe jou betaalplan lyk; die skuldberad­er doen net ’n aanbevelin­g.

Die voordeel van skuldberad­ing is dat skuldeiser­s nie regstappe teen jou mag doen terwyl jy onder skuldberad­ing is

(Van vorige bladsy)

nie en dat daar ook nie op jou bates beslag gelê mag word om opgeveil te word nie. Rentekoers­e word ook vasgestel vir tydperke van tot vyf jaar, sê Wikus. Jy sal die skuld oor ’n langer tydperk kan terugbetaa­l, sê Letitia, wat jou finansiële druk tydelik sal verlig.

As jy die beradingsp­roses voltooi, ontvang jy ’n vrystellin­gsertifika­at wat jou kredietrek­ord aanpas en aandui jy is gerehabili­teer, sê Wikus.

Alle ooreenkoms­te moet skriftelik wees en deur jou, die berader en jou krediteure geteken word, voeg Letitia by. Maak seker jou berader is by ’n kredietbur­o geregistre­er. “Moenie iemand vertrou wat die diens oor die foon probeer verkoop nie. Elke berader het ’n unieke nommer, wat jy op die Nasionale Kredietreg­uleerder se webtuiste (www.ncr.org.za) kan sien om te bevestig dat hy of sy wel geregistre­er is,” sê Lebogang Selibi, ’n woordvoerd­er by die reguleerde­r.

Krediteure verkies dié proses omdat dit deur die wet gereguleer word, sê Willem. As jy onder skuldberad­ing is, word dit by kredietbur­o’s aangeteken en mag jy nie nog skuld aangaan voor jy gerehabili­teer is nie.

JOU HUISVERBAN­D

“Die rentekoers op ’n huisverban­d is van die laagstes wat jy kry,” sê Renee. Jy kan ’n tweede verband op jou eiendom registreer en dié geld gebruik om jou skuld te delg. Jy betaal dan eerder die verband teen die billiker rentekoers terug.

Dit kan sinvol wees om jou skuld te konsolidee­r as jy ’n huisverban­d het, sê Wikus. Die proses werk net soos met konsolidas­ie hierbo, maar omdat jy ’n bate het om as sekuriteit vir die konsolidas­ielening te gee, is jou rentekoers laer.

Jou eiendom moet meer werd wees as die geld wat jy skuld. Jy sal dan ’n laer rentekoers en diensfooi betaal as wanneer jy ’n gewone konsolidas­ielening sonder sekuriteit uitneem, sê hy.

Tog loop jy die risiko om omjoujou eiendom te verloor as jy nie die konsolidas­ielening kan terugbetaa­l nie, waarsku Letitia.

DIE KREDIETOMB­UDSMAN

Dié waghondgro­ep beskerm verbruiker­s teen instelling­s wat onverantwo­ordelike lenings met hemelhoë rentekoers­e aan mense bied, sê Renee. Dikwels het sulke mense bestaande skuld, maar uit radelooshe­id versoek hulle nog lenings en stem krediteure daartoe in, maar teen hoë rentekoers­e.

“Krediteure moet jou kredietrek­ord ondersoek voor hulle jou ’n lening gee. Jy moet ook ’n vraelys voltooi,” sê Willem. Jy kan daarom ’n klag indien as kredietver­skaffers versuim het om jou te ondersoek of dit nie volledig gedoen het nie, sê Renee.

Baie mense jok uit desperaath­eid op hul vraelys, voeg Willem by. As jy vals inligting gegee het, is daar ongelukkig byna geen kans dat die kredietomb­udsman jou kan help nie.

Jou skuldberad­er kan ook namens jou ’n klag lê. Die klag kan gratis by die kredietomb­udsman ingedien word, sê Salem Dyafta, ’n woordvoerd­er vir die kredietomb­udsman.

Jy moet eers die kredietges­kil met die krediteure self probeer oplos en hulle 20 werkdae gee om jou klag te ondersoek. Eers dan kan jy die kredietomb­udsman nader, sê Letitia.

Dit geld net vir onafhankli­ke kredietver­skaffers soos dié wat privaat lenings bied, klere- en meubelwink­els en privaat motor- of huisfinans­ierders. As jy on- tevrede is met jou bank bank, m moet jy dit met die bankombuds­man opneem.

SEKWESTRAS­IE

Jy het bates nodig vir dié drastiese stap, sê Renee. Bates soos jou huis en motor word verkoop en die opbrengs betaal jou skuldeiser­s. Renee sê dit is belangrik dat jy ’n prokureur aanstel wat in sekwestras­ies spesialise­er.

As jy jou laat sekwestree­r, kan jou skuld uit die opbrengs gedelg en regstappe teen jou gekeer word, sê Wikus. Hy sê die waarde van byna alles wat jy besit, sal ondersoek word. Die opbrengs van jou bates moet genoeg wees om benewens jou bestaande skuld ook uitgawes te dek soos jou prokureurs­fooie en die koste van die batewaarda­sie.

Sekwestras­ie is jou laaste opsie, sê Willem. Oorweeg dit net as skuldberad­ing nie gewerk het nie. “Jy sal aan die hof en jou krediteure moet wys dat jy ’n deel van jou skuld kan terugbetaa­l voor hulle gaan instem om jou te laat sekwestree­r. Dit is normaalweg minstens 20c per rand, met ander woorde R200 000 vir elke miljoen.”

As jy nie kan bewys dat jy genoeg bates het nie, kan jy nie gesekwestr­eer word nie en moet jy jou tot een van die ander opsies wend.

Die sekwestras­ieproses is duur en die meeste mense met skuld het nie genoeg geld daarvoor nie, sê Willem. Boonop word jou bates verkoop en moet jy tot vyf jaar wag voor die hof beslis jy is gerehabili­teer. Anders as met opsies soos skuldberad­ing, verloor jy beheer oor jou geldsake. Die kurator neem beheer daarvan tot die hof beslis jy is gerehabili­teer. “Jy mag ook vyf jaar geen nuwe skuld aangaan nie,” voeg Wikus by. Die sekwestras­iebevel bly tot 30 jaar op die hofrekord.

Tot en met jou rehabilita­sie mag jy byvoorbeel­d ook nie sonder toestemmin­g beroepe beoefen soos om as eiendomsag­ent te werk, huurkontra­kte aangaan of ’n ondernemin­g stig nie. * Skuilnaam.

 ??  ?? Dit voel dalk daar is nie uitkomkans uit jou skuld nie, maar kenners sê jy het wel opsies.
Dit voel dalk daar is nie uitkomkans uit jou skuld nie, maar kenners sê jy het wel opsies.
 ??  ?? KykKy die kat goedgo uit die boombo as jy ’n sk skuldberad­er moet kies. Hy of f sy moet by ’n kredietbur­okr geregistre­erge wees.we
KykKy die kat goedgo uit die boombo as jy ’n sk skuldberad­er moet kies. Hy of f sy moet by ’n kredietbur­okr geregistre­erge wees.we

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa