Huisgenoot

’n Driepuntpl­an vir ’n nuwe lewe

Die oom, die broerskind en die wekroep

-

TOE Rian van Heerden se driejarige broerskind hom met die vinger op die maag druk en vra: “Wat is dié?” het hy besef hy moet aandag gee aan sy gewig. “My broer en skoonsus is fiks en altyd aan die oefen. Die kind het nie geweet wat ’n bierpens is nie. Maar sy eerlikheid was my wake-up call,” sê hy.

Hy het op USN-produkte besluit om hom te help. “Dit is een van die mees betroubare maatskappy­e wat transforma­sie betref. Bekendes soos die radio- en TV-persoonlik­heid Martin Bester het USN gebruik, dus ken ek dit goed.”

Rian vertel hy het verbasend vinnig resultate begin sien met sy driepuntpl­an: reg eet, oefen en die gebruik van USN. Hy het drie USN-produkte gebruik: PhedraCut Lipo XT, ’n gevorderde ge- wigsverlie­s-aktiveerde­r vir volhoubare vetverlies en energie; Diet Whey Isolean, ’n lae-koolhidraa­t-hoë-proteïen-formule as ’n heerlike en voedsame ligte ete om jou slank te hou; en CLA Pure 1000, ’n stimulantv­rye kapsule om vet in energie te omskep en jou liggaam ferm te maak.

“Met daardie drie produkte, reg eet en hard oefen, het ek binne drie weke 7 kg verloor. Dit het my gemotiveer om aan te hou, maar dit was nie maklik nie. Jy moet al die elemente kombineer: reg eet, hard oefen en die USN-produkte gebruik. Dan sal jy resultate sien.”

Aan die begin het hy gewonder of hy sonder suiker oor die weg sou kom, maar vandag drink hy nie eens meer suiker in sy koffie nie.

“Een keer per week bederf ek myself, maar die res van die tyd sny ek suiker heeltemal uit en ek eet ‘goeie’ stysel soos botterskor­sie, bruinrys en patats. En ek drink baie water, want dis baie belangrik. Daar is niks moeiliks aan die produkte nie. Dis maklik en gerieflik om te gebruik. Die bestanddel­e is klinies nagevors, dus weet jy die doeltreffe­ndheid daarvan is deur duisende Suid-Afrikaners bewys.

“Die moeilikste vir my was om in ’n roetine te kom, veral met die oefen. Ek gim nou drie keer per week en werk met ’n plan.”

Sy gunsteling-USN-produk is die Diet Whey Isolean, sê Rian. “Jy kry allerhande lekker geure en ek sien altyd uit daarna.”

Sy transforma­sie was vir hom die hoogtepunt van die program. “Ek moes ’n ekstra gat in my belt laat pons en al die kompliment­e was wonderlik!” Hy vertel ook die prikkelbar­edermsindr­oom waarmee hy voor die program gesukkel het, het verdwyn – saam met sy hoë bloeddruk.

Sy raad aan almal wat USN-produkte oorweeg, is eenvoudig: “Jy kan dit nie afskeep nie; jy moet hou by jou besluit. Moenie tou opgooi nie.”

 ??  ?? NA
NA
 ??  ?? REGS: Rian van Heerden voor en ná sy transforma­sie. EERS
REGS: Rian van Heerden voor en ná sy transforma­sie. EERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa