Huisgenoot

GEBLIKTE SARDYN

Sit dié eenvoudige en gesonde blikkiesko­s op nuwe maniere voor

- Deur CARMEN NIEHAUS

MENSE het begin neus optrek vir blikkiesvi­s, maar met visbronne wat ál meer uitgeput raak, is sardyn terug op ons tafels. Dit word nou omgetower in allerhande heerlike geregte, en daarby kry jy sommer ’n goeie skoot kalsium en omega-3-vetsuur in.

MEXIKAANSE TORTILLA-TERT

So eenvoudig om te maak, maar heerlik.

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Bak: 60 min.

1 meeltortil­la 1 x 400 g-blik sardyne in brandrissi­etamatieso­us 1 elk gekapte groen

soetrissie en ui 45-60 ml (3-4 e) fyn gekapte koljanderb­lare 250 ml (1 k) suurroom 4 eiers, geklits sout en peper na smaak 100 g (250 ml) ge

rasperde cheddar GUACAMOLE 1 avokado, fyngedruk 2 stingeluie, gekap ’n hand vol koljander

blare 2 kersietama­ties,

fyn gesny sout en peper VIR VOORSIT natuurlike jogurt of

ekstra suurroom Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 19-22 cm-pan met kossproei.

1 Plaas die tortilla in die pan.

2 Meng die sardyne en sous met die groen soetrissie, ui en koljanderb­lare en skep op die tortilla.

3 Klits die suurroom k – koppie(s) e – eetlepel(s) en eiers saam, geur met sout en peper en giet bo-oor.

4 Sprinkel die kaas oor en bak sowat 60 min. of tot die tert stewig is. 5 Guacamole Meng die bestanddel­e en sit voor saam met die tert.

6 Vir voorsit Rond af met jogurt of suurroom.

GRIEKSE BONESLAAI MET SARDIENTJI­ES

Sit voor as ligte ete of as deel van ’n uitpakbord­ete.

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min.

1 x 400 g-blik cannel

lini-bone 1 x 400 g-blik botter

bone 1 x 400 g-blik keker

ertjies 3 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2 suurlemoen­e se sap ½ bossie pietersiel­ie,

fyn gekap ¼ bossie ment,

fyn gekap sout en swartpeper 1 blikkie sardientji­es in

olie, gedreineer 30-60 ml (2-4 e) olyf

olie VIR VOORSIT natuurlike romerige

jogurt roketblare vir

afronding pitabrode

t – teelepel(s)

1 Dreineer die bone en keker-ertjies en meng goed.

2 Meng die knoffel, suurlemoen­sap, kruie, sout en peper by.

3 Skep in ’n bak of bakkies, dreineer die sardientji­es en stapel bo-op. 4 Drup olyfolie oor.

5 Vir voorsit Rond af met ’n skeppie jogurt en roket. Geniet dit saam met pitabrode indien verkies.

WESKUSPATE­E MET BROS PITAS

Dis mos heerlike peuselkos vooraf.

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min.

PATEE 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 blikkie (120 g) sardientji­es in olie verpak 230 g roomkaas met

grasuie 30 ml (2 e) brandewyn 30 ml (2 e) gekapte

pietersiel­ie 80 ml ( k) cheddar,

fyn gerasper 1 suurlemoen se sap en

skil 5 ml (1 t) paprika ’n bietjie paprika vir

bo-oor sprinkel VIR VOORSIT pitabrode olyfolie 1 Patee Plaas al die bestanddel­e vir die patee in ’n voedselver­werker en verwerk tot glad.

2 Skep in ’n bakkie en sprinkel ’n bietjie paprika bo-oor.

3 Vir voorsit Rooster die pitabrode in die oond tot uitgepof; sny oop.

4 Pak op ’n bakplaat, drup olie oor en rooster tot bros. Sit voor saam met die patee. (Blaai om)

 ?? Foto’s: JACQUES STANDER ?? MEXIKAANSE TORTILLA-TERT
Foto’s: JACQUES STANDER MEXIKAANSE TORTILLA-TERT
 ??  ?? WESKUSPATE­E MET BROS PITAS
WESKUSPATE­E MET BROS PITAS
 ??  ?? GRIEKSE BONESLAAI MET SARDIENTJI­ES
GRIEKSE BONESLAAI MET SARDIENTJI­ES
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa