Huisgenoot

IT-man Marlo ondersoek nog moorde

Kyk wie is terug op die kassie. Marlo sit t weer hand by om moordsake ake op te los in die tweede seisoen van Die Boland Moorde

- Deur LARA ATSON ON

JAPIE IS TERUGG

Marlo kuier weer Dinsdae om 20:00 in ons sitkamers as die ITspesiali­s Japie Loots ots in die nuwe seisoen van kykNET se speurreeks Die Boland Moorde. de. “Hy is ouer en wyser en hou steeds tred met die jongste tegnologie e in die kuberruim om misdadiger­s vas te trek,” vertel Marlo (27). Hy speel teenoor Stian Bam en Brendon Daniels, wat die rolle olle van polisieman­ne vertolk. Marlo sê hy het, nes Japie, ’n suikertand en ’n voorliefde­oorliefde vir oliebolle.

Daar is talle nuwewe gesigte in die reeks, vertel hy. “Dit lyk asof Rachelle (Tinarie van Wyk-Loots), die nuwe patoloog, ’n bietjie sonskyn in A Andréd é (Sti (Stian) ) se l lewe kom blaas. Elise (Nicole Holm) is die nuwe ontvangsda­me. Haar ma probeer Kupido speel. Het sy dalk haar oog op ’n IT-spesialis? Ons sal maar moet wag en kyk.”

KAROO-SEUN

Sy ma, Maureen (54), is ’n boorling van Grootfonte­in, Namibië, waar hy gebore is. Sy pa,

Christophe­r (63), is in Montagu gebore, maar was in Namibië as soldaat. Die jaar ná Marlo se geboorte is sy pa na Oudtshoorn verplaas. “Ek het ’n ouer broer, Hilton (34, middel), wat in die gastebedry­f is. My jonger broer, Geraldo (26, regs), is nes my pa in die weermag.” Die Karoo lê hom na aan die hart. “Daar is niks so mooi soos die Karoo nie – met sy stowwerige hitte in die somer en ysige winters,” vertel Marlo, wat die afgelope sewe jaar ’n Kapenaar is.

PAD NA DIE VERHOOG

Hy was op skool die stil, voorbeeldi­ge mannetjie wat skaam was vir die meisies, vertel dié oudleerder van die Hoërskool Bridgton op Oudtshoorn. “Ek het ’n bietjie sport gedoen: gimnastiek, rugby, karate, en het maar so hul aandag probeer trek,” vertel hy.

Die toneelspee­lgogga het in 2004 gebyt toe die skool in Marlo se gr. 10-jaar besluit om David Kramer en Taliep Petersen se musiekblys­pel District Six – The Musical op te voer.

“My plan was om net ’n tolbos of boom op die agtergrond te wees. Ek kry toe ’n rol as eenee van die hoofkarakt­ers. ’n Bonus was toe ek die mooiste meisie in die skool losslaan.”

Hy het ná skool drama aan die Universite­it Stellenbos­chSt gaan swot, met onder meer die bekroondeb­e aktrise Antoinette Kellermann en regisseurr­e Marthinus Basson as dosente.

In 2011 het hy sy profession­ele debuut in Marthinus se weergawe van Marlene van Niekerk se musiekblys­pel Die Kortstondi­ge RakleweRa van Anastasia W. gemaak.

Die bekroonde verhoogakt­eur het al sy lyf TV-aanbiederT­V gehou in die leefstylpr­ogram NAweekNA en was onlangs in 7de Laan as die tronkbewaa­rdertr Tony te sien.

HOOGTEPUNT­E

’n Loopbaanho­ogtepunt was sy bekroonde ee eenmanvert­oning, Santa Gamka, wat in 2015 op die planke was. Hy was werkloos ná die ve verhoogstu­k Balbesit. Toe lees hy in 2013 ’n re resensie van Eben Venter se boek Santa Gamka ka, oor ’n Karooseun. Marlo het die boek met sy laaste R300 gaan koop, dit verslind en die skrywer op Facebook gekontak met die idee om dit in ’n verhoogpro­duksie te omskep. Die stuk, met Jaco Bouwer as regisseur, is sedertdien vir 12 pryse benoem. Marlo is met ’n kykNET Fiësta bekroon vir beste solo-vertoning. In April maak hy ook op kykNET & Kie ’n draai in die dramareeks Sara Se Geheim.

MARLO SÊ

As daar een moord is wat hy bitter graag sou wou oplos, is dit die OJ Simpson-saak. “Die man word vrygespree­k van moord op sy eksvrou, Nicole Brown, en haar vriend Ronald Goldman, maar kry 33 jaar tronkstraf vir ontvoering, inbraak en roof!” Hy is dol oor karaoke sing. Hy het kwaai verhoogvre­es. Hy dra bril. “Verskoon my dus as ek jou nie met ons tweede ontmoeting herken nie.”

Akteurs soos Brendon Daniels, sy medeakteur in Die Boland Moorde, inspireer hom geweldig. “Hy het al so baie in sy loopbaan bereik, maar bly steeds nederig. Hy is ook altyd net ’n foonoproep weg om raad te vra of net ’n bietjie af te pak.”

 ??  ?? BO: Die akteur Marlo Minnaar. LINKS: By sy medesterre in Die Boland Moorde. Van links is Stian Bam, Nicole Holm, Marlo, Brendon Daniels en Mbulelo Grootboom.
BO: Die akteur Marlo Minnaar. LINKS: By sy medesterre in Die Boland Moorde. Van links is Stian Bam, Nicole Holm, Marlo, Brendon Daniels en Mbulelo Grootboom.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa