Huisgenoot

Hannon sê hoe jy foto-flaters vermy

Die gewilde voorkomsko­nsultant se raad om op jou beste te lyk

-

DIE hele wêreld is skielik fotogek, want almal dra deesdae ’n selfoon by hulle. Voor jy kan keer, word ’n foto van jou die wêreld ingestuur en verskyn dit in die sosiale media. Baie vroue vra my hoe ’n mens kan seker maak jy lyk altyd op jou beste op ’n foto. Hier is raad.

DIE AGTERGROND

Jou agtergrond en waar die lig vandaan kom, is een van die belangriks­te aspekte wat ’n mens in ag moet neem.

Staan altyd voor ’n ligte muur, want dan sal jy meer uitstaan. Die kamera sal ook beter op jou gesig kan fokus sodat dit nie te geel of te pienk lyk nie. Moet nooit direk onder ’n lig staan wat skadu’s gaan skep nie.

Sorg ook altyd dat daar van voor af lig op jou gesig skyn wat die plooie en holtes sagter kan laat vertoon. Lig van voor sal ook ’n sprankel in jou oë sit en donker kringe minder opvallend laat lyk.

DIE KAMERA

Gee die fotograaf gerus so ’n bietjie leiding. ’n Foto wat meer van bo af geneem word – met ander woorde van hoër as jou kop – is baie meer vleiend as een wat van onder of selfs reg van voor gekiek word. Dis veral van toepassing op vroue bo 40, wat waarskynli­k nie die aandag op die vel onder hul ken wil hê nie omdat dié sagter begin word. Partykeer moet die fotograaf dalk op ’n stoel staan, of as sy korter as jy is, kan jy eerder sit sodat sy steeds van bo af neem.

POSEER MOOI

Hoe ’n mens poseer, kan jou slank en lenig of groot en lomp laat lyk. As jy reguit na die kamera gedraai is, lyk jy selde op jou beste.

Die tipiese rooitapyth­ouding is altyd ’n wenner. Sit jou hand op jou heup en draai jou lyf na die kant. Draai nou jou gesig vorentoe.

As jy dikwels stokkerig en ongemaklik op foto’s lyk, kry letterlik vir jou ’n steunpilaa­r waaraan jy kan vashou. Dit kan ’n trapreling wees of selfs ’n blombak – enigiets wat jou so ’n bietjie meer balans gee.

JOU GESIGSUITD­RUKKING

Natuurlik is jou gesig die belangriks­te. ’n Dubbelken op ’n foto kan selfs by die maerstes onder ons spook.

Stoot jou nek effens vorentoe en laat sak jou ken dan ietwat. Almal is dit eens: Dit voel vreemd, maar dis altyd baie vleiend op foto’s.

Vir die mooiste glimlag wat nie onnatuurli­k lyk nie, moet jy glo die punt van jou tong teen jou verhemelte druk wanneer jy glimlag.

Moet asseblief nie “cheese” sê en dink jy gaan stralend gelukkig lyk nie; dink eerder aan iets snaaks.

Dit is eintlik die heel beste as jy ’n grappie met die fotograaf kan maak, want ’n regte glimlag lyk altyd beter as selfs die pragtigste geposeerde een.

JOU OË

So baie mense se oë is altyd toe op foto’s. ’n Maklike wenk om jou oë mooi groot oop te kry, is om hulle toe te maak terwyl die fotograaf gereedmaak en hulle dan stadig oop te maak net voor die foto geneem word.

 ??  ?? Beste voetjie voor. Die aktrise Amy Adams wys hoe ’n mens profession­eel poseer.
Beste voetjie voor. Die aktrise Amy Adams wys hoe ’n mens profession­eel poseer.
 ??  ?? Nee, Britney, daai dubbelken!
Nee, Britney, daai dubbelken!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa