Huisgenoot

G’n keer aan gedrewe chirurg (89)

Sy noem haar ’n renperd en werk nog omdat sy hou van wen – op amper 90 sny die chirurg Alla soos ’n skalpel deur die jare

- Saamgestel deur LARA ATSON

DIE chirurg is so klein dat sy op ’n voetstoel moet staan om by haar pasiënte op die operasieta­fel uit te kom, maar iets anders laat hul oë nog groter rek: Die vroutjie met die skalpel in die hand is byna 90 jaar oud. Dr. Alla Iljinitsjn­a Lewoesjkin­a, wat net 1,5 m in haar sokkies staan, is ná ’n loopbaan van 68 jaar steeds in haar element in ’n hospitaalt­eater, veral wanneer sy haar hande begin skrop terwyl susters rondskarre­l en trollies met instrument­e nader skuif.

Al vier Alla op 5 Mei vanjaar haar 90ste verjaardag, is daar vir dié chirurg van die Russiese stad Rjazan, sowat 200 km suidoos van Moskou, nog geen sprake van briek aandraai en salig aftree nie. Allermins. Sy voer immers op die rype ouderdom van 89 nog elke week minstens vier operasies in ’n stadshospi­taal uit.

Alla is glo nie net die oudste werkende chirurg in Rusland nie; vermoedeli­k ook ter wêreld. G’n wonder sy het onlangs ’n prys losgeslaan vir die beste dokter in Rusland nie!

Terwyl haar landgenote al in hul 50’s begin dink aan aftree, is dié alleenlope­r nloper nog volstoom aan die werk.

Tuis by haar woonstel versorg sy haar gestremde neef en haar agt katte. En bedags doen sy haar deel vir haar medemens.

Maar hoekom wil sy nog werk terwyl die meeste bejaardes van haar ouderdom al afgetree het? “Ek werk omdat dit vir my interessan­t is en omdat ek hou van wen. Ek help graag mense om hul kanker in remissie te kry,” het sy aann die Russiese koerant Kommersant t vertel. “Daar is mense wat ek jare e gelede help red het toe niemand d

anders ’n operasie op hulle wou uitvoer nie. Hulle leef vandag nog en hul kinders is al grootmense,” vertel sy trots.

Haar hande is g’n bewerig op haar ouderdom nie. Sy is nog gesond verby en haar verstand vlymskerp. In die meer as 10 000 operasies wat sy al uitgevoer het, het immers nog geen enkele pasiënt op haar teatertafe­l gesterf nie. Dit wil gedoen wees!

ALLA is nie al dokter wat tot op haar oudag werk nie.

Wyle dr. Leila Denmark, ’n Amerikaans­e pediater, het in 2001 op die ouderdom van 103 afgetree. En die Russiese chirurg dr. Fjodor Oeglof het op 102 sy skalpel neergelê.

Alla het natuurlik nog ’n lang pad om te stap voor sy dié ouderdom bereik.

Sy wou eers ’n geoloog word, het sy al in ’n onderhoud vertel. Maar nadat sy boeke verslind het oor dokters en die werk wat hulle doen, is sy geïnspiree­r om ’n chirurg te word.

Sy het ná skool aan Moskou se Mediese Instituut begin studeer. Dit was moeilik om daar aanvaar te word, maar Alla, wat arm grootgewor­d het, was vasbeslote om haar kinderdroo­m te verwesenli­k.

Sy het in proktologi­e gespesiali­seer, die studierigt­ing oor siektes van die rektum en ingewande. Destyds, vertel Alla, was daar net ’n handjie vol proktoloë in haar geboortela­nd, juis omdat dit nie een van die mees aantreklik­e velde is nie. Tog het dit haar nie afgeskrik nie. Nog minder kon knypende geldsake haar keer.

“Mediese studente kon een keer per maand ’n bottel drank kry. Ons het dan mark toe gehardloop en dit gaan ruil vir iets anders; vir ’n halwe liter kon jy ’n brood kry,” het sy aan Kommersant vertel. “Ons het net in die koshuise oorleef omdat ons alles tussen ons verdeel het,” onthou sy.

“My ouers, wat self skaars genoeg gehad het om te eet, het ’n paar aartappels van ons dorpie in die deelgebied Rjazan gestuur. Ander studente het hul salo (gerookte varkvet) en graan gedeel. So het ons oor die weg gekom,” vertel Alla.

Sy het ná haar studie 30 jaar in die mediese lugdiens gewerk en pasiënte in afgeleë gebiede van Rusland gehelp.

Alla werk deesdae in haar wit doktersjas in ’n hospitaal in haar grootwords­tad, Rjazan, om terug te ploeg in dié gemeenskap.

“Om ’n dokter te wees is nie ’n beroep nie; dis ’n leefstyl,” het sy in ’n onderhoud met die radiostasi­e Lite FM gesê. “As ek ophou werk, wie gaan die operasies doen?” vra sy ewe.

Sy het ook al geleer om pasiënte gerus te stel wat bekommerd is oor haar ouderdom. “Ek het eers gevoel ek kan nie ’n chirurg vertrou wat so oud is nie,” het ene Irina aan Lite FM gesê, “maar nadat sy my tydens die ondersoek met haar ferm vingers geklop het, het al my onsekerhei­d verdwyn.”

Alla noem haarself nie verniet ’n “renperd” nie: Sy is nog propvol energie en skrik nie vir werk nie.

Wat is dan haar geheim? “Ek het op geen geheim vir ’n lang lewe afgekom nie. Ek eet net alles, lag baie en huil baie.” Klink na ’n blink gedagte! BRONNE: METRO.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK, AOL. COM, KOMMERSANT.RU, LITEFM.COM.MY, ELITEREADE­RS.COM, FOXNEWS.COM, FACEBOOK

 ??  ?? LINKS: Dr. Alla Iljinitsjn­a Lewoesjkin­a is op 89 glo die oudste werkende chirurg in Rusland. ONDER en MIDDEL ONDER: Alla voer nog elke week vier of meer operasies uit. HEEL ONDER: Saam met meisies van ’n Ortodokse skool by die St. Alexander Newski-kerk...
LINKS: Dr. Alla Iljinitsjn­a Lewoesjkin­a is op 89 glo die oudste werkende chirurg in Rusland. ONDER en MIDDEL ONDER: Alla voer nog elke week vier of meer operasies uit. HEEL ONDER: Saam met meisies van ’n Ortodokse skool by die St. Alexander Newski-kerk...
 ??  ?? BO: Alla is ’n bekende gesig in die hospitaalg­ange van die stadshospi­taal in Rjazan waar sy werk. LINKS: Sy spoel haar hande in een van die operasiesa­le af. ONDER: Saam met van haar kollegas. Alla is al 68 jaar in die mediese bedryf.
BO: Alla is ’n bekende gesig in die hospitaalg­ange van die stadshospi­taal in Rjazan waar sy werk. LINKS: Sy spoel haar hande in een van die operasiesa­le af. ONDER: Saam met van haar kollegas. Alla is al 68 jaar in die mediese bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa