Huisgenoot

Eerlikheid fliekpaart­jie se geheim

Ná die sukses van ons fliek oor hulle vertel Irmaa met humor wat ná die kanseldram­a gebeur het en oor haar en Sampie se lewe vandag

- Deur LARA ATSON

IN HAAR trourok in die bad, agter ’n geslote deur. Dis waar die bruid toe haar huweliksna­g deurbring. Dit sou ook ’n treffende fliektonee­l kon uitmaak, nes die res van Irma en Sampie se hobbelrige liefdespad, wat die inspirasie was vir Vir die Voëls, Huisgenoot se eeufeesfli­ek. In die slottonele staan die paartjie eindelik voor die kansel, waar die bruid vir haar bruidegom ’n klomp voorwaarde­s afrits.

Die opstandige rooikop Irma Humpel en die sjarmante Sampie de Klerk se veelbewoë liefdesver­haal het landwyd hartsnare geroer nadat die romantiese drama op 25 November verlede jaar in rolprentte­aters begin draai het. Vir die Voëls was onmiddelli­k ’n wegholtref­fer en is onder die top-vyf-loketverdi­eners tot nog toe in die Afrikaanse fliekwêrel­d.

Ook resensente was gaande daaroor en in die sosiale media het dit gegons oor hoe dié rolprent, met die opkomende sterre Simoné Nortmann en Francois Jacobs in die hoofrolle, hulle laat skater en trane wegpink het.

Party was so in vervoering dat hulle dit meer as een keer gaan kyk het.

Nou kan jy dié emosiebela­aide avontuur herleef, want Vir die Voëls is eindelik op DVD te kry. Huisgenoot het by Irma (54) gaan hoor hoe die fliek hul lewe verander het, wat in die regte lewe ná die kanseldram­a gebeur het en hoe dit vandag, meer as drie dekades later, met haar en Sampie (56) gaan.

DANKSY die rolprent geniet die De Klerks deesdae sterstatus. Ou skoolvrien­de soek hulle op Facebook op, en in Newcastle word hulle oral trompop geloop vir ’n geselsie. Irma, wie se wenverhaal in Huisgenoot se liefdesver­haalkompet­isie in ’n draaiboek omskep is, hou deesdae selfs haar lyf rubriekskr­ywer vir Netwerk24. Trouens, danksy Vir die Voëls is sy stadig maar seker besig om nog ’n droom te verwesenli­k: om ’n roman te skryf.

Maar hoe het hul storie verloop sedert daardie toneel voor die kansel?

Hul huweliksna­g was “een vir die boeke”, begin Irma. “Die wittebrood­suite by die hotel, waarvoor ons baie duur betaal het, is per ongeluk vir die verkeerde paartjie gegee. Ons moes toe in ’n kamer met ’n enkelbed oornag. Dit was vir my net een te veel.”

Dis hoe dit gebeur het dat sy in die bad geslaap het. “Maar die volgende oggend het ons saam op die balkon gestaan en ons eerste sonsopkoms as egpaar geniet. Toe vertrek ons op ons wittebrood.”

Op hul eerste dag as getroudes het hulle so “gaar gebrand” op die strand in ’n bewolkte Oos-Londen dat hulle ’n paar dae lank nie hul kop by die deur kon uitsteek nie. “Selfs die fynste klere het gekrap,” vertel Irma.

Baie doemprofet­e het gedink hul huwelik sal nie hou nie. “Daar is gefluister iemand soos ek is nie die ideale trouvrou nie,” sê Irma, ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was. “Ek was eenvoudig te kwaai en Sampie net te ordentlik. Doerie tyd was ’n man en vrou se rol baie spesifiek. Ag, wat het hulle geweet? Kyk net vir

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Sampie en Irma de Klerk (hheell lilinksk en hheell regs)) bby FFrancoisi Jacobs en Simoné Nortmann, wat hulle in ons eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, speel. BO: Die egpaar op hul troudag in 1983.
HOOFFOTO: Sampie en Irma de Klerk (hheell lilinksk en hheell regs)) bby FFrancoisi Jacobs en Simoné Nortmann, wat hulle in ons eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, speel. BO: Die egpaar op hul troudag in 1983.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa