Huisgenoot

Hoe veilig is cholestero­lmedikasie?

’n Hewige debat woed oor die veiligheid van die soort cholestero­lmedikasie wat wêreldwyd byna die meeste voorgeskry­f word

- Deur MIEKE VLOK

MILJOENE Suid-Afrikaners drink dit elke dag, vas oortuig dit hou hul cholestero­l laag en hul hart gesond. Dis een van die medisynes wat dokters wêreldwyd die meeste voorskryf en die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie klassifise­er dit as “noodsaakli­ke medisyne” .

Maar statiene is deesdae omstrede nadat twee invloedryk­e mediese tydskrifte teenstrydi­ge artikels gepublisee­r het oor die veiligheid van dié middel wat cholestero­lvlakke verlaag.

“Die meningsver­skil gaan oor of statiene ernstige newe-effekte het en of dit genoeg rede is om dit nie te gebruik nie,” verduideli­k prof. Frederick Raal, direkteur van Wits se navorsings­eenheid oor koolhidraa­t-en-lipiedmeta­bolisme.

Die gerespekte­erdee British Medical Journala al (BMJ) berig baie gebrui-ru uikers van statiene ervaarrv vaar ernstige teenreaksi­es,ies,es soos spierpyn, konsentras­ieprobleme en seksuele wanfunksie. The Lancet, een van die oudste en bekendste mediese vaktyd skrifte, het daarna 30 bladsye gewy aan ’n samevattin­g waarin beweer word statiene is veilig; die newe-effekte daarvan word oorbeklemt­oon.

Die BMJ het teruggekap met ’n berig oor waarom mense die nadelige uitwerking van statiene ernstig moet opneem. En ’n groep Britse, Amerikaans­e, Franse en Ierse dokters het onder leiding van die Londense kardioloog dr. Aseem Malhotra die debat verder gevoer in die mediese joernaal Prescriber. Miljoene mense word mislei oor statiene, meen hulle. En die “groot cholestero­lkullery” het daartoe gelei dat miljoene mense te veel medisyne gebruik, sê hulle voorts.

In Suid-Afrika is kenners wat gekant is teen die gebruik van statiene om cholestero­l te verlaag, dun gesaai. Prof. Tim Noakes, die omstrede sportweten­skaplike, is een van hulle. Hy meen statiene is die “mees ondoeltref­fende medisyne wat al uitgevind is”.

“Die voordele is gering, selfs vir mense met gevorderde hartsiekte­s. Ál meer dokters besef daar is veel doeltreffe­nder maniere om hartsiekte­s te behandel en te voorkom as om bloot ’n middel voor te skryf waarvan die voordele so gering is,” voer Tim aan.

Maar prof. Dirk Blom, hoof van lipidologi­e aan Ikeys se mediese fakulteit, verskil van hom. “Die algemene konsensus in mediese kringe is dat statiene veilig is en dat die voordele veel swaarder weeg as die nadele,” sê hy.

HOE WERK DIT?

Die medisyne werk deur die aktiwiteit­e te verminder van die ensieme wat die lewer gebruik om cholestero­l te vervaardig. Die algehele cholestero­lvlak word gevolglik verlaag omdat cholestero­l uit die bloed verwyder word. Statiene is sedert die middel 1980’s beskikbaar en dokters sk skryfs dit gereeld voor vir mense me metet hoë cholestero­l, hartsiekte­s en ’n hoë risiko vir ’n beroerte of h hartaanval.a

WWG WATTER W G GEVOLGE NADELIGEHO­U DIT IN?

D Die algemeenst­e een is matigge ge tot kwaai spierpyn en mmo moegheid. Ernstiger komplikass­ie kasies is spierskade en probleme met dieddi werking van die lewer, maar dit is seldsaam. Van die ander newe-effekte wat al aangemeld is, is geheueverl­ies, konsentras­ieprobleme, spierswakh­eid, depressie, slaapsteur­ing, hoofpyn, maag-en- dermproble­me, gewrigspyn en naarheid.

MOET ’N MENS BEKOMMERD WEES OOR DIE NADELE?

Dis ’n geval van soveel hoofde soveel sinne. Pasiënte toon dikwels simptome, maar dit is moeilik om te bepaal of dit deur statiene veroorsaak word, sê Dirk. “Baie mense kry krampe en pyne. Is dit simptome wat deur statiene veroorsaak word of is dit deel van die alledaagse

lewe waarvoor statiene nie die skuld kan kry nie?

“Die mense wat ernstige newe-effekte ervaar wat hulle aan statiene toeskryf, het werklike simptome,” gee Dirk toe. Vir hulle kan dit baie frustreren­d en ’n rede tot kommer wees, maar statiene is nie altyd die sondaar nie. “’n Mens sal nooit ’n medisyne sonder newe-effekte kry nie,” voeg hy by. “Statiene is geen kuur vir elke enkele mens met ’n hartsiekte nie en natuurlik is daar nadele, maar dit is gering vergeleke met die voordele.”

In sy loopbaan as spesialis het hy nog nooit ’n geval van ernstige en onomkeerba­re nadelige gevolge weens statiene teëgekom nie,” sê Dirk verder. “Sodra ’n mens die behandelin­g staak, hou die simptome op; dit veroorsaak geen blywende of langdurige skade nie.”

Kritici van statiene wat in die BMJ aangehaal word, sê mense wat newe-effekte ervaar, word dikwels geïgnoreer omdat hul klagtes nie as ernstig of lewensgeva­arlik beskou word nie.

Intussen is kenners nog onseker oor die verband tussen hoë cholestero­l en hartsiekte­s. Daar is geen verband tussen hoë LDL-cholestero­lvlakke (die sogenaamde “slegte” cholestero­l ) en hartverwan­te sterftes by mense bo 60 nie, is bevind in ’n ondersoek waarvan die bevindings verlede jaar in die BMJ gepublisee­r is.

’n Internasio­nale navorsings­pan van die Universite­it van Suid-Florida, die Japannese Instituut vir Farmakolog­iese Waaksaamhe­id en talle instelling­s in Japan, Swede, Brittanje, Ierland, Amerika en Italië het die ondersoek onderneem.

Nou wonder gebruikers of dit die moeite werd is om statiene te neem en allerlei lastige slegte simptome te trotseer, terwyl laer cholestero­l jou nie noodwendig teen hartsiekte­s gaan beskerm nie. “Die arme publiek het nie die vaagste benul wie om te glo nie,” het Tam Fry van die nasionale forum oor vetsug in Brittanje gesê ná die jongste meningsver­skil onder akademici. “’n Gesaghebbe­nde moet verklaar wat die waarheid oor statiene is; tot dan sal daar mense wees wat hulself in gevaar stel.”

IS DIT ’N SAMESWERIN­G?

Nog ’n aspek waaroor kenners swaarde kruis, is dat The Lancet weier om inligting bekend te maak oor die kliniese proefnemin­gs op grond waarvan hulle aanvoer statiene is veilig.

Baie daarvan word gefinansie­r deur groot farmaseuti­ese maatskappy­e wat munt daaruit kan slaan dat dié produkte algemeen voorgeskry­f word.

“Slegte goed gebeur wel in die farmaseuti­ese bedryf,” gee Dirk toe, “maar middels met statiene word streng nagevors en gereguleer. Al die nodige beheerligg­ame keur dit goed.”

WATTER RAAD IS DAAR NOG TEEN HOË CHOLESTERO­L?

Ander middels is beskikbaar, sê Frederick, maar dit is nog nie so wyd getoets en word nie so gereguleer soos statiene nie. Van die ander moontlikhe­de is cholestero­labsorpsie-inhibeerde­rs, nikotiensu­ur, fibrate en galsuursek­westrante. “As pasiënte nie statiene wil gebruik nadat hulle oor al die risiko’s en voordele ingelig is nie, staan dit hulle vry,” sê Dirk.

By die behandelin­g vir hoë cholestero­l moet die klem op dieet en leefstyl val, sê Aseem. Tim meen een van die oorsake van slagaarsie­ktes is ’n koolhidraa­tryke dieet by insulienwe­erstandige mense; daarom beveel hy ’n eetplan met min koolhidrat­e en baie vet aan.

Die Hart-en- beroertest­igting van Suid-Afrika, weer, raai mense aan om minder vet in te neem – veral onversa- digde vette – as hulle hul cholestero­lvlakke wil verlaag. Eet minder room, botter, harde margarien, vetterige rooivleis, hoendervel, diepgebraa­ide en verwerkte kosse. Kies gesonder vette, soos in groenteoli­e, sagte margarien, neute, pitte, sade, avokado en vis. Gesonder gaarmaakme­todes soos kook en bak, pleks van braai, is ook ’n goeie idee, sê Megan Lee, ’n dieetkundi­ge by die stigting. EKSTRA BRON: MAYOCLINIC.COM

 ??  ??
 ??  ?? ’n Gesonde slagaar ’n Siek slagaar Statiene word gebruik om laedigthei­dlipoprote­ïen (LDL of “slegte” cholestero­l) in die liggaam te verlaag. Dit word gereeld vir mense met ’n risiko vir hartsiekte­s voorgeskry­f. Maar party mediese kenners bevraagtek­en...
’n Gesonde slagaar ’n Siek slagaar Statiene word gebruik om laedigthei­dlipoprote­ïen (LDL of “slegte” cholestero­l) in die liggaam te verlaag. Dit word gereeld vir mense met ’n risiko vir hartsiekte­s voorgeskry­f. Maar party mediese kenners bevraagtek­en...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa