Huisgenoot

Groot ommekeer wag op Clooneys

Ja,Ja Amal is swanger met ’ ’n seun en dogter wat in Ju Junie verwag word – en grootg aanpassing­s wag opo haar en George

- Saamgestel S deur SANDY COOK

EERS was daar die liefde, toe kom die troue – en nou soek hulle ’n stootwaent­jie vir twee! Jip, die Clooneys maak gereed om in Junie ’n tweeling te verwelkom. Die gefluister het ’n paar weke gelede begin. Was dit ’n boepie onder die Dolce & Gabbanablo­mrok wat Amal na ’n liefdadigh­eidsgeleen­theid gedra het? Die beeldskone menseregte­prokureur (39) het beslis effens ronder om die maag gelyk, het die skinderton­ge geklap. Sy is swanger; hoe dan nou anders?

Nee, het ander laat hoor – sy het seker net ’n broodrolle­tjie saam met haar middagete gehad.

Maar die gerugte het sterker geword toe sy die Los Angeles-lughawe verlaat met George (55) wat voor haar loop en steelfotog­rawe vra om versigtig te wees. Die oorbeskerm­ende instink het toe duidelik al ingeskop. Die Money Monsterakt­eur was in ’ n polohemp en jeans geklee, en sy Libanees gebore vrou het, anders as gewoonlik, ’n warm top en swaar jas aangehad. Was dit beskerming teen die vreemde weer wat Hollywood die afgelope maand ervaar het of was dit omdat sy swanger was?

Toe ’n skindertyd­skrif berig sy verwag ’n tweeling, het niemand dit regtig geglo nie. Maar dit is toe waar . . . Amal het glo vir die Amerikaans­e TV-aanbieder Julia Chen gesê haar en George se tweeling kom in Junie. Amal “het almal in albei families stilweg daaroor ingelig”, sê ’n bron na aan die egpaar. “Hulle is almal baie gelukkig.”

Die aantreklik­e George gaan pa word. Dis ’ n dag wat die Hollywood-hartebreke­r op ’n kol gedink het nooit sou kom nie. In sy dae as enkelloper het hy bedenkinge gehad oor ouerskap. “Om kinders te hê is die verantwoor­delikste ding wat jy kan doen. Dis nie iets om ligtelik op te neem nie,” het hy in 2006 aan die Amerikaans­e tydskrif People gesê nadat hy die tweede keer as die sexyste man op aarde aangewys is. “Ek het nie daardie gene wat mense het om te wil voortplant nie, maar alles in my lewe het mettertyd verander.”

Dié aspek het bepaald ook k verander toe hy op die slanke, , briljante regsgeleer­de verlieff raak. “Al wat ek weet, is dat ditt

‘Die Clooneys is wonderlike mense en gaan wonderlike ouers wees’

alles verander het omtrent hoe ek gedink het my toekoms – my persoonlik­e toekoms – sou wees,” het hy in 2015 oor trou gesê. “Ek was nog altyd optimistie­s oor die wêreld. Ek was nie altyd heeltemal optimistie­s oor hoe dit vir my persoonlik sou uitwerk nie, maar nou is ek.”

Die paartjie is in 2014 in Venesië getroud (’n Venesiese sprokie op húl manier, 9 Oktober 2014). Sedertdien woon en werk hulle tussen Los Angeles, Engeland en Italië. En nou, twee en ’n half jaar later, gaan hul lewe selfs nog meer verander.

DIE Amerikaans­e tydskrif In Touch het die goeie nuus bevestig: “Amal verwag ’ n tweeling: ’n seun en ’n dogter. George en Amal was verbaas toe hulle uitvind dis ’n tweeling, maar ook ’n bietjie bang omdat hulle albei gesê het een is genoeg.”

Watter soort ma sal Amal wees? Sy moes reeds leer hoe om baie dinge gelyktydig te doen: haar loopbaan as ’n prokureur in die internasio­nale reg wat wêreldwyd sake hanteer, ’n huwelik met een van die wêreld se beroemdste mans en al die druk wat met daardie duiselingw­ekkende vlak van bekendheid gepaardgaa­n. Die twee wêrelde het ’n paar jaar gelede gebots toe hordes joernalist­e by die Europese hof vir menseregte in Stras- bourg opdaag en een van haar sake in ’n sirkus omskep (Kwesbaar weens die roem, 26 Februarie 2015).

Die Clooney-kleingoed sal waarskynli­k uit die openbare oog gehou word. Daar sal niks van die fotogeleen­thede wees waaroor die Brangelina-kroos so dol was nie. En moenie verwag om Amal soos die aktrise Demi Moore met ’n kaal bababoepie op tydskrifvo­orblaaie te sien of dat sy soos die sangeres Beyoncé ’n foto op Instagram sal plaas nie. Amal sal waarskynli­k haarself en haar boepie vir haarself hou. Een ding is seker: Sy gaan beslis haar magie op ’n elegante wyse bedek. (Ons kan nie wag om haar swangerska­pmodes te sien nie!)

’n Paar maande voor die babanuus het Amal gepraat oor haar band met haar ma, die joernalis Baria Alamoeddin, en haar een van die invloedryk­ste mense in haar lewe genoem. “In my grootwordj­are was my ma beslis ’n rolmodel. Sy was altyd ’n beroepsvro­u en onafhankli­k, iemand wat omgee vir haar loopbaan en haar onafhankli­kheid, maar sy het ook ’n balans gehandhaaf,” het sy gesê tydens ’n vraag-en-antwoordse­ssie by die Texas Conference for Women, waar sy in November die hoofspreke­r was. “Sy het nooit haar vroulikhei­d prysgegee nie. Sy het geglo die balans is belangrik, en dis iets wat my bybly.”

Balans gaan belangrik wees wanneer sy haar werk, ’n lewe in die kollig en babas moet hanteer. Op 55 wag ’n groot ommekeer op George. En hy kan nie sê hy is nie gewaarsku nie; sy akteurspel Matt Damon (46) sê hy kan hom regmaak vir ’n skok. “Ek het nog nooit ’n tweeling gehad nie. Harde werk wag op hom. Ek het myne een op ’n slag gehad en dit was klaar baie werk,” het die pa van vier op ’n perskonfer­ensie vir sy nuwe fliek, The Great Wall, gesê.

“Die Clooneys is wonderlike mense en gaan wonderlike ouers wees. Dit gaan ’n groot uitdaging wees. Ek bedoel: Wanneer die een baba huil, skrik die ander een ook wakker. Dit gaan bedrywig wees in daardie huishoudin­g, maar George slaap in elk geval nie baie nie. Hy sal oukei wees. Ek is ernstig: Hy het ’n ongeloofli­ke werketiek.”

En met sulke aantreklik­e, intelligen­te ouers kan ons nie wag om te sien hoe die klein Clooneys grootword nie. Hulle het beslis die genepoel-Lotto gewen.

BRONNE: ETONLINE.COM, FAMEFLYNET/SPLASH NEWS, EONLINE.COM, DAVE BENETT/GETTY, PEOPLE (VSA), MIRROR.CO.UK, VOX.COM

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: George en Amal Clooney onlangs op ’n n liefdadigh­eidsgeleen­theid. Haar uitrusting het die wêreld laat wonder of sy dalk swanger is. LINKS: By Joe Biden, die gewese adjunkpres­ident vanv Amerika. Het haar bababoepie begin wys?
HOOFFOTO: George en Amal Clooney onlangs op ’n n liefdadigh­eidsgeleen­theid. Haar uitrusting het die wêreld laat wonder of sy dalk swanger is. LINKS: By Joe Biden, die gewese adjunkpres­ident vanv Amerika. Het haar bababoepie begin wys?
 ??  ?? LINKS: Die egpaar het ingedagte gelyk terwyl hulle onlangs vir ’n laatmiddag-stappie by hul huis in Sonning, Engeland, gegaan het. REGS: Toe Amal ’n week of wat gelede in Barcelona aankom, kon ’n mens haar magie duidelik sien. ONDER: George het die...
LINKS: Die egpaar het ingedagte gelyk terwyl hulle onlangs vir ’n laatmiddag-stappie by hul huis in Sonning, Engeland, gegaan het. REGS: Toe Amal ’n week of wat gelede in Barcelona aankom, kon ’n mens haar magie duidelik sien. ONDER: George het die...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa