Huisgenoot

Obama kap dit uit op Branson-eiland

Kyk net hoe geniet die nuwe boesemvrie­nde Barack Obama en Richard Branson die watersport by die Virginbaas se luukse oord!

- Saamgestel deur SANDY COOK

AS Amerika se president was een plesier Barack Obama nooit beskore nie: om op ’n branderpla­nk te klim en die adrenalien deur sy are te voel pomp terwyl hy die see se grotes aandurf. Om veiligheid­sredes was dié tydverdryf agt jaar lank vir hom verbode. Maar noudat nuwe intrekkers die Withuis bewoon, is die 55-jarige oudpreside­nt so vry soos enige uitgelate tiener om die seelug en watersport te geniet.

Dis presies wat Barack gedoen het – en dit nogal in die geselskap van sir Richard Branson (66), stigter van die Virgin- sakeryk. Dis juis by dié Brit se luukse vakansieoo­rd op die eksklusiew­e Neckereila­nd dat Barack na hartelus in die water van die Karibiese See kon baljaar.

Die foto’s van sy kaperjolle is die eerstes wat van hom opgeduik het sedert hy en sy vrou, Michelle (53), ná pres. Donald Trump (70) se inhuldigin­g met ’n helikopter uit Washington, DC, vertrek het.

Die Obamas het hul broodnodig­e vakansie in Palm Springs, Kalifornië, begin voor hulle na die Britse Maagdeeila­nde gevlieg het om daar saam met Richard en sy vrou, Joan, te ontspan.

Dit lyk asof die manne gou boesemvrie­nde geword het. Op foto’s baklei hulle spelerig op ’n boot. Die lenige Barack het lank laas so gelukkig gelyk en Richard

is sy gewone ontspanne, verslonste self.

Richard het Barack uitgedaag tot ’n tweestryd tussen vlieërplan­k- en skeerplank­ry. Nadat hulle eers ’n bietjie geoefen het, het hulle die water aangedurf en laat waai.

Dit het daarop uitgeloop dat Barack vir Richard geklop het: Die oudpreside­nt het 100 m ver gevorder teenoor die sakemagnaa­t se 50.

Maar moenie dink dit was alles net twee pelle wat pret het nie; sulke reklame is van onskatbare waarde. Richard het dan ook skaars op hom laat wag om foto’s en ’n video te plaas op Virgin se maatskappy­webtuiste van die oudstaatsh­oof se luilekker vakansie by sy oord.

Hy het die foto’s en video ook op Twitter gedeel, waar dit meer as 6 000 keer hertwiet is. Sy Facebook-plasing van die kamma-geveg met Barack is meer as 2 000 keer gedeel en Richard se foto van Barack op Instagram het ’n kwartmiljo­en kykslae gehad.

“Dis ’n bemarkings­geleenthei­d wat geld nie kan koop nie, maar wat miljoene werd is,” sê Martin Borkowski, ’n Londense skakelkons­ultant wat ’n boek oor die kuns van publisitei­tsfoefies geskryf het. Hy sê Barack vergestalt “veranderin­g, modernitei­t, waardighei­d en styl” en “dis alles wonderlik vir Virgin se waardes”.

Maar die vrolike vakansieki­ekies het ook kritiek ontlok. Party het gemeen die pellie-pellie-foto’s is in swak smaak in die lig van die algemene gevoel van ongemak in Amerika sedert die strydlusti­ge Trump die bewind oorgeneem het.

“Barack! Kom terug hierheen; ons het jou nodig!” het iemand op Facebook geskryf. Maar nagenoeg ewe veel mense het gemeen die Obamas verdien hul blaaskans.

Dit lyk asof Barack die sorgelose tydjie terdeë geniet het; laat Trump maar sy kop breek oor landsake terwyl hy die branders voel breek.

BRONNE: GUARDIAN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, VANITYFAIR. COM, BUSINESSIN­SIDER.COM

‘Dis ’n bemarkings­geleenthei­d wat geld nie kan koop nie’

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Enorme las is duidelik van sy skouers af. Oudpres. Barack Obama straal behoorlik tydens sy vakansie as ’n gas van die Virgin-biljoenêr sir Richard Branson (REGS ONDER).
HOOFFOTO: ’n Enorme las is duidelik van sy skouers af. Oudpres. Barack Obama straal behoorlik tydens sy vakansie as ’n gas van die Virgin-biljoenêr sir Richard Branson (REGS ONDER).
 ??  ?? BO: Richard en Barack baklei speel-speel op die dek van ’n boot nadat hulle mekaar die stryd aangesê het in vlieërplan­k- en skeerplank­ry (ONDER). Dit het gelyk of Barack in sy element is terwyl hy baljaar het in die waters rondom die idilliese...
BO: Richard en Barack baklei speel-speel op die dek van ’n boot nadat hulle mekaar die stryd aangesê het in vlieërplan­k- en skeerplank­ry (ONDER). Dit het gelyk of Barack in sy element is terwyl hy baljaar het in die waters rondom die idilliese...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa