Wat boewe aanlyn van jou kan uitvind
Kuberskurkerskurke kan selfs uit die ‘onskuldigste’nskuldigste’ foto in die sosialele media meer oor jou uitvinditvind – sorg dat jy jou nieie kwesbaar maakk nie
NSELFIE hier, ’ n jolige inskrywing daar, foto’s van die vakansie of ’n spoggery met jou nuwe ryding– die sosiale media is mos groot pret. En solank jy nie ander slegsê of haatspraak pleeg nie, kan dit boonop nie skade doen nie, of hoe? Nie altyd nie, sê dié wat weet.
Kuberskelms is so slinks dat hulle selfs uit die “onskuldigste” foto dinge oor jou te wete kan kom; inligting wat jy liefs geheim moes gehou het, want misdadigers kan jou beroof as hulle dit onder oë kry.
“Die oëverblindery en manipulasie wat kubermisdadigers inspan om besonderhede van jou persoonlike lewe uit te vis, staan bekend as sosiale ingenieurswese,” sê prof. Elmarie Kritzinger, ’n dosent aan Unisa se skool vir rekenaarwese.
“’n Mens kan nie inligting op die internet uitvee nie. Sodra jy persoonlike inligting, foto’s, opmerkings of kommunikasie gedeel het, kan jy nie daarvan ontslae raak nie,” sê sy.
Die regering het in Januarie bekendgemaak die Wetsontwerp op Kubermisdaad en -sekuriteit gaan voort en sal na verwagting binnekort ter tafel gelê word.
“Kuberteistering word nie in die SuidAfrikaanse reg as ’n misdaad erken nie,” het John Jeffery, adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, tydens die aankondiging gesê. “Dit behoort strafbaar gemaak te word.”
Ons almal weet darem seker nou al ons moenie vertroulike inligting aanlyn uitbasuin nie, maar ’n mens kan jouself op heelparty minder ooglopende maniere kwesbaar maak. En soms is dit nie eens jou skuld nie, want kuberboewe het skelmstreke waarmee hulle meer oor jou kan uitvis. Die goeie nuus is, jy kan jou wel teen hulle beskerm.
Pasop vir hiermee spog
Die opwinding oor jou nuwe motor is so groot dat jy eenvoudig ’n foto daarvan moet deel. En net so met jou tiener wat haar tydelike rybewys kry en trots met dié stukkie papier poseer of jong werkendes wat opgewonde is oor hul eerste kredietkaart.
’n Voertuig se registrasienommer, persoonlike inligting op dokumente soos ’n tydelike rybewys en jou kredietkaart se rekeningnommer maak jou kwesbaar. Selfoonkameras neem deesdae foto’s van hoë gehalte. Met ’n selfoon se ingeboude vergroting kan iemand maklik inzoem op wat hulle wil hê. Enigiets op die agtergrond van jou foto’s kan boonop jou ligging of ander inligting weggee.
Dieselfde geld vir reisfoto’s wanneer jy jou paspoort of vliegtuigkaartjie kiek of
Enigiets op jou foto’s se agtergrond kan jou ligging verklap
die visum vir jou bestemming. Die Duitse krakergroep Chaos Computer Club het dit al in 2013 reggekry om iemand se vingerafdruk te kloon van net ’n hoëresolusiefoto van ’n vingerafdruk. En verlede maand het ’n Japannese navorser een gekloon van ’n selfie waarop iemand ’n vredesteken wys.
Moenie dié inligting deel nie
Jy dink dalk ’n inskrywing oor ’n troeteldier uit jou kinderdae of huldeblyk aan jou tuisdorp of ma is oulik, maar dit kan ook die antwoord op algemene sekerheidsvrae bevat.
Instellings soos banke en versekeraars versoek dikwels dié inligting en kuberskelms kan veiligheidshekke maklik omseil as jy sulke inligting aanlyn deel. Vermy dit om jou eerste troeteldier se naam of ma se nooiensvan, die straat waar jy grootgeword het en soortgelyke inligting uit te lap.
Onthou ook om op Facebook jou grootworddorp privaat te maak, anders kan enigeen sien waar jy kleintyd gewoon het. Sorg ook liefs dat blaaie waar- toe jy behoort – soos “Hoërskool Kuruman- 1985matrieks” of “Dundee-atletiekklub” – nie sigbaar is nie. Die groepe waarvan jy lid is, verklap heelwat oor jou agtergrond en gewoontes.
Google gee jou weg
Bekruipers wat goed vertroud is met Google, kan heelwat oor jou uitvis. Met Google Street View kan hulle ’n 3Dbeeld van jou huis en straat sien en kyk waar maklike plekke is om jou eiendom te betree. As jy voel die blik op jou huis maak jou kwesbaar, kan jy jou huisadres op Google Maps soek en die probleem aanmeld deur op “Send Feedback” of “Report a Problem” onderaan die skerm te klik.
Bekruipers kan ook ’n foto van jou aflaai en google met images.google.com om enige webtuiste op te spoor waarop dié foto verskyn. Pasop dus om dieselfde profielfoto oral te gebruik, want dit dien as ’n spoor vir skelms.
Beveilig jou Facebook
Facebook sal amper enige vraag vir bekruipers beantwoord. Van “Plekke wat Jan du Toit besoek het” tot “Geleenthede wat Lisa Smit bygewoon het” – Facebook hou rekord van dit alles. As jou Facebook-profiel en selfoonnommer gekoppel is, kan iemand boonop jou nommer by die soekfunksie intik en jou profiel opspoor.
Sorg ook dat jou Facebook-vriendelys nie oop is vir die publiek nie. Al is jou profiel geslote, kan iemand hier snuffel vir jou boesemvriende of mense met dieselfde van as jy en so jou familielede opspoor. Hul profiel, waarop jy dalk baie voorkom, is nie noodwendig so privaat soos joune nie.
Wanneer jy op jou Facebook-profiel is, verskyn nege van jou vriende in ’n rooster links op die skerm. Facebook se algoritme wat dié nege vriende bepaal, is ’n geheim, maar ’n moontlike verklaring is dat hulle onlangs jou profiel besoek of dat julle interaksie gehad het, soos om vir mekaar ’n boodskap te stuur of aanlyn te gesels.
Volgens nog ’n teorie is die mense boaan die lys in Facebook se geselskassie dié met wie jy die meeste interaksie het en wat jou profiel gereeld besoek. Maar die mense by Facebook weier om dié teorieë te bevestig of weerlê.
Nog ’n teorie sê as jy wil kyk wie na jou inskrywings geloer het, kan jy regsklik op Facebook en dan klik op “View Page Source”. Maak die soekfunksie in jou webblaaier met Ctrl+F oop en tik “InitialChatFriendsList” in die soekbalk.
Jy sal ’n lys kodes sien; elke kode verteenwoordig een van jou Facebookvriende wat die inskrywing gesien het. Om te kyk wie die mens agter die kode is, tik “facebook.com/” in die adresbalk, gevolg deur die kode, byvoorbeeld facebook.com/110590932296176.
Pasop vir rekenaarfoendi’s
Bekruipers met ’n basiese koderingskennis kan inligting soos waar ’n foto geneem is en van waar dit gedeel is, aflei deur die vasgelegde kode – oftewel em
bed code – te ontsyfer. In 2012 het twee werknemers van ’n Burger King-kitskostak in Amerika ’n foto aanlyn gedeel wat wys hoe hulle klante se kos vieslik hanteer. Binne ’n kwartier kon internetgebruikers met die vasgelegde kode uitpluis waar die foto geneem is. Die maatskappy het die twee werknemers wat aan diens was toe die foto gedeel is, kort daarna afgedank.
Onthou ook dat jou rekenaar ’n digitale rekord hou van alles wat van hom af uitgedruk word en dat drukkers dieselfde doen. As iemand slim genoeg is, kan hy of sy enigiets wat jy al op kantoor skandeer of uitgedruk het – soos rekenings en afskrifte van doktersbriewe – bekom deur eenvoudig jou rekenaar of die drukker se hardeskyf te kaap.
EKSTRA BRONNE: CRACKED.COM, BUZZFEED.COM, BOLDE.COM, MASHABLE.COM
Sorg dat jou Facebookvriendelys geslote is vir die publiek