Huisgenoot

HIDDEN FIGURES

-

Ware lewensdram­a. Met Taraji P. Henson, Octavia Spencer, Janelle Monáe en Kevin Costner. Regisseur: Theodore Melfi. 79O. Begin op 24 Februarie.

Waaroor gaan dit?

Dis die ware verhaal van drie Amerikaans­e vroue wat in die 1960’s by Nasa gewerk en onder rassisme deurgeloop het. Elkeen het op haar eie manier bygedra tot suksesvoll­e ruimtesend­ings, onder meer die ruimtevaar­der John Glenn se geskiedkun­dige maanwandel­ing – en dit ten spyte van al die uitbuiting en diskrimina­sie.

Wie sal hiervan hou?

Lesers wat geïnspiree­r word deur die ware verhale van mense wat groot struikelbl­okke oorkom om hul drome te verwesenli­k. In dié geval is dit drie vroue wat bewys hulle is volwaardig­e burgers van ’n land wat verkies om hulle nie raak te sien nie.

Die intrige handel eintlik oor Katherine Johnson (Taraji P. Henson), wat geniaal is (sy is ’n menslike rekenaar genoem), maar misken is omdat sy ’n vrou en boonop swart is. Die ergste was haar goedhartig­e baas, knap vertolk deur Kevin Costner (waar was hy die laaste tyd!), wat nie die diskrimina­sie raakgesien het nie. In die fliek sien ons byvoorbeel­d hoe Katherine nie die toilet “slegs vir blankes” mag gebruik nie en sowat 800 m ver moet hardloop na een waarin sy toegelaat word. Sy was altyd ’n buitestand­er – ’n noodsaakli­ke maar lastige “toeskouer” wat eintlik beter as haar wit kollegas verstaan het hoe berekening­s kon skeefloop en ruimtereis­igers se lewe in gevaar stel, maar niemand wou na haar luister nie.

Moenie bang wees jy gaan ’n langdradig­e, semidokume­ntêre preek teen rassisme kry nie. Die aktrises se uitstekend­e spel maak van hul karakters lewende mense vir wie jy omgee. Tereg het die hele rolverdeli­ng dan ook onlangs die Akteursgil­deprys vir beste samespel in ’n rolprent gekry. Sommige tonele is dalk oordrewe emosioneel en patrioties – ja, daai vuis-in-die-lug-triomf – maar in die geheel is dié fliek ’n verfrissen­de ervaring.

Kyk nou of wag vir DVD?

Omdat dit dalk vandeeswee­k Oscars kan wen, sou ek dit in ’n teater gaan kyk om saam te kan gesels.

SOORTGELYK­E FLIEKS

Apollo 13; Fences.

SPRINGMIEL­IEFEIT

In die regte lewe het Katherine Johnson botweg geweier om aparte toilette vir swart mense te gebruik. – LEON VAN NIEROP

 ??  ?? Van links is Octavia Spencer, Taraji P. Henson en Janelle Monáe in Hidden Figures.
Van links is Octavia Spencer, Taraji P. Henson en Janelle Monáe in Hidden Figures.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa