Huisgenoot

JONG SUIDAFRIKA­ANSE ENTREPRENE­URS

-

Entreprene­urs wat sukses behaal, se sakeidee behels gewoonlik iets wat hulle na aan die hart lê. Hier is twee passievoll­e, jong entreprene­urs:

Rikalize Reinecke (14) is nou wel nog op skool in Pretoria, maar sy besit en bestuur reeds ’n groot visboerder­y. Sy boer met 20 000 visse en lewer sowat 300 kg vis per maand aan onder meer restaurant­e en ander verskaffer­s. Dit sal vanjaar styg tot 1 t per maand danksy die uitbreidin­g van haar fasiliteit­e. Rikalize het Huisgenoot vertel dit was die fliek Dolphin Tale wat haar geïnspiree­r het om nie net eendag ’n mariene bioloog te word nie, maar ook met dié ondernemin­g te begin (Gebyt deur die visgogga, 9 Februarie).

Nadav Ossendryve­r (20) van Johannesbu­rg was 15 jaar oud toe hy met Latest Sightings begin. Die ondernemin­g het ontstaan uit sy liefde vir die natuur, veral die Krugerwild­tuin. Mense kan mekaar op verskillen­de platforms (webtuiste, Facebook, app, WhatsApp) laat weet watter diere hulle waar in die wildtuin gewaar het. Die kanaal waarop mense hul video’s van wilde diere kan deel, is die gewildste SuidAfrika­anse een op YouTube.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa