Huisgenoot

Dankie aan Joost se geliefdes

-

Dankie aan Joost se familie, wat sy laaste oomblikke met Huisgenoot se lesers gedeel het (‘Ek is moeg; ek wil huis toe gaan’, 23 Februarie). Sterkte vir die pad vorentoe. Joost sal in menige mens se hart voortleef. TANIA

Baie dankie vir die hartroeren­de artikel in Huisgenoot van 23 Februarie oor Joost se laaste oomblikke. Geen mens kon dit lees sonder om ’n traan te stort nie. Sterkte. TESS, KUILSRIVIE­R

Ek wens Pieter van der Westhuizen, Joost se broer, was my broer. Ek het lank laas sulke toewyding en liefde gesien. Sy soort is yl gesaai. MANDY, ELDOS Dankie, Huisgenoot, vir die pragtige artikel oor Joost se laaste oomblikke, soos weergegee deur die mense wat regtig naby aan hom was. LEONA

Dankie, Huisgenoot, vir die pragtige storie oor Joost van der Westhuizen. Dit is roerend en met groot sensitiwit­eit teenoor sy geliefdes geskryf.

Dankie ook aan sy familie dat ons in hul binnekamer kon wees in hierdie moeilike tyd. DOT, SUIDKUS Huisgenoot is nou al 42 jaar lank my heel beste leesstof en as ou oom is dit ook vir my maklik om jul lettertipe te lees. Baie dankie daarvoor. HENTIE VAN ZYL, VANDERBIJL­PARK Die voorblad van 16 Februarie met Rolene Strauss en haar pragtige baba is die beste voorblad in jare. Sy is regtig ’n modelmamma. SALOME, RIVERSDAL Daar is baie verwaarloo­sde weggooidie­re in die Missionweg-omgewing in Kensington, Johannesbu­rg. Hulle is maer, vol sere en ly verskrikli­k. Ek gee kos waar ek kan, maar smeek die dierebeske­rmingsorga­nisasies om hierheen te kom en die diere te red. JEANETTE GERBER Ons het onlangs ons Bieliemiel­iefees hier op Reitz gehou en Leah en Snotkop het albei die Saterdag pragtig gesing. Ons land se sangers maak ons trots op ons Afrikaanse taal. Julle is puik. T, VRYSTAAT

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa