Huisgenoot

3 VRYE SUSSIES – NET VREUGDE!

Nianell floreer as ma van ’n drieling. Sy vertel van haar ouerskapst­yl en die stryd wat sy self as kind gehad het

- Deur JANA SMIT Foto’s: DINO CODEVILLA (Blaai om)

AS MA van ’n drieling sou ’n mens dink Nianell het haar hande vol, veral om haar kroos elke oggend vir die skool dag gereed te kry.

Tog heers daar nie vroegdag ’n chaos in die gewilde sangeres se huis in Johannesbu­rg nie. Daar is geen geskarrel om drie meisiekind­ers betyds uit die vere te kry, drie skoolunifo­rms op die bed reg te sit, die hare op drie koppe in die regte styl te kam, drie skooltasse te pak en drie kosblikke reg te kry nie.

Jade, Tayden en Kaeley (9) staan soggens wanneer hulle wakker word op en begin dan hul skooldag in wat hulle ook al die dag wil aantrek. Hulle ontvang sedert die begin van hul skoolloopb­aan by ’n voltydse tutor tuisonderr­ig.

In haar huis word niemand aangejaag en niks afgedwing nie, sê Nianell (45), die toonbeeld van rustigheid. “Jy moet so laat by die skool en so laat in die kar wees en dan in die verkeer sit en ein- indelik is almal kwaad,” verduideli­k k sy hoe maklik stres kan opbou.

Al is die horlosie geneig om vir haar weg te hardloop, verpes sy dit om aangejaag te word.

“Ek hou glad nie daarvan om m gespanne te voel nie. Ek het (nare) re) drome gehad dat almal vir my wag, maar laat my beslis nie meer rush nie,” sê die mooi donkerkopm­a.

Sy wil ook nie die drieling oor tydskwessi­es angstig maak nie. “Ek maak hulle groot soos ek behandel wil word. Hulle het altyd ’n keuse en kan kies wat hulle wil hê.”

Sy en Andrew Thompson (45), van wie sy in 2014 geskei is, laat die drie kies by wie hulle wanneer wil gaan bly. Hulle gaan altyd saam na hul pa toe. Dié woon naby Nianell.

Hulle kies ook hul eie klere. En nooit sal jy die drie meisies in eenderse uitrusting­s te sien kry nie. Jade hou van blou en groen en dra graag spanbroeke en T-hemde, terwyl Tayden rokke verkies. Kaeley dra net pienk.

Tayden, die enigste donkerkop onder die drie, speel graag pop. “Ek hou van Barbie, en hulle twee,” sê sy en wys na haar twee blonde sussies, “wil nooit saam met my speel nie, want hulle hou nie van Barbie nie.”

Die twee blondekopp­e is lief vir diere en het slakke en visse as troeteldie­re. Jade sê sy wil eendag ’n veearts word. Toe hulle eenkeer in die Kaap was (hulle het ’n strandhuis op Yzerfontei­n), het sy ’n slak opgetel en hom vir ’n maatjie saam teruggevli­eg Johannesbu­rg toe. Sy het ook ’n handleidin­g geskryf oor hoe om ’n slak te versorg. “’ n Slakkie eet slaai,” verduideli­k sy nou.

Kaeley is baie kreatief. In die huis is altyd gomgewere en alles wat nodig is sodat die drie hul eie kunswerke kan maak. Hulle skakel in by die Laerskool Fontainebl­eau se sportaktiw­iteite, waar hulle aan atletiek, hokkie en netbal deelneem. Tayden het vanjaar met gimnastiek begin, terwyl Jade en Kaeley perdry.

Al verskil die drie susters se belangstel­lings en persoonlik­hede, kom hulle meestal goed oor die weg. “Hulle sal so dan en wan stry, veral as dit gaan oor ‘dis my ding daai’,” vertel hul ma, “maar oor die algemeen is hulle baie rustig.”

Wat is die grootste uitdaging wanneer ’n mens ’n drieling grootmaak? Dat sy nie drie arms het nie, antwoord Nianell laggend. MaarM dan voeg sy by: “Daar wasw geen uitdagings nie; net grootg vreugde.”

DIE ma van drie straal behoorlik. Dit gaan goed, sê sy – met haar, die kinders en ook met haar loopbaan.ba ’n Nuwe album, My BeautifulB Escape, behoort teente April op die rakke te wees.we Soos met haar vorige albumsbu het sy al die snitte self geskryf.ge Sy werk ook aan drie boeke:bo ’ n selfhelpbo­ek, ’n romanrom en een waaroor sy niks wil verklap nie uit vrees dat iemandiem haar idee sal steel. SelfhelpS en om ander te help lê haarh na aan die hart nadat sy deurdeu diep waters is. “As kind het ek geglog ek verdien nie geluk nie,” sê Nianell, ouer suster van die sangeress Riana Nel. “Elke“E keer dat ek gelukkig was, kon ek aanvoel iemand anders is ongelukkig­on daaroor, want ek was nog altydlt baie intuïtief.

“Ek wou net almal gelukkig hou; daarom het ek my eie geluk prysgegee.”

Haar ma, Heletjé Nel, wat in Julie 2012 ná ’n rugoperasi­e skielik oorlede is, het haar altyd aangespoor. Alles wat sy gedoen het, het sy vir haar ma gedoen.

“En toe ek haar verloor, toe verloor ek my doel,” verduideli­k sy.

Sang was nog altyd vir Nianell ’n ontvlugtin­g. “Ek dink iewers het ek vir mense begin sing. Maar as jy iets in die lewe doen, moet jy dit vir jouself doen. ’n Groot vrede gaan met daardie wete gepaard. Die lewe gaan daaroor om pret te hê, gelukkig te wees en te doen waarvoor jy lief is.”

Een van die dinge wat sy met oorgawe doen, is om klasse aan te bied om ander met nuwe oë na hul lewe te laat kyk. Sy was verlede jaar van Junie tot Augustus in Amerika, waar sy in Theta-terapie opgelei is (Lief vir myself en die lewe, 21 April 2016). Dit behels diep gebedsmedi­tasie om die dinge te verander wat nie jou lewe dien nie.

Sy glo alles wat met ’n mens gebeur, is die gevolg van keuses wat jy self gemaak het. “Elke ding in my lewe het ek geskep. Elke mens in jou lewe het jy gekies. En elke oomblik is jy besig om jou eie werklikhei­d te skep.”

Nianell is dankbaar sy het “wakker geword” en besef sy het self haar lewe gevorm. Sy sê sy het al ontsettend­e verwerping ervaar, maar wil nie oor die besonderhe­de uitbrei nie. “Ons skep dinge in ons lewe, al is dit onbewustel­ik, sodat ons daaruit kan leer, groei en sterker word. Ek het ongeloofli­ke verwerping geskep sodat ek kon leer om myself te aanvaar en lief te hê. Ek is nie ’n slagoffer van gebeure nie. ’n Mens vrees en ervaar net verwerping wanneer jy jouself nog nie heeltemal aanvaar het nie.”

As volwassene moes Nianell leer om haarself goed te behandel. Sy leef ook gesond. Sy en die drieling drink daagliks wortel-seldery-enspinasie­sap. Sy probeer aartappels, pasta en rys vermy.

“Maar ek eet enigiets anders.” Sy hou van lamstjops, vis, groente en slaai. Haar grootste bederf is soesji, ’n voorliefde wat haar dogters met haar deel. Die vier gaan gereeld uit vir ete.

Ma en dogters doen meestal alles saam, maar soms bly een by Nianell agter wanneer die ander twee ’n buitemuurs­e aktiwiteit beoefen. “Die alleentyd is spesiaal,” sê sy.

Met haar gevoelvoll­e sangstem het Nianell al vele aanhangers gelok. Onder haar eie dak het sy ook drie vurige bewonderaa­rs, maar om heel ander redes.

Vra jy haar dogters om hul ma te beskryf, sê Kaeley: “My ma is ’n vriendelik­e en lieflike mens wat die wêreld wil help. My ma laat my gelukkig voel.”

Jade vertel haar ma “is lief vir diere en gee om vir mense”.

Tayden sê haar ma se hart is vol liefde. “Sy help mense om beter te wees en nie met mekaar te baklei nie. Sy bring vrede en is lief vir die hele wêreld, selfs al is iemand sleg of stout.”

‘My ma is ’n vriendelik­e en lieflike mens wat die wêreld wil help’

 ??  ?? LINKS BO: Die sangeres met haar drieling toe hhullelle nog babas was.as REGS BOBO: So jonk soos hulle is, so gemaklik is die drieling voor die kamera.
LINKS BO: Die sangeres met haar drieling toe hhullelle nog babas was.as REGS BOBO: So jonk soos hulle is, so gemaklik is die drieling voor die kamera.
 ??  ?? Nianell en haar drieling: (van links) Kaeley, Tayden en Jade.
Nianell en haar drieling: (van links) Kaeley, Tayden en Jade.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa