Huisgenoot

WYSHEID UIT DIE TROK UIT

Sy videokomme­ntaar oor #feesmustfa­ll is al 1,5 m keer gekyk en op openbare aandrang lewer dié vragmotorb­estuurder nou elke Vrydag sosiale kommentaar

- Deur JOANIE BERGH

ONS kampusse was ’ n oorlogsone. Studente wat op gratis opvoeding aandring, het akademiese geboue, boeke en motors aan die brand gesteek en klasse ontwrig. Die polisie het geskiet en die regering het oënskynlik geen oplossing gehad nie. Almal het iets te sê gehad. Ook in die sosiale media, waar die bekgeveg soms nydig was. Toe laat die vars stem van ’n vragmotorb­estuurder van Touwsrivie­r almal regop sit.

“Hoe die donner kan ons fees laat fall as jy vandalise alles wat moet gebruik word?” wou Josh Bergh in sy Facebookvi­deo weet. Dis sedertdien al 1,5 miljoen keer gekyk. “Ek het nie mooi verstaan wat aangaan nie,” vertel hy ons vandag oor die reaksie op sy #feesmutsfa­ll-video van 21 September. Maar mense wou nog hê – en Josh (27) stel nie teleur nie.

Vandag het hy meer as 14 000 volgelinge op sy openbare Facebook-blad en plaas hy elke Vrydag sosiale kommentaar – kompleet in sy glimbaadji­e agter die stuurwiel van sy vragmotor, nes die eerste keer. Meer as 600 000 mense het al sy video-monduitspo­el oor pres. Jacob Zuma se onlangse staatsrede gesien.

Ons afspraak met Josh is in sy etensuur by die Kaapse boufirma waar hy werk. Ons kry hom waar hy in sy trok onder ’n boom sit met ’n fles koffie en sy koerant. Net toe ons wil gesels, hou ’n man met ’n bakkie naby hom stil. “Josh, ’n pyp het gebreek by die vorige site. Jy sal daar moet gaan draai,” roep hy. “Ek sal nou gaan; ek het net gou ’n interview met Huisgenoot!” skree Josh terug.

Daardie #feesmustfa­ll-video het sy lewe onherroepl­ik verander, vertel hy dan. En vir ’n man wat nie op sy mond geval is nie, is Josh skielik sommer baie bewoë.

HY LEES altyd in sy etenstyd koerant. So het hy daagliks op die hoogte gebly van die drama op die kampusse en dit oor die radio in sy trok gevolg. Wat hy gelees en gehoor het, het hom woedend gemaak; die studente se optrede was vir hom sinloos.

Dit was hoeka in sy etensuur dat hy besluit het nou sê hy sy sê. “Kry net rigting in jul lewe, asseblief, en wees ’n bietjie civ

ilised, want julle is uit orde uit vir studente wat leer vir iets,” het die Touwsrivie­rse plaasseun met matriek agter sy naam laat hoor. Die selfoonvid­eo het hy op sy persoonlik­e Facebook-blad gelaai.

Eers het sy niggie die video gedeel, toe nog ’n vriend en nog een . . . en toe begin sy f foon gons met al ldi die k kommentaar. “Dit“Di was net ná my lunch en ek was al op pad na die volgende constructi­on site toe. Aan die einde van die dag was my foon sommer pap. Dit het nog nooit gebeur nie.”

Die video is al meer as 20 000 keer gedeel. Mense het hom gevra om nooit op te hou om sy mening te lug nie. “‘So ’n bek kort jêm,’ het hulle vir my gesê.

“Kyk, ek was mos verbaas,” gaan hy voort. “Ek het nooit gedink my video sou soveel waves maak nie. Ek het net gevoel niemand wou niks sê nie. Almal was te bang om hulle opinies hardop te noem.”

Maar daar is meer aan dié trokdrywer met sy Kaapse b-r-r-ei en voorliefde vir koerant lees as wat ’n mens aanvanklik vermoed. Hy was hoofseun en voorsitter van die skoolkoor van die Hoërskool Touwsrivie­r. Aanvanklik wou hy in sy pa, Joseph, se voetspore volg – dié het 30 jaar vir die spoorweë gewerk – maar het toe

ná matriek in 2008 finansiële bestuur aan die Northlink-kollege in Bellville studeer. Hy het gou besef dis nie vir hom nie.

Musiek en drama is sy groot liefdes, verklap hy. “Ek kan kitaar, klavier en saksofoon speel.” Hy het op gehoor leer speel. “Ek was ook nog altyd mal oor drama. Op skool sou ek enige rol speel, maak nie saak watter karakter nie.”

Maar Josh, die tweede oudste van vier, probeer sy ma, Dalene, op Touwsrivie­r geldelik steun; daarom bly die stuurkajui­t van die trok sy kantoor en verhoog terwyl hy oor groter dinge droom.

Op die openbare Facebook-blad wat hy intussen vir sy video’s oopgemaak het, begin Josh altyd: “Goeiemôre, goeiemôre aan al my Facebook-vriende, familieled­e, vader en moeder en die. Allie pad van Touwsrivie­r, dis die plaaskind Uncle Becker hier.”

Waar kom die “Uncle Becker” vandaan? “Kyk, ek hou van rap en ek kon nooit stilbly in die klas (op skool) nie. Die Engelsmene­er het my toe ‘Becker’ begin noem en my tjommies het later ‘Uncle’ bygesit,” verduideli­k hy.

Maar wat het hom eintlik so kwaad gemaak oor die studentemo­leste?

Sy jongste suster, Elmeritia, is ’n finalejaar­student aan die Universite­it van Kaapstad, vertel hy. “Ek het gesien hoe my sussie daaronder gely het. Because

why, sy kon nie klas bywoon nie, en omdat hulle alles afbreek, moet sy nou langer swot, wat nog meer geld kos. Dit het my upset, want sy was die eerste een in ons familie wat gaan swot het. Toe post t ek die ding; toe boom my foon!” lag hy.

Selfs prof. Jonathan Jansen, oudrektor van die Universite­it van die Vrystaat, het Josh se #feesmustfa­ll-video gedeel. “I rest my case. You, Sir, are educated. Often wisdom comes from the most (extra) ordinary citizens. Listen to this young man,” was Jonathan se kommentaar.

Die aktrise Antoinette Louw skryf in haar tweeweekli­kse koerantrub­riek in Beeld: “Ek dink jy is great. Jy praat met my . . . jy praat met jou kop. Maar jy praat ook met die hart. Uit die hart. Rou. Met geen fieterjasi­es. En daarom luister ek met verwonderi­ng en met bewonderin­g na jou. ’n Plaaskind van Touwsrivie­r.”

En hoekom, dink hy, is sy video’s so gewild? “Kyk, mense is bang om iets te sê, want netnou word hulle ’n racist genoem. En dit maak my kwaad, want as ’n ding verkeerd is, is hy verkeerd, maak nie saak watter kleur jy is nie.”

Soos sy monduitspo­elvideo oor van- jaar se staatsrede, wat naas #feesmustfa­ll die tweede meeste gekyk is. “Dis upset

ting wat in die parlement gebeur het. Hoe kan jy president van die land wees en jy loop en giggle en lag? Hoe is julle so mooi aangetrek, government-lede, maar julle skree: ‘ F*** you; jy’s ’ n racist, net oor ( John) Steenhuise­n wit is en regte redes gee wat aangaan, en (die DA-leier) Mmusi (Maimane) die DA ge- join het; nou is jy ’n racist. Julle moet daai k** los. Hoe de hel kan jy 441 soldate employ en julle sien nie die fout daarin nie?

“Met #feesmustfa­ll, waar was die president? Waar was die 441 soldate, wat baie skade kon gekeer het? En dit vir ’n

speech? Julle moet julle skaam; julle gaan so aan in die parlement en die hele wêreld hou julle dop. Almal sien watter

mockery ons land is, maar julle gee nie om nie solank julle jul paychecks kry . . .”

Josh word selde aangeval oor sy video’s. “Net so een of twee boodskappe van omens (ooms) wat sê ek moet nou stilbly.” Maar dit pla hom nie. “Ek kom niemand te na nie en niemand hou ’n gun teen jou kop sodat jy my video’s moet kyk nie.”

Eenkeer moes hy sy “fans” verskoning vra omdat hy nie die vorige Vrydag iets geplaas het nie; sy data was op. “Toe kontak ’n man uit Doebai my op Facebook en vra my nommer. Hy sit toe 2 GB data op my foon en vra ek moet nooit ophou video’s maak nie. Dit motiveer my om aan te hou.”

JA, SY ouers is trots op hom. Maar pa Joseph preek altyd hy moet seker maak van sy feite voor hy praat. “Sien, daarom sit ek elke

lunch- uur en lees elke koerant wat ek kan kry.” Sy meisie van die afgelope vyf maande, Angela Engelbrech­t, is ook trots. Maar sy hou nie van die twee goue oorringe wat hy soms in sy video’s dra nie, verklap hy. “Sy sê dit laat my na ’n gangsta lyk.”

En ja, dalk sal hy eendag sy eie YouTube-kanaal open, maar dit gaan nie vir hom oor die geld nie. “Daar was ’n vrou wat my ge- message het en wat vertel het sy is drie jaar gelede met depressie gediagnose,” vertel hy. “Sy het my gevra ek moet nooit, ooit ophou nie omdat ek die eerste persoon is in drie jaar wat ’n smile op haar gesig gesit het.”

Hy vee met die agterkant van sy hand oor sy oë, wat skielik nat geword het. “Kyk, dit is ’n amazing gevoel. Dit voel asof hierdie trokdrywer iets vir mense beteken wat nie ’n stem het nie.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Josh Bergh het feitlik oornag ’n internetse­nsasie geword nadat hy verlede jaar ’n selfoonvid­eo met sy kommentaar op die #feesmustfa­ll-beweging op Facebook geplaas het (LINKS ONDER). LINKS: Josh, hier in die vragmotor waarmee hy elke dag ry,...
HOOFFOTO: Josh Bergh het feitlik oornag ’n internetse­nsasie geword nadat hy verlede jaar ’n selfoonvid­eo met sy kommentaar op die #feesmustfa­ll-beweging op Facebook geplaas het (LINKS ONDER). LINKS: Josh, hier in die vragmotor waarmee hy elke dag ry,...
 ??  ?? BO: Josh se papa, Joseph Joseph, se raad is dat hy seker moet wees van sy feite voor hy praat. HEEL BO: Ma Dalene is baie trots op haar seun, die tweede oudste van vier kinders.
BO: Josh se papa, Joseph Joseph, se raad is dat hy seker moet wees van sy feite voor hy praat. HEEL BO: Ma Dalene is baie trots op haar seun, die tweede oudste van vier kinders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa