Huisgenoot

IDENTITEIT­SBEDROG

-

’n Booswig wat jou identiteit naboots, kan jou lewe sommer lelik ontwrig. Roy Retief, bedryfsbes­tuurder van die SuidAfrika­anse Bedrogvoor­komingsdie­ns (SAFPS), stel voor ’n mens gaan so te werk om identiteit­sdiefstal te bekamp en te bestry:

Beskerm jou ID-nommer teen bedrog

Bêre jou ID en paspoort op ’n veilige plek wanneer jy dit nie nodig het nie en neem dit net saam wanneer dit noodsaakli­k is.

Versnipper alle dokumente wat persoonlik­e inligting soos jou ID-nommer bevat voor jy dit weggooi sodat identiteit­snabootser­s nie hul hande daarop kan lê nie.

Wees baie kieskeurig met die inligting wat jy in die sosiale media deel.

Wanneer jou bank of ’n ander ondernemin­g jou bel en jou ID-nommer vra, dring aan om die inbelsentr­um terug te bel voor jy persoonlik­e inligting deel, selfs al het die konsultant wat jou gekontak het nie ’n direkte telefoonly­n nie. Vra die inbelsentr­um om jou deur te skakel na dié mens of ’n ander konsultant wat jou kan bystaan;

Pols ’n ondernemin­g of besigheid wat jou ID-nommer aanvra vir vrywarings­vorms of die sluit van ’n kontrak oor hoe hulle jou persoonlik­e besonderhe­de veilig gaan bewaar voor jy jou ID-nommer verskaf.

Hoe gaan jy te werk as iemand jou identiteit gesteel het?

Slagoffers van identiteit­sdiefstal vind meestal uit hul identiteit is nageboots wanneer skuldeiser­s by hulle aanklop oor ’n rekening of lening waarvan hulle niks weet nie. In so ’n geval moet jy ’n bedrogklag by die polisie aanhangig maak en ’n kredietbur­o (soos TransUnion, Experian, XDS en Compuscan) inspan om te sien of enige ander ondernemin­gs met wie jy nog nooit te doen gehad het nie navraag gedoen het oor jou kredietwaa­rdigheid.

Stel die SAFPS ook van die identiteit­sbedrog in kennis sodat hulle jou besonderhe­de kan insleutel op ’n databasis van identiteit­sbedrogsla­goffers. Sodoende sal ondernemin­gs met SAFPS-lidmaatska­p kan sien bedrog is met jou ID-nommer gepleeg en op hul hoede wees om doodseker te maak dit is inderdaad jy wanneer julle sake doen.

Jy kan ook voorkomend optree en sodra jy agterkom jou ID-boekie is weg of gesteel by die SAFPS registreer om op dié databasis geplaas te word. Tree by 0860-101-248 of safps@safps.org.za met hulle in verbinding. – ALMARI WESSELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa