Huisgenoot

LEES SINK NOU IN AFRIKAANS

Rachel Weeping, waarop die bekroonde fliek Sink gegrond is, is pas vertaal

-

OP DIE voorblad van die roman Sink word dit beskryf as ’n “verhaal oor verlies en vergifnis”. Wanneer ’n mens die boek klaar gelees het, is jy egter nie seker of almal regtig vir almal vergewe het nie.

Rachel Nyaga, die huiswerker wie se kind, Maia, in die sorg van haar werkgewer gesterf het, keer terug na Mosambiek met niks, net haar kind se as. Sy het die Jordaans nie eens gegroet nie.

Die skrywer van hierdie roerende roman, Brett Michael Innes, sê egter daar was wel vergifnis.

“Ek dink Rachel (en die Jordaans) bereik ’n realisties­e vlak van vergifnis, die soort waar ’n mens bande verbreek op ’n manier wat dié vrymaak wat die las van vergifnis dra. In ’n feëverhaal­benadering tot vergifnis sien jy hoe mense wat haaks is met mekaar skielik terugkeer na die verhouding soos dit voor die seerkry was. Asof niks gebeur het nie. Ek glo nie in dié weergawe van vergifnis nie.” ’n Bybelvers was Brett, ’n filmmaker van beroep, se inspirasie. In Jeremia 31:15 word verwys na Ragel wat “treur oor haar kinders, sy wil haar nie laat troos nie”. Brett vertel die twee woorde “Ragel treur” het by hom ’n helder beeld opgeroep van ’n ma wat snikkend buig oor die lyf van haar dooie kind. Dit het by hom die saad gesaai om ’n fliek te maak. “Ek het eers die draaiboek geskryf en dit het die ruggraat geword van die roman Rachel Weeping. “Daar is later besluit om die fliek se naam te verander na Sink. Rachel Weeping lê my baie na aan die hart, maar ons wou met die Engelse én die Afrikaanse mark praat; dus het ons ’n titel gekies wat vir albei werk.” Sink die rolprent was plaaslik baie suksesvol by die loket, is by die Silwersker­mfees met ’n gerf pryse bekroon en het ook by oorsese filmfeeste baie aandag getrek. “Op grond hiervan het Tafelberg Uitgewers my genader oor ’n vertaling van die roman. Dit het heeltemal sin gemaak in die lig daarvan dat twee van die drie hoofkarakt­ers Afrikaans is,” vertel Brett. Op die vraag waarom hy die wit egpaar Afrikaans gemaak het, verduideli­k hy: “Die Jordaans het in die ontwikkeli­ng van die verhaal in verskillen­de gedaantes verskyn, van wit Engelse tot swart Zoeloes en eindelik wit Afrikaanse­s.

“Dit het goed gewerk, want dit het dadelik ’n taalverspe­rring tussen die Jordaans en Rachel geskep.

“Uit ’n finansiële oogpunt was dit ook voordelig, want Afrikaanse gehore is meer lojaal teenoor films soos dié as Engelse of Zoeloe-gehore.”

En wat verkies hy? Om stories te vertel deur rolprente en dokumentêr­e of deur die geskrewe woord?

“My eerste liefde is om flieks te maak – van die skryf van die draaiboek tot waar ’n mens met die hulp van talentvoll­e filmmakers lewe blaas in die woorde. Hierdie media loop maar oor in mekaar in, maar my gunsteling is die een wat beweeg.”

Maar selfs in die boek “beweeg” sy beelde: Maia wat in die straat afhuppel met haar trui oor haar kop sodat sy lang hare kan hê soos ’n prinses in Frozen, Chris wat in ’n hotelgang ’n lyn oorsteek met sy jong rooikopkol­lega, Anja, Michelle wat in Rachel se kamer in haar persoonlik­e besittings krap en op die koekblik onder haar bed afkom . . .

WEN

Vyf lesers kan elk ’n eksemplaar wen van Sink. SMS** jou antwoord, naam en adres voor 16 Maart om 17:00 na 35407. Vraag: Wat is die skrywer se van?

 ?? Deur ELNA V VAN DER MERWE ??
Deur ELNA V VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa