Huisgenoot

WAT KAN EK SELF DOEN OM SELLULIET TE BEKAMP?

-

OEFEN

Jy kan nie selluliet wegoefen nie, maar oefening kan lei tot gewigsverl­ies en beter bloedsomlo­op en op dié manier selluliet verminder, sê die plastiese chirurg dr. Deon Weyers. Oefeninge soos hurke en knielbeweg­ings kan jou bene meer gespierd maak, wat sal help dat selluliet kwyn.

Jy kan nie spesifieke liggaamsde­le met oefening teiken nie, maan die plastiese chirurg dr. Chetan Patel, maar hy beveel wel aan jy oefen met gewigte om jou spiere te help vorm. As jy te lank aaneen sit of lê, vloei jou bloed nie genoeg nie, sê die plastiese chirurg dr. Dale Geoffreys; daarom is dit goed om te oefen.

HOU OP ROOK

Rook put die vitamien C uit wat jou vel elasties en gehidreer hou, sê dr. Minoka Nadesan van die NoviSkin-kliniek.

EET REG

Dale sê te veel ongesonde koolhidrat­e lei tot vetneersla­e en selluliet. Pasop vir kitsdiëte waarmee jy baie gewig verloor maar dit dan weer aansit, want dit laat jou vel krimp en weer rek, wat selluliet sigbaar maak. Te veel sout is ook skadelik as jy met selluliet sukkel, sê die laserterap­eut Adele Kruger.

PAS JOU VEL OP

Vermy alkohol en te veel tyd in die son, sê Deon, want ’n beskadigde vel sal beslis selluliet wys.

Daaglikse afskilferi­ng met ’n growwe spons stimuleer jou bloedsomlo­op, is Adele se raad.

Selluliet is minder opmerklik op ’n donker vel as op ’n ligte een, sê Chetan; daarom kan jy kunsverbru­iner gebruik om selluliet minder sigbaar te maak.

DRA DIE REGTE KLERE

Te stywe onderklere met stywe rekke bo-oor die dye en boude kan bloedvloei verminder en tot selluliet bydra, sê Minoka.

SELLULIETR­OME

“Daar is geen grootskaal­se studie wat die doeltreffe­ndheid bewys van enige van die rome wat by dermatoloë se kantore, in apteke, spa’s en boetieks verkoop word nie,” sê Deon, en die ander kenners stem met hom saam.

Pasop dus vir bemarkings­foefies wat beweer ’n lyfroom kan selluliet wegvat.

Tog sê Dale middels met retinol in sowel as sekere masseerteg­nieke, waar die vel se bloedsomlo­op aangemoedi­g word, werp vir party gebruikers vrugte af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa