Huisgenoot

IS DIÉ SPEELGOED SONDE?

-

VMy man werk in die buiteland. Hy gaan nege weke op ’n slag weg en is daarna net twee weke by die huis. Hy is 66 en ek 53. Ons kinders is getroud en ons het drie pragtige kleinkinde­rs.

Ek is seksueel baie warm. Hy ook, al moet hy weens medikasie ’n opkikker gebruik. Sal dit verkeerd wees as ek vir my ’n seksspeeld­ing aanskaf? Ek is bang dit is ’n sonde.

C op F

AElkeen van ons is verantwoor­delik vir ons eie seksualite­it. Dit is nie ’n besluit wat ek vir jou kan neem nie. Wat ’n veilige, seksueel gesonde en gelukkige verhouding betref, moet jy aan jouself vier vrae stel: Is dit goed vir my huwelik? Kan dit so verslawend wees dat dit my aandag van my verhouding aflei? Is dit liefdevol teenoor my huweliksma­at en myself? Gaan dit ons verhouding laat groei?

Solo- pleks van liefdespel het voor- én nadele. Dit is soos met enige faktor wat jy in jou huwelik of verhouding toelaat. Gaan dit jou dalk minder tevrede met jou man maak? Vir ’n veilige verhouding is dit nodig dat jy net oor ’n liefdesmaa­t fantaseer met wie jy ’n langtermyn­verbinteni­s het. Sal jy daarby kan hou?

As jy die soort persoonlik­heid het wat grense kan stel oor die gebruik van iets wat plesier verskaf, het jy ’n beter kans om dit te gebruik sonder dat jou huwelik daaronder ly. Maar as die speelgoed jou beter laat voel as wat jou man kan, betree jy ’n gevaarlike terrein. Liefdespel is nie net ’n fisieke najaag van orgasmes nie. Dit is ’n innige saamwees waarin jy op “ons’’ pleks van “ek’’ konsentree­r.

Hierdie riglyne los dalk nie jou praktiese probleem van ’n vurige libido en jou man se afwesighei­d op nie. Bedspeelgo­ed is vir paartjies met ’n langtermyn­verbinteni­s wat vele liefdesavo­nture kan inhou. Die ontdekking­stog daarmee moet vir albei tot ’n vervullend­e sekslewe kan lei.

Dink en gesels saam daaroor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa