Huisgenoot

DANS, DANS, DANS!

Moeg van muurblomme­tjie wees op elke partytjie? Hier’s raad. Dié dansers op YouTube sal jou met cool danspassie­s wys hoe om in die pret te deel

- Deur LARA ATSON

Dance Tutorials LIVE

Pop and lock, hip-hop, briekdans, nae nae, dougie . . . dié YouTube-kanaal het dit alles. Beroemde dans instrukteu­rs wat al die verhoog met sterre soos Jennifer Lopez, Justin Bieber, Chris Brown en Selena Gomez gedeel het, sal jou die basiese bewegings leer. En hulle aanvaar selfs versoeke vir privaat klasse.

Mandy Jiroux

Wil jy lyf skud wanneer jou gunsteling musiekvide­o speel? Dié 29-jarige Amerikaans­e danseres leer jou die danspassie­s van gewilde musiekvide­o’s. Jou vriende gaan groen van jaloesie wees as hulle jou moves sien.

VincaniTV

Wil jy graag leer briekdans? Gaan loer hier as jy meer wil weet van die backspin, twostep en spider freeze. Vince Horiuchi (30), ’n briekdanse­r van Sacramento, Kalifornië, sal jou in die gemak van jou huis wys hoe.

nathaniel2­794

Wie’t gesê dis nie cool om met jou vingers te dans nie? Dié YouTube-dansvideok­anaal fokus op vingerbewe­gings ( finger

tuts) – ’n soort dans wat ingewikkel­de bewegings met jou vingers en hande behels. Die kanaal het slegs ’n paar video’s, maar dis genoeg om jou die basiese goed te leer.

Mihran Kirakosian

Dié 32-jarige Armeense danser het goeie, maklike tutoriale vir beginners. Hy leer jou selfs Michael Jackson se beroemde moonwalk. Mihran het al saam met bekendes soos Madonna, Pink en Britney Spears opgetree.

Jy leer dus by die bestes.

LFX Dancers

Jy kan hier leer om die bachata – ’n sosiale dansstyl afkomstig van die Dominikaan­se Republiek – te dans. Gryp jou boet of sus om as dansmaat te dien.

Afrikaner BoereDanse Vereniging

Is jy versot op sokkie, maar weet nie lekker hoe nie? Hierdie blitskursu­s sal jou presies wys hoe. Jy leer hoe om jou dansmaat vas te hou, die voetwerk te doen . . . en eindelik sal jy sokkie soos ’n kenner.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa