Huisgenoot

GESI SBEGROTING­SWEEK

-

Die Suid-Afrikaanse regering stel elke jaar ’n jaarlikse begroting op waarin hulle aandui presies hoeveel die land verwag om in te kry en hoe hulle beplan om dit te spandeer. Sanlam daag hierdie jaar alle Suid-Afrikaners uit om dieselfde vir hulleself te doen in die Gesinsbegr­otingsweek – ’n week waarin ons almal plat gaan sit en uitwerk presies hoeveel ons het, en hoe ons die meeste daarvan kan maak. Wanneer jy reg is om die bul by die horings te pak, gaan na familybudg­etweek.co.za – die gewilde komediant Tumi Morake wag om jou stap vir stap te help. Kry pen en papier en ’n sakrekenaa­rtjie, en val weg. Jy kán dit doen – daar’s ’n Welvaartme­ester™ in jou. Daar’s een in elkeen van ons.

Pas toe, hou dop, pas aan

Werk weer jou begroting uit nadat jy al jou ongewenste uitgawes afgetrek het. Jy het nou jou begroting vir die jaar. As jy ’n maandeliks­e begroting wil hê, deel net al die getalle deur 12. Gebruik hierdie begroting as die vaste riglyn vir jou geldbested­ing deur die jaar. Die heel belangriks­te is dat jy daarby hou; beoordeel daarom gereeld of dit vir jou werk, en pas dit aan as dit nodig is. Voorspoed!

Kry alles reg

Kry jou lewensmaat, ouers, kinders, troeteldie­re bymekaar – almal in jou huishoudin­g wat deur hierdie begroting geraak gaan word. Die geheim daarvan om vir die toekoms te begroot, is om te weet hoeveel jy in die verlede spandeer het, daarom moet jy al jou bankstate en al die kwitansies wat jy kan kry, bymekaarma­ak. Probeer om al die dinge te onthou waarop jy geld spandeer het, selfs al het jy nie rekord daarvan nie, en moenie vergeet van die kontant wat jy uitgegee het nie.

Prioritise­er

Wat ook al jou posisie is – dit is altyd ’n goeie idee om onnodige uitgawes te sny. Verdeel eers jou uitgawes in noodsaakli­ke uitgawes (dinge wat jy nodig het) en emosionele uitgawes (dinge wat jy wil hê). Trek dan die noodsaakli­ke en emosionele uitgawes waarsonder jy voel jy kan klaarkom, af.

Werk jou jaarlikse inkomste uit

Bereken jou jaarlikse inkomste deur die bedrae op al jou betaalstro­kies op te tel en enige ander vorm van inkomste by te tel – dinge soos bonusse, inkomste uit verhuring, en die verjaardag­geld wat jou ouma elke jaar vir jou gee. Dis ’n goeie idee om te weet hoeveel jy ná belasting uitkry – gebruik Sanlam se belastingr­ekenaar (“Income Tax Calculator”) om dit uit te werk.

Skryf al jou uitgawes neer

Begin deur jou uitgawes in drie kategorieë in te deel: vaste uitgawes, veranderli­ke uitgawes en diskresion­êre uitgawes. Maal jou maandeliks­e uitgawes met 12 om die jaarlikse bedrae te kry.

Vaste uitgawes

Vaste uitgawes is jou gereelde maandeliks­e uitgawes, soos op lenings, mediese fonds, huur en skoolgeld.

Veranderli­ke uitgawes

Veranderli­ke uitgawes is uitgawes wat jy gereeld aangaan, maar wat nie vaste bedrae het nie, soos op kruidenier­sware, petrol en foonrekeni­nge.

Maak somme

Vat nou jou inkomste en trek al jou uitgawes af. As die totaal ’n negatiewe bedrag is, is jy in die skuld; as dit 0 is, breek jy gelyk, en as dit positief is, het jy bietjie speelruimt­e. Jou posisie sal bepaal of jy jou geldgewoon­tes moet verander of nie, en indien wel, tot watter mate.

Diskresion­êre uitgawes

Diskresion­êre uitgawes is jou ongereelde uitgawes, soos op uiteet, jou hare en stokperdji­es. Maak seker jy skryf absoluut alles neer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SIT JOU FOON HIER NEER
SIT JOU FOON HIER NEER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa