Huisgenoot

KYK HOE KOER DIE DUIFIES!

- BRONNE: THE SUN, THE DAILY MAIL, THE MIRROR, US WEEKLY, HELLO!MAGAZINE

DIE pragtige bruid en haar bruidegom staan voor die kansel, gereed om ewige trou aan mekaar te beloof. Maar terwyl hulle plegtig die huweliksbe­lofte aflê, is die meeste gaste se aandag op ’n ander dolverlief­de paartjie in die derde kerkbank van voor af. Die tweetjies wat styf hande vashou, liefdevol vir mekaarar fluister en onderlangs loer.

Selfs die predikant het hulle raakgegesi­en. Toe prins Harry en sy mooi meisie,ie, Meghan Markle, ná die diens ingehaak ak uit die Baptisteke­rk Hopewell in Jamaika stap, kon past. Conrad Thomas homself nie keer nie en het hy laat uitglip: “Jy is volgende aan die beurt, Meneer!”

(Van vorige bladsy)

Harry (32) het dit net met ’n stoute glimlag beantwoord. Die twee gaan dalk nie binnekort afhaak nie, maar koninklike waarnemers beskou Meghan (35) se teenwoordi­gheid op die troue as bevestigin­g dat dinge ernstig raak.

“Dis die eerste keer dat Harry so openlik met haar spog deur haar na ’n vriend se troue te neem,” sê ’n pel. “Sy het al voorheen sy vriende ontmoet, maar dit was anders. Dis ’n belangrike stap.”

Die prins en die sexy Suits-aktrise het hul ontluikend­e romanse probeer stilhou toe hulle in Junie verlede jaar begin uitgaan. Dis waarom hul liefdevoll­e gekoer op die troue van sy pel Tom “Skippy” Inskip met die sagtewareo­ntwikkelaa­r Lara Hughes-Young omtrent die tonge laat klap het.

“Hulle is albei smoorverli­ef en steur hulle nie aan wie dit sien nie,” sê iemand in die binnekring.

Die twee is so te sê onafskeidb­aar sedert hulle verlede jaar begin uitgaan het. Dit was maar moeilik toe hulle mekaar onlangs ’n paar weke lank nie sien nie omdat die Amerikaans­e aktrise terug is na Toronto, Kanada, om voor te berei op die verfilming van die nuwe seisoen van die trefferree­ks waarin sy speel.

Toe Harry dus as plekaanwys­er by sy vriend se troue in Jamaika moet optree, het die drie dae lange partytjie soos die volmaakte verskoning vir ’n romantiese hereniging gelyk. Meghan het ’n dag ná Harry se aankoms op ’n vriend se privaat straler daar aangekom. Haar prins het haar op die lughawe ingewag en die twee het ná ’n teer soen vertrek na die spoggerige Round Hill Hotel and Villas in Montegobaa­i, waar die troue gehou is.

Die eksklusiew­e oord is die plek waar die Amerikaans­e president John F. Kennedy en sy vrou, Jackie, hul wittebrood deurgebrin­g het. Ironies genoeg is dit ook waar Meghan in 2011 met haar eksman, Trevor Engelson (40), getroud is. Hulle het twee jaar daarna geskei.

En nou, vier jaar later, is sy terug op die eiland en aan die begin van ’n gelukkige nuwe hoofstuk in haar lewe. Sy en Harry het net ’n paar dae saam gehad in ’n villa wat R80 000 per nag kos. Die plek het ’n speelkamer, twee swembadden­s en sy eie huishoudst­er. Hulle was vasbeslote om elke oomblik ten volle te geniet.

Kort ná hul aankoms is hulle gewaar waar hulle in die see baljaar. “In ’n stadium het sy in die water op sy knie gesit en hulle het mekaar liefderik omhels. Dit was baie oulik,” sê ’n vriend.

Op sy vriend se groot dag het Harry, deftig uitgevat in ’n vlootblou pak met ’n geel lapelruike­r, gestraal van trots toe hy met sy nuwe meisie spog. Sy het asem- rowend gelyk in ’n geblomde maksirok deur die ontwerper Erdem.

Onder die gaste was Harry se tannie Sarah, die hertogin van York, asook die Jamaikaans­e Olimpiese nael loopkampio­en Usain Bolt.

Maar Harry en Meghan het net mekaar raakgesien. In ’n stadium het sy sy rug gevryf voor sy hom in ’n liefdevoll­e omhelsing nader getrek het.

Met rumskemerk­elkies wat vloei en die onthaal in volle gang, het Harry Meghan probeer beïndruk deur die moonwalk op die Michael Jackson-treffer Billy Jean uit te voer. Maar sy plan het ongelukkig lelik skeefgeloo­p toe hy teen ’n kelnerin stamp wat ’n skinkbord vol drankies dra en hulle albei struikel.

“Hy het na sy asem gesnak, geskok gelyk, sy hande op die kelnerin se skouers gesit en verskoning gevra,” vertel ’n vriend. Maar dit was mak vergeleke met die prins se vorige manewales, soos daardie bloostonee­l in Las Vegas in 2012 toe hy poedelkaal gekiek is nadat hy ’n pot ontklee-poker verloor het. Dit lyk of sy vaste meisie hom nou laat bedaar het. Terwyl die gaste dit nog uitkap, het hy en Meghan reeds om eenuur die oggend vertrek. Die volgende oggend het hy saam met sy vriende op die strand uitgespan in ’n blou branderpla­nkbroek en met ’n bofbalpet op sy kop. Maar toe Meghan haar verskyning maak, het sy gou sy volle aandag gehad waar sy langs hom in ’n bikini lê en aan ’n glas wyn teug.

WAT is volgende vir Harry en Meghan? Verfilming van die sewende seisoen van Suits begin binnekort en sy moet haar rol as Rachel Zane hervat. Talle wonder hoeveel langer sy en die prins met hul langafstan­dromanse sal kan volhou. “Dit sal beslis vir haar moeilik wees om aan Suits te werk en verder aan haar verhouding met Harry te bou,” sê iemand in die binnekring.

Dit sal duidelik ook vir Harry moeilik wees. Al het die prins al met ’n rits mooi vroue uitgegaan, onder andere die Zimbabwies­e skoonheid Chelsy Davy en die Britse aktrise Cressida Bonas, is dit hierdie keer anders. Bronne sê die bywoning van een van sy beste vriende se troue sou Harry waarskynli­k heelwat stof tot nadenke bied.

Hy en Skippy, ’n bestuurkon­sultant, is goeie vriende sedert hulle mekaar as skoolseuns ontmoet het. Maar noudat sy vriend afgehaak het, is Harry een van die min ouens in sy vriendekri­ng wat nog ongetroud is. Wanneer hy sy broer, prins William (34), se verhouding met dié se vrou, Catherine (35), sien – en die geluk wat hul kinders, prins George (3) en prinses Charlotte (22 maande), hulle besorg – wil hy sekerlik dieselfde hê.

“Hy en Meghan wil albei kinders hê en het al gesels oor hoe hulle as ouers sal wees. Dis die ware Jakob vir hulle albei,” sê ’n vriend. “Hulle praat openlik oor hul toekoms en sien ’n lewe saam.”

Sedert Desember was Meghan glo pal by Nottingham Cottage, Harry se tweeslaapk­amerwoonpl­ek langs die Kensington-paleis. Dit sal waarskynli­k ’n groot skok vir sy gestel wees as daar nou sowat 5 600 km tussen hom en sy meisie lê.

Sy vriende meen die afstand spoor hom dalk aan om gouer die jawoord te vra as wat die geval sou wees as sy permanent in Londen gewoon het.

“Dis natuurlik dat Harry Meg aan sy arm sal wil hê,” sê ’n vriend. “Dis net ’n kwessie van tyd.”

 ??  ??
 ??  ?? BO: Die rumskemrum­skemerkelk­ies het gevloei by die oonthaal op die strand, wawat in ’n reusemakie­tie ontaard het. LINKS:LINKS Ná die seremoniem­o het Harry vanva sy formele baadjieb en das ontslaeon geraak. Me Meghan het gem maklik elegant g gelyk in ’n gebl blomde maksirok deur die ontwerper Erdem.
BO: Die rumskemrum­skemerkelk­ies het gevloei by die oonthaal op die strand, wawat in ’n reusemakie­tie ontaard het. LINKS:LINKS Ná die seremoniem­o het Harry vanva sy formele baadjieb en das ontslaeon geraak. Me Meghan het gem maklik elegant g gelyk in ’n gebl blomde maksirok deur die ontwerper Erdem.
 ??  ?? BO: Die paartjie het die troue van Lara HughesYoun­g en Tom Inskip bygewoon. Die prins, wat ’n groot vriend van Tom is, was een van die 14 plekaanwys­ers by die seremonie. ONDER en LINKS ONDER: Meghan, ’n Amerikaans­e aktrise, het goed by Harry se vriende ingepas.
BO: Die paartjie het die troue van Lara HughesYoun­g en Tom Inskip bygewoon. Die prins, wat ’n groot vriend van Tom is, was een van die 14 plekaanwys­ers by die seremonie. ONDER en LINKS ONDER: Meghan, ’n Amerikaans­e aktrise, het goed by Harry se vriende ingepas.
 ??  ?? BO en REGS: Harry is duidelik dolverlief. Hy kon tydens die feestelikh­ede skaars sy oë van die pragtige vrou aan sy sy afhou.
BO en REGS: Harry is duidelik dolverlief. Hy kon tydens die feestelikh­ede skaars sy oë van die pragtige vrou aan sy sy afhou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS en BO: Die twee het in ’n luukse sesslaapka­mervilla in die Round Hill Hotel and Villas in Montegobaa­i gebly.
LINKS en BO: Die twee het in ’n luukse sesslaapka­mervilla in die Round Hill Hotel and Villas in Montegobaa­i gebly.
 ??  ?? ONDER: Die volgende dag het talle mense babbelas gehad, maar Harry was opgeruimd.
ONDER: Die volgende dag het talle mense babbelas gehad, maar Harry was opgeruimd.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS en BO: Die prins het die strand in ’n branderpla­nkbroek en bofbalpet aangedurf terwyl Meghan in die villa was. REGS: Hy het op een van die oord se gholfkarre­tjies ’n saamrygele­entheid gekry.
LINKS en BO: Die prins het die strand in ’n branderpla­nkbroek en bofbalpet aangedurf terwyl Meghan in die villa was. REGS: Hy het op een van die oord se gholfkarre­tjies ’n saamrygele­entheid gekry.
 ??  ?? ’n Ontspanne prins het saam met ’n groep vriende by ’n strandkroe­g uitgehang.
’n Ontspanne prins het saam met ’n groep vriende by ’n strandkroe­g uitgehang.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa