Huisgenoot

VRA VIR HANNON

Die gewilde voorkomsko­nsultant gee topwenke vir probleemha­re

-

HARE wat maklik kroes en in alle windrigtin­gs wegstaan, is nie net ’n simptoom van krulhare nie. Dit beroof jou van ’n sygladde glans en ’n sagte gevoel as jy jou vingers daardeur trek. Om ’n gekroes te beheer, kan jy gerus hierdie wenke beproef om die meeste van jou haardos te maak.

GENOEG VOG

’n Kroeserigh­eid is altyd die gevolg van hare wat met minder vog gevul is as wat in die atmosfeer teenwoordi­g is. Hare styg dan letterlik weg van die res om vog uit die lug te absorbeer. Dus is die kroesprobl­eem groter met droër haarsoorte en in ’n vogtige atmosfeer soos by die kus.

Dit sal help om kroeshare met baie vog te voed. Gebruik sjampoe waarop iets soos Extreme Anti Frizz Shampoo op die bottel staan. Dit is ryk aan vog. Gebruik ook een keer per week ’n vogbehande­ling wat dieper binnedring – op die bottel sal iets soos Miracle of Deep Hair Treatment staan.

SEËL DIE KROES UIT

Sodra kroeserige of krulhare glad gestileer is, sal dit vinnig vanself weer begin kroes sodra vog in die atmosfeer is. Gebruik altyd opknapper ná jou sjampoe sodat die skubbetjie­s wat elke haar beskerm die vog inseël. Dit help vogverdamp­ing keer wanneer jy jou hare droogblaas of met ’n warm tang glad maak. Die kragtigste produk wat kroes verhoed, is ’n silikoonse­rum wat jy ná die tyd op droë hare aanwend. Dit seël die vog in die haarskag en verhoed dat jou hare vog vanuit die atmosfeer kan absorbeer. Gebruik so ’n silikoonse­rum maar spaarsaam, want as jy te veel gebruik, kan jou hare effens olierig lyk.

PASOP VIR DIREKTE HITTE

Hoewel ’n baie warm haardroër en ’n termiese strykyster noodsaak- lik is wanneer jy jou kapsel wil glad stileer, sal jou hare mettertyd ál droër word en die kroes sal boonop vererger.

Probeer soms om jou hare natuurlik te laat droog word. Jy sal ook agterkom jou hare kroes minder as jy ’n koue haardroër gebruik, al neem dit dan langer om droog te word.

As supergladd­e, kroesvrye hare jou droom is en jy daarom uiterse hitte moet gebruik, spuit net altyd vooraf ’n hittebeske­rmer aan om die ergste uitdroging te verhoed.

Vra gerus jou haarkapper vir so ’n produk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vog en nogmaals vog is kroeserige hare se beste vriend.
Vog en nogmaals vog is kroeserige hare se beste vriend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa