Huisgenoot

OP JOU MOOISTE

Lang of laat aande en die oorgang na koeler weer kan jou vel laat deurloop – ons gee raad

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA

DROOGHEID

Terwyl jy slaap – dit is nou as jy genoeg slaap inkry – raak jou vel ontslae van dooie selle en herstel die dag se skade. As jy te min rus, kan dit tot ontwaterin­g lei. Wend ’n masker aan nadat jy die oggend jou gesig gewas het. Dit sal die vel help om van gifstowwe ontslae te raak en dit ook met die nodige voedingsto­wwe aanvul vir ’n stralender gelaat.

DONKER KRINGE

As jy wakker bly om te werk of studeer, moet jou oë langer as gewoonlik fokus. Dit lei tot ’n toename in die bloedtoevo­er na die oë. Die skielike hoër bloedtoevo­er, gevolg deur ’n kort middagslap­ie, laat bloedvate uitsit en die resultaat is donker kringe.

’n Koel kompres werk goed om die geswelde bloedvate te verlig en die ooggebied te streel. Komkommers­kywe word algemeen hiervoor aangewend, maar het jy geweet jy kan ook aartappels­kywe gebruik om die voorkoms van donker kringe te verminder?

Maskara doen ook meer skadebehee­r as wat ’n mens dink. Al is jy nie lus om grimering aan die res van jou gesig aan te wend nie, sal ’n paar lae maskara die vonkel in jou oë terugsit.

PIGMENTASI­E

’n Gebrek aan slaap veroorsaak ’n wanbalans in die vel se pH-vlakke, wat dit ’n onegalige kleur gee. ’n Skropmidde­l en vogroom behoort die donker kolle te help verlig. As die probleem nie verdwyn nie, gebruik ’n onderlaag wat die velkleur egalig laat lyk.

JOU VEL EN DIE WEER

Al ooit met puisies gesukkel wanneer die seisoen verander? Dit kan gebeur weens ’n wanbalans tussen lugvog en die produkte wat jy gebruik. Meer bevogtigen­de produkte is die antwoord, al het jy ’n olierige vel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa