Huisgenoot

CHILLI CON CARNE MET GEBAKTE PATAT OF AARTAPPEL

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15-20 min. Gaarmaak: 30 min.

4 groot patats of

aartappels 500 ml (2 k) hoenderaft­reksel of groenrooib­ostee, gekook VULSEL 400 g-blik rooinierbo­ontjies, gedreineer en gespoel 65 g tamatiepas­ta 3 ryp middelslag­tamaties, ontpit en fyn gekap 1 klein ui ¼ elk rooi, groen en geel soetrissie, in klein blokkies gesny 5 ml (1 t) fyngedrukt­e

vars knoffel 5 ml (1 t) fyn komyn 2 of 3 vars groen of rooi brandrissi­es, ontpit en gekap 5 ml (1 t) gedroogde

origanum 5 ml (1 t) suiker of na smaak olyfolie sout AFRONDING 125 ml (½ k) gerasper

de mozzarella 30-45 ml (2-3 e) elk vars koljanderb­lare en pietersiel­ie, gekap 5 ml (1 t) suurlemoen

sap en -skil 60 ml (4 e) natuurlike

volroomjog­urt

1 Skrop die patats of aartappels goed skoon en kook ongeveer 20 min. in hoenderaft­reksel of groentee, maar nie tot heeltemal sag nie. Dreineer en laat effens afkoel.

2 Vulsel Plaas al die vulselbest­anddele (behalwe die olie en sout) in ’n groot pot en verhit tot kook- punt. Sit die deksel op en kook ongeveer 30 min. tot al die groente sag is.

3 Voorverhit die oond tot 200 ° C.

4 Sny ’n kruisie in die patats of aartappels en vryf met ’n bietjie olyfolie en sout in. Oondbak ongeveer 30 min. tot die skil effens bros en die vlees heeltemal sag is.

5 Druk die gebakte patat of aartappel effens oop. Skep van die vulselmeng­sel in.

6 Afronding Sprinkel die gerasperde kaas en koljander of pietersiel­ie bo-oor.

7 Meng die suurlemoen met die jogurt en sit voor saam met die gebakte patat of aartappel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa