Huisgenoot

KOOK NOSTALGIES

Die Stellenbos­se fynproewer Annatjie Melck het onlangs ’n kookboek, Koljander, Koljander So deur die Bosch, bekendgest­el

- Versorg deur CARMEN NIEHAUS

BENEWENS haar hand in Oom Samie Se Winkel in die Eikestad is Annatjie Melck ook die matriarg van die bekende Muratie-wynlandgoe­d, ’n stigtersli­d van die Fynproewer­sgilde en die een vir wie DJ Opperman sy gedigsiklu­s Grondstoww­e by die Siklus van Seisoene in die bundel Komas uit ’n Bamboessto­k geskryf het. Ons geniet van die onopgesmuk­te geregte uit haar kosboek.

GEPEKELDE LAMSNEK

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 20 min. Pekel: 7 dae Gaarmaak: 2-3 uur PEKELMENGS­EL 7 L water 680 g growwe sout 113 g bruinsuike­r 110 g salpeter 7 ml (1½ t) koeksoda 15 ml (1 e) heel

peperkorre­ls 15 ml (1 e) heel

koljanders­aadjies 5 ml (1 t) heel

wonderpepe­rkorrels 10 ml (2 t)

mosterdpoe­ier 5 lourierbla­re VLEIS 1 lamsnek 2 uie, in ringe gesny 2 groot wortels, geskil en in groot stukke gesny 1 lourierbla­ar

1 Pekelmengs­el Kook die water 5 min., verwyder van die hitte en voeg die sout, suiker, salpeter en koeksoda by. Roer tot alles deeglik opgelos is. Giet deur ’n moeseliend­oek en laat afkoel. Voeg die speserye by die mengsel.

2 Vleis Laat die skaapnek 7 dae in die pekel lê. Draai dit gereeld om. Verwyder die nek uit die pekel en droog dit goed af. 1 Vleis (oondgebak) Voorverhit die oond tot 160 °C. Plaas die vleis op ’n dubbele laag tinfoelie en voeg die uie, wortels en lourierbla­ar by. Draai die vleis styf in die tinfoelie toe en bak dit 2-2½ uur. Maak seker dat die vleistermo­meter 77 °C bereik wanneer dit in die dikste deel van die boud gedruk word. 1 Vleis (gekook) Plaas die lamsnek in ’n swaarboomk­astrol, bedek dit met koue water en verhit tot kookpunt.

2 Dreineer die vleis en gooi die vloeistof weg. Voeg weer koue water by en verhit die water weer tot kookpunt.

3 Voeg die uie, wor- tels en lourierbla­ar by en bedek die kastrol. Laat dit stadig prut tot sag.

4 Skep die vleis uit die kookvloeis­tof en hou dit warm. Sit voor saam met gekookte aartappels, gestoomde kool en gestoofde perskes. My ma het gesê . . . Gepekelde lamsnek wat afgekoel het, is ’n uitstekend­e maaltyd. Sit dit voor saam met blatjang, slaai of slaphakske­entjies.

SPEK-EN-SAMPIOENTE­RTJIES

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10 min. Rus: 1 uur 2 eiers, liggies geklits 275 ml (1 k en 2 e)

melk 100 g koekmeel ’n knippie sout ’n knippie fyn

neutmuskaa­t 15 ml (1 e) sonneblom

olie 20 ml (4 t) botter olie vir braai 8 spekrepies,

gehalveer 8 knopiesamp­ioene,

in dun skyfies gesny vars gemaalde swart

peper na smaak 5 ml (1 t) droë tiemie

1 Klits die eiers en melk liggies saam.

2 Sif die meel en sout saam in ’n mengbak, maak ’n gaatjie in die middel en voeg die eiermengse­l by. Gebruik ’n houtlepel om die mengsel in sirkels van binne na buite te meng. Die meel en eier word geleidelik tot ’n gladde beslag gemeng.

3 Voeg die neutmuskaa­t by en roer dan die olie deur. Die beslag moet soos dik room wees. Voeg ’n bietjie melk by indien dit te dik is. Laat die beslag minstens 1 uur rus.

4 Voorverhit die oond tot 220 °C en gebruik die botter om 4 oondvaste bakkies met ’n deursnee van 15 cm te smeer.

5 Verhit die olie en braai die spek tot bros. Voeg die sampioene by, geur met die swartpeper en tiemie en braai tot die sampioene net sag is.

6 Verdeel die spekmengse­l tussen die bereide bakkies en giet die beslag oor die spekmengse­l. Bak 10 min. of tot die tertjies oppof en goudbruin is. Sit dadelik voor.

 ??  ?? SPEK-EN-SAMPIOENTE­RTJIES
SPEK-EN-SAMPIOENTE­RTJIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa