Huisgenoot

KOUE VROU DRYF HOM TOT PORNO

-

My vrou kon net sowel die brief oor die pornografi­everslaafd­e man (16 Februarie) geskryf het. Ná amper 20 jaar se probeersla­e het ek vyf jaar gelede moed opgegee. Ek kon nie glo daar is getroude mans wat meer as een keer per maand seks het nie. Terwyl hulle en hul maat mekaar geniet, moes ek een keer per maand ’n kondoom gebruik, want sy was bang die Pil maak haar vet.

Vandag is ek spyt dat ek te ordentlik was om ’n affair aan te knoop. Nou kyk ek maar pornografi­e om soos ’n man te voel. Ek het alle pogings laat vaar om ons huwelik te laat werk. Pornografi­e is makliker en meer bevredigen­d. PVW op WN Kan ’n koue lewensmaat iemand tot pornografi­e dryf? Beslis, maar seksuele bevredigin­g is dikwels nie al rede waarom dit ’n plaasverva­nger vir intimiteit word nie.

Vele mans soek aanvaardin­g en ’n opgeruimde maat met wie hulle ’n vervullend­e intieme verhouding kan hê. As dit ontbreek, laat verwerping hulle maklik na pornografi­e ontvlug. Wanneer seks weerhou word, voel dit asof die huweliksbe­loftes nie nagekom word nie. Soms gebruik bitter huweliksma­ats pornografi­e ook om verwerping te wreek. Dit word dan opsigtelik gedoen sodat die maat daarvan weet.

Pornografi­e kan dalk seksuele angs en spanning verlig, maar ook bitterheid en gevoelens van wraak vererger en maats verder uitmekaard­ryf. Dan is die kompulsiew­e gebruik daarvan nog skadeliker omdat dit ook ’n uitwerking op jou emosionele lewe het.

’n Koue huweliksma­at kan dalk veroorsaak dat ’n man sy toevlug tot pornografi­e neem, maar dis geen regverdigi­ng daarvoor nie. As jy teenoor jouself verantwoor­delik wil wees en jou emosionele honger en nie net jou seksuele behoeftes wil stil nie, los jou vrieskas van ’n huweliksma­at. Ná 25 jaar is die kans skraal dat dinge tussen julle gaan verander; trouens, die temperatuu­r gaan dalk net verder daal.

Los daarom maar die skelmpie op die skermpie. Jy is dit aan jouself verskuldig om ’n nuwe pad van seksuele vervulling te stap saam met iemand wat ook jou emosionele lewe kan aanvul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa