Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS /

JOHN WICK: CHAPTER 2

-

Aksiedrama. Met Keanu Reeves en Ian McShane. Regisseur: Chad Stahelski. 16G. Begin op 17 Maart.

Waaroor gaan dit?

Vyf dae nadat John Wick honderde mense afgemaai het omdat hulle sy hond gesteel het, begaan iemand die fout om sy motor te vat. ’n Losprys word op sy kop geplaas en hy vermoor nog mense.

Wie sal hiervan hou?

Net lesers wie se tone omgekrul het van lekkerkry gedurende die eerste bloedbad. Daar is blykbaar ’n John Wick-bewonderaa­rsklub met groupies wat juigend en jubelend reageer elke keer as iemand doodgeskie­t word. Sowat van ’n sinlose doodskiete­ry het ’n mens laas in die eerste fliek gesien. Hoewel dit natuurlik onkoel is om nie hiervan te hou nie, raak die reeks nou onverantwo­ordelik en verglans, en hemel gewere en nuttelose moorde skokkend op. Almal in New York, van straatmusi­kante tot bedelaars tot doodgewone voetganger­s, is skielik sluipskutt­ers. Wick bring elkeen met minstens drie koeëls om die lewe.

Twaalf koeëls word teruggevuu­r deur almal wat hy doodskiet, maar hy duik soos ’n wafferse rugbyspele­r, koes, spring so effens deur die lug en buk laag, maar doen slegs ’n enkele wond en fyn skra- pies bokant sy wenkbrou op.

Sodra jy besef dat dit eintlik gevaarlik eksplisiet­e strokiesge­weld is waarin die held net kosmetiese wonde sal opdoen, gee jy nie meer ’n flenter om nie. Hoekom dan twee sterre en nie een nie? Want die fotografie is goed en die choreograf­ie doeltreffe­nd. Moord en doodslag het lank laas so onverantwo­ordelik “mooi” gelyk. Die vervaardig­ers het al die mooiste plekke in Rome (ondergrond­se katakombes) en New York (moltreinst­asies) gekies om te verfilm, en dié kleurryke agtergrond­e maak die fliek ’n siek lus vir die oog. Net jammer van al die honderde mense wat afgemaai word. Beslis nie die soort rolprent wat in Amerika tydens toesprake oor wapenbehee­r vertoon sal word nie.

Kyk nou of wag vir DVD?

Die silwerdoek en ontploffen­de klanke verglans die moorde nog verder.

SOORTGELYK­E FLIEK

John Wick.

SPRINGMIEL­IEFEITE

Die regisseur, Chad Stahelski, was tevore ’n rolprentwa­aghals.

Dis die tweede aflewering in ’n trilogie. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa