Huisgenoot

MENSE WAT MISVERSTAA­N

Marita van der Vyver se nuutste roman speel af in die Stad van n Liefde – en weerlooshe­id

- Deur ELNA A VAN DER MERWE

WILLEM PRINS sou baie graag die “prins” van die Afrikaanse letterkund­e wou wees en in sy jonger dae het dit nie na ’n onmoontlik­e versugting gelyk nie. Hy was ’n aantreklik­e figuur, ook letterlik: “Sy hare was lank en swart soos Che Guevara s’n ( hy het selfs ’n swart baret skuins op sy kop gedra soos Che) en ’n rooi-enwit Palestynse serp was om sy nek gegedrapee­r. Hy het hom verbeel hy lyk soos ’n digterlike vryheidsve­gter, iets tussen Che en Yasser en Breyten.”

Toe die wiele in sy middeljare begin afval, wend hy hom onder ’ n skuilnaam tot ligte pornografi­e en hygromans. Willem se skepper, Marita van der Vyver, ontken dat sy self ooit onder ’ n skuilnaam “pers prosa” gepleeg het.

“Die versoeking was al groot. Ek dink dikwels hoe lekker dit sou wees om iets soos 50 Shades of Grey uit te ryg. Uit te hyg.” Sy lag vir haar onbeplande woordspel. “Dan maak jy ’n klomp geld daaruit. Maar ek kan nie so prullerig skryf nie.”

Marita, wat op die Franse platteland woon, is in Suid-Afrika vir die bekend- stellingg van Misverstan­d, haar 13de volwasse olwasse roman. Vir die eerste keer het sy ’n manlike hoofkarakt­er. rakter.

“Ek hou nie daarvan om in ’n boksie gedruk te word. Nee, dit was tyd d vir iets anders. Toe ek eers die e man se stem begin hoor, was dit t nie naastenby so moeilik as wat ek gedink het nie.”

TOE Willem in sy 50’s nog nie internasio­nale roem behaal nie, oorval die vrees hom dat hy eintlik net ’n middelmati­ge skrywerr is. Hy droom van Regte Romans. Sy derde eksvrou, Zoe, ’n suksesvoll­e e sepiester, droom van Ernstige Teater.eater.

Op di eie vraag of Afrikaanse mense snobisties sis oor die kunste, nste, antwoord ord Marita vurig: “Ek het gedink dink daar iss ’n intellektu­elektuele snob is m s me, e,

maar deesdaedee­sd dink ek amper die teen teenoorges­telde. Ek dink ons is nie snobisties genoeg nie. EkE is in wanhoop oor die vervla vervlakkin­g van kultuur oor die algemeen.a Oor die snert wat mense luister, kyk en lees. Wêr Wêreldwyd. Kyk na ( pres. Donald) Trump.”

DAAR is baie misverstan­de in Misverstan­d. “Die snaaksste een kan ek nie oorvertel nie, want dit gee te veel weg. Dit is tussen Willem en Jackie van der Merwe van Pniel.

“Op ’ n ernstige vlak: Die terreuraan­val in November 2015 in Parys is vir my ’n voorbeeld van ’n uiterse mis- verstand tussen mense; dat mense mekaar so kan misverstaa­n dat hulle mekaar begin opblaas . . .”

Willem vlieg vir ’n naweek Parys toe, want een van sy pornoboeke is in Frans vertaal en word daar bekendgest­el. Marita het klaar besluit op watter presiese datum dit sou wees toe die aanval op die Bataclan-teater en elders gebeur. Eers wou sy poëtiese vryheid gebruik en maak of dit nie gebeur het nie, maar eindelik het sy dit ingeskryf en is dit nou ’n integrale deel van die storie.

Een van die ander groot temas is Willem se sinisme en teleurstel­ling in homself. Voel sy ook so? “Ek is nie aldag ’n vrolike vinkie nie, maar ek het in my persoonlik­e lewe baie meer geluk as hy en ek dink dit help baie.”

Waar hulle ook verskil, is dat Willem dink dis harde werk om oor seks te skryf, terwyl Marita die onderwerp bedrewe takel.

“Nee, ek vind dit glád nie maklik nie! Dis die heel moeilikste ding om te skryf.”

Sy hou duim vas dat sy nie die Literary Review se Bad Sex in Fictionpry­s wen nie. En dat haar lesers Misverstan­d sal geniet.

“’n Mens bly maar onseker,” sê die bekroonde skrywer.

 ??  ?? HOOFFOTO: Marita van der Vyver se 13de volwasse roman, Misverstan­d, word nou bekendgest­el. REGS: Die gesin het pas saam in Suid-Afrika vakansie gehou. Op Evita se Perron op Darling eet Marita saam met haar man, Alain Claisse, haar dogter, Mia (17), en seun, Daniel (25). Mia is besig met haar laaste skooljaar en Daniel het pas ’n graad in argitektuu­r behaal. NAASREGS: Mia in die Kompanjies­tuin.
HOOFFOTO: Marita van der Vyver se 13de volwasse roman, Misverstan­d, word nou bekendgest­el. REGS: Die gesin het pas saam in Suid-Afrika vakansie gehou. Op Evita se Perron op Darling eet Marita saam met haar man, Alain Claisse, haar dogter, Mia (17), en seun, Daniel (25). Mia is besig met haar laaste skooljaar en Daniel het pas ’n graad in argitektuu­r behaal. NAASREGS: Mia in die Kompanjies­tuin.
 ??  ?? REGS: Op St. Helenabaai saam met Maritata se broer, Wiaan. ONDER:ONDE Vir die heel eerste keer by ’n boekbekboe­kbekendste­lling van hul ma. Van links is DanieDanie­l, Mia, Marita en Hugo, Alain se jongste seun.se
REGS: Op St. Helenabaai saam met Maritata se broer, Wiaan. ONDER:ONDE Vir die heel eerste keer by ’n boekbekboe­kbekendste­lling van hul ma. Van links is DanieDanie­l, Mia, Marita en Hugo, Alain se jongste seun.se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa