Huisgenoot

HOE NOU MET DAAI GLEUFIE?

Al het Vogue onlangs gesê borsgleufi­es se dae is gegetel, het die Oscar-uitrusting­s ’n ander storie vevertel. Wat sê kenners?

- Deur MIEKE VLOK EKSTRA BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, HUFFINGTON­POST.CO.UK, VOGUE.COM, GOODHOUSEK­EEPING.COM

OM JOU borsgleufi­e te wys of nie – dit is die groot vraag waarmee menige vrou deesdae worstel . Die stylghoero­es het immers verlede jaar gesê dit is ou nuus om met jou bors borsrondin­gs te koop te loop. M Maar hul woorde was skaars koud, toe pron pronk al wat ’n Hollywood-ster is op die onla onlangse Oscar-prysaand met ’n supersexy, lae hals. Hoe moet ’n vrou dan nou weet wat om te doen?

Die modewêreld is so wispelturi­g soos die weer en die ekonomie; dit weet ons alte goed. ’n Gier wat nou hoogmode is, is dalk môre heeltemal vergete; daarom het niemand gefrons toe die modetydskr­if Vogue verlede jaar aankondig die dae van borste wys is nou getel nie.

“Die borsgleuf – daardie manjifieke rondings wat so saamgepers word om seksuele bemagtigin­g uit te beeld, te verlei of sommer net te spog – is verby, of neem minstens ’n welverdien­de blaaskans,” het die invloedryk­e tydskrif in sy November-uitgawe gesê.

Maar kyk ’n mens na die modes by vanjaar se Oscars, lyk dit of Vogue se kenners verkeerd was. Dit was net boesems waar jy kyk. Van die diep V-halslyne soos dié waarmee Amy Adams en Jennifer Aniston gespog het en stywe, laaggesnyd­e rokke soos die aktrise Taraji P. Henson se blou nommer tot die sangeres en aktrise Janelle Monáe se deursigtig­e rok, dit blyk borsrondin­gs bly maar een van die begeerliks­te bykomstigh­ede. Maar wat sê kenners?

DIE MODEONTWER­PER

“Ek dink nie borsgleuwe sal ooit uit die mode wees nie,” sê die Johannesbu­rgse ontwerper Anél Botha, wie se skeppings deur onder andere Karlien van Jaarsveld, Andriëtte en Elma Postma gedra word. “Die goue reël is dat jy een liggaamsde­elel van voor en een van agter beklemtoon,”” verduideli­k sy.

As jy borste wil wys, moet jy eerder niks anders van voor, soos jou maag of bene, wys nie. “Kies eerder ’n lae rug.”

Anél meen dit is taboe om terselfder­tyd jou borste en naeltjie te wys, selfs al is jou naeltjie net-net sigbaar deur wasige materiaal soos maasstof.

Vermy ook die borsgleuf bedags. “Hou dit vir aanddrag. Dit lyk nie profession­eel nie, veral in die werkplek.”

Op jou troudag hoef jy nie jou mooi rondings weg te steek nie, maar ’n bruid se borste moet ook nie so opvallend wees dat ’n mens die res van die rok miskyk nie, voeg Anél by.

“Vroue met groter borste moet liefs diep V-halslyne vermy, want dit bied min steun,” verduideli­k sy.

As jy groter borste wil vier sonder om te veel aandag te trek, kan jy gerus materiaal soos kant kies. “Jy kan daarmee jou borsmaat wys, maar ook ’n deel van die bors bedek,” is Anél se raad.

DIE STILIS

“Ek was geskok toe ek verlede jaar hoor Vogue maak dié stelling,” sê die Kaapstadse stilis Werner Wessels, wat sterre soos Simoné Nortmann, Rolene Strauss

en Melinda Bam aantrek.

Hy sê ons kan nog heelwat modes verwag wat borste beklemtoon. Veral aanddrag. “Borste word oor die algemeen deur die dag bedek, maar by formele uitrusting­s word graag daarmee gespog,” sê hy.

Die gewildheid van volronde modelle soos Ashley Graham (29) dra daartoe by dat vroue hul kurwes vier.

“Die deursneevr­ou is nie plankdun nie en het kurwes. Baie vroue se borste is te groot om werklik weg te steek. Die geheim is om vleiende, smaakvolle snitte te kies. As jy ongemaklik is, is die kans goed die mense rondom jou is ook.”

Vermy dus items wat jy pal moet optrek en regskuif of waarin jy nie selfversek­erd voel nie. “En as jy dit met gemak in die slaapkamer kan dra, is dit nie geskik vir tussen mense nie,” voeg hy by.

Tog hoef jy nie jou borsgleuf te vertoon nie. “Beklemtoon die liggaamsde­el waarop jy trots is en mee wil spog, hetsy jou arms, bene of borste.”

DIE MODEREDAKT­EUR

Dit is eerder die manier waarop borste vertoon word wat uit die mode is as borste self, sê Wagheeba January, Huisgenoot se moderedakt­eur.

“Stywe, nousluiten­de klere saam met ’n opstootbra wat die borste soos twee koeëlronde kalbasse laat lyk, is minder gewild,” sê sy.

Tog bly dit mode om jou borste te vertoon. “Die rokke by onlangse geleenthed­e soos die Oscars en Grammys is bewys hiervan,” sê sy.

In die buiteland waag mense meer wat hul rondings betref, veral deur die dag, sê sy. “Maar plaaslike modes is meer konserwati­ef. Dit is dus beter om nie bedags en by die werk te veel te wys nie.”

Waar vroue wat minder goed bedeeld is voorheen klere vermy het wat hul halslyn vertoon, is daar deesdae heelwat modes vir kleiner borste, sê sy.

“Speelpakki­es is byvoorbeel­d hoogmode en lyk in die algemeen beter aan vroue met kleiner borste.”

Tot in jou 40’s kan jy met gemak jou rondings vertoon, sê sy, maar ná 50 moet jy versigtige­r wees.

“Ouer vroue kan beslis hul kurwes vier, maar moet in ag neem swaartekra­g is nie meer aan hul kant nie. Kies ’n bra en klere wat genoeg steun bied.”

Sy sê vroue soos die aktrise Helen Mirren (71) dra steeds ’n lae hals, maar bedek dan die res van hul lyf en dra rokke wat volop steun bied.

DIE VOORKOMSKO­NSULTANT

Borste is soos denimbroek­e; dit sal altyd in die mode bly, sê Carissa Bosman, ’n voorkomsko­nsultant van Image Avenue in Kaapstad. Dit pla haar dat Vogue sê borsgleuwe is uit die mode. “Wat van groter vroue of iemand wat groot borste het? Jy kan nie vir mense sê ’n hele liggaamsoo­rt is nou ouderwets nie.”

Carissa sê talle ouer vroue lyk deesdae so goed, jy kan ook nie meer sê vroue behoort ná ’n sekere ouderdom nie hul borste te vertoon nie.

Sy stem saam gewaagde uitrusting­s moet vir gepaste geleenthed­e – verkieslik saans – gehou word en sê dit is ’n wanopvatti­ng dat groot borste bedek moet word. “As jy groot borste toemaak, span die materiaal en laat dit groter lyk. Dis onvleiend. Kies ’n oop neklyn.”

Jou voorkoms moet by jou persoonlik­heid pas. As jy selfvertro­ue het en gemaklik is daarmee, kan jy beslis met jou borsgleuf spog. “Maar as jy die soort is wat verkies om meer bedek te wees, moet jy nie jou borste wys net omdat dit mode is nie. Selfvertro­ue is belangrik by ’n gewaagde voorkoms.”

 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Die tydskrif Vogue het verlede jaar verklaar borsgleuwe is ou nuus, maar bekendes soos Amy Adams, Janelle Monáe, Taraji P. Henson en Jennifer Aniston het by die onlangse Oscars daarmee gepronk.
VAN HEEL LINKS: Die tydskrif Vogue het verlede jaar verklaar borsgleuwe is ou nuus, maar bekendes soos Amy Adams, Janelle Monáe, Taraji P. Henson en Jennifer Aniston het by die onlangse Oscars daarmee gepronk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa