KLEUR K WAT SAAMSMELT
D IE natuur wemel van sulke voorbeelde. Diere steek hulself weg teen ’n agtergrond van dieselfde kleur. Dié wat in ’n woud bly, soos bokke, sal byvoorbee beeld dikwels bruinerig wees sodat hulle teen die stamme van bome wegsmelt. Ysbere en ander diere in die poolstreke is wit sodat ’n mens hulle moeilik teen die sneeu kan uitmaak. As jy al in ’n wildtuin was, sal jy weet dis moeilik om ’n leeu te sien wat in lang gras stilstaan. Dis so omdat sy natuurlike kleur hom uitstekend teen die omge- wing kamoefleer. Seediere soos haaie en dolfyne het weer ’n grysblou kleur; dit help dat hulle nie onder die water uitstaan nie. Die meeste spesies het ’n kleur wat dit vir hulle makliker maak om met hul omgewing saam te smelt. Sommige kan egter hul kleur verander om by hul omgewing te pas as dié ook verander. Party diere het byvoorbeeld verskillende kleure pels of vere in die winter en somer. ’n Wouddier wil dalk bruin wees in die somer, maar as dit in dié gebied sneeu, is hul pels in die winter ligter. Sulke spesies, soos die Amerikaanse haas ( Lepus americanus), se pels kry nuwe hare, en voëls soos sekere fisante in sneeustreke kry nuwe vere wanneer die seisoen verander. Baie reptiele, amfibieë en v visse verander die kleur van h hul vel deur spesifieke selle daarin. Die diere verander hul kleur danksy weerkaatsing, die absorbering van lig of die manipulering van chemiese pigmente. Sekere verkleurmannetjies kan hul kleur ook so verander om by die omgew wing aan te pas. Party inkvisse en seekatte kan die tekstuur va van hul vel manipuleer om so soos hul omgewing te lyk.