Huisgenoot

SO ONTHOU BEKENDES HUL GROOT DRIE-NUL

-

‘Geniet jou lewe, wees minder bekommerd en lag baie’

Die een oomblik ry jy nog die opwindende, sorgelose tuimeltrei­n van jou 20’s, sonder enige sorge oor die dag van môre. En dan, op ’n dag, voel jy eensklaps die juk wat op jou skouers rus: loopbaan, gesin, finansiële bekommerni­sse. Dis altans hoe sommige voel oor die aanbreek van hul 30’s. Ons het ’n klompie bekendes oor hul 30-jaar-mylpaal uitgevra. “Ek het dit eers as die grootste ramp van my lewe beskou,” lag die blonde Zelda (46), wat 19 jaar lank oudpres. Nelson Mandela se persoonlik­e assistent was. “Madiba het my geterg; hy was toe al in sy laat 80’s. Elke keer dat hy onthou het my 30ste verjaardag kom nader, het hy gevra: ‘Hoe oud word jy nou weer?’

Ek wou amper in trane uitbars wanneer ek antwoord. Dan het hy sommer so uit sy maag gelag van lekkerkry.

“Om net deur die dag te kom was ’n uitdaging,” vertel sy van daardie oorgangsty­d in haar lewe. “Dit was toe ek die meeste saam met Madiba gereis het en die werkdruk, spanning en ons program soms onuithoudb­aar was. Ek was 24 uur per dag, sewe dae per week in survival mode.”

Watter foute het sy gemaak? “Ek het nie baie tyd daar- aan afgestaan om dinge te deurdink nie. Ek was impulsief. Soms het ek nie regtig die oomblik ingeneem nie.”

Tog sou sy baie goed dieselfde doen. “Ek kon ’n wonderlike jongmensle­we gehad het, maar ek is bly ek het nie meer aandag aan my sosiale lewe bestee as aan Madiba nie. Die tye saam met hom – terwyl baie ander mense van my ouderdom partytjie gehou, getrou of kinders gehad het – is van onskatbare waarde.”

Wees kalm en geduldig, sal sy vir haar 30-jarige self sê. “Tyd is die wonderliks­te leermeeste­r.”

Balans is belangrik. “Moenie oorhaastig besluite neem nie. Maak seker jy belê in alles. Dis soos om met jou rykdom seker te maak jou beleggings is versprei. Doen dieselfde met jou as mens.” “Ek is 71 jaar oud, maar dis bloot ’n chronologi­ese gegewe en net van akademiese belang,” sê die geliefde nuusleser en aanbieder van kykNET se Verslag.

Omstreeks sy 30ste verjaardag, op 5 Oktober 1975, was hy druk besig om die SAUK se TV-nuusdiens op die been te help bring.

“Vir my was daar hoegenaamd geen sielkundig­e oorgang om 30 te word nie. Ek was so ingenome met my opwindende werk by die televisie dat ek nie tyd gehad het om te tob oor my 30 somers nie,” vertel hy.

Watter raad het hy vir die jongeres oor hul geldsake? “Ek het nooit die paaiement op my huislening verlaag wanneer rentekoers­e gedaal het nie. Ek het ook gereeld geld daarin gestort wat ek kon spaar. Gevolglik het ek my huis binne 10 jaar afbetaal, pleks van 20 jaar, en sodoende derduisend­e rande aan rente bespaar.”

En sy raad aan sy 30-jarige self? “As jy iets nie kontant kan betaal nie, kan jy dit nie bekostig nie – dit sluit natuurlik nie groot uitgawes soos ’n huis of motor in nie. Dink 10 keer voor jy skuld maak.”

Daar is geen spesifieke ding waarin Riaan dink ’n mens op 30 moet belê nie.

“Belê in ’n intelligen­te kombinasie van goed: Leef en eet gesond, moenie rook nie, gebruik min drank, kry genoeg oefening . . .

“Hou in alles matigheid voor oë.” Dié gewilde kabaretkun­stenaar, storievert­eller, skrywer, etiketkenn­er en TV-persoonlik­heid vier vanjaar ’n groot mylpaal – sy 30ste jaar as solokunste­naar in die vermaakbed­ryf.

En as hy die 30-jarige Nataniël nou kon raad gee? “Kry jou spanning onder beheer; dit is wat mense lewenslank pootjie,” meen hy. “Bepaal jou swakhede en jou sterk punte en werk daarmee. Wees nugter oor jouself.

“Bou aan ’n lewenslang­e vriendekri­ng. Bring soveel tyd moontlik saam met jou familie deur.”

Sy 30ste verjaardag was vir hom ’n hoogtepunt. “Ek het ’n reuseparty­tjie met 200 gaste in After Dark in Pretoria gehou. Daar was ’n jazzgroep en die sangeres Erica Lundi het gesing. Almal saam met wie ek ooit gewerk het, was op die verhoog. In daardie jaar het ek die huis gekoop waarvan ek lank gedroom het, plus my eerste luukse motor. Dit was ’n baie goeie tyd.

“My grootste uitdaging was profession­eel. Ek was besig om suksesvol te raak en moes begin om gedissipli­neerd te werk, lank vooruit te beplan en aan te hou om myself te verbeter,” onthou Nataniël.

“Verantwoor­delikheid is ’n fantasties­e, heerlike ding. Dit vat nie al jou pret weg of verwoes jou lewe nie. Jy neem beheer. Jy begin dinge waardeer wat jy altyd as vanselfspr­ekend beskou het.”

Maar natuurlik het hy ook foute begaan. “Ek het te veel geld bestee. Ek was finansieel taamlik selfstandi­g, maar as jy vroeër begin spaar, hoef jy nie jou hele lewe lank bekommerd te wees oor finansies nie.

“Op 30 begin jou brein eers werklik funksionee­r. Van daardie ouderdom af was daar elke dag ’n oomblik dat ek gewonder het: ‘Wat het jou besiel?’

“Dit is asof dinge helder word en die stukke van die legkaart logies inmekaar begin pas. Dit was geen emosionele aanpassing nie. Ek was bly ek is ’n grootmens; ek het al van my kindertyd af gewag vir volkome onafhankli­kheid.

“As jy op 30 nog nie begin spaar en nog nie jou eie plek het nie, moet jy plan maak. Moenie trou net omdat die hele televisie vol trouprogra­mme is of jy droom van konfetti nie; doen dinge op die regte tyd vir jou.

“En moenie kinders kry voor jy wys genoeg is om hulle groot te maak nie.” Toe hy 30 was, het die Kwêla-aanbieder, Hannes van Wyk (45), nog die bose en gehate karakter Krynauw du Buisson gespeel in Egoli, Suid-Afrika se eerste volbloedse­pie.

“Dit was vir my ’n heerlike tyd,” vertel dié oud-Kovsie wat voor Egoli ook in die reekse Torings en Manakwalan­ders te sien was.

“Ek dink ’n mens is dan nog jonk genoeg om kanse te waag, dinge te beproef en wanneer jy foute maak, daaruit te leer,” sê Hannes.

Maar namate jy ouer word, besef ’n mens tog jy moet meer standvasti­gheid kry en jou plek in die grootmensw­êreld vol staan.

Sy raad aan mense wat hulle nou naby 30 bevind, is om voluit te leef. “Beproef dinge, waag kanse, misluk en probeer iets anders. Geniet jou lewe, wees minder bekommerd en lag baie.” Dit sal ook vandag Hannes se raad aan sy 30-jarige self wees: “Geniet dinge en bou vriendskap­pe wat vir altyd kan hou.”

 ??  ?? RIAAN CRUYWAGEN
RIAAN CRUYWAGEN
 ??  ?? ZELDA LA GRANGE
ZELDA LA GRANGE
 ??  ?? NATANIËL
NATANIËL
 ??  ?? HANNES VAN WYK
HANNES VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa