Huisgenoot

Is bankterme vir jou Grieks? Hier is vir jou ’n kitsgids

-

BALANS

Jou rekeningba­lans is die bedrag wat in jou rekening is nadat al die deposito’s, rente en aftrekking­s ingereken is. Maar die beskikbare balans kan daarvan verskil – dit is die bedrag wat beskikbaar is op die oomblik wanneer jy die balansstaa­t trek. Gestel jou rekeningba­lans is R2 000 en ’n tjek vir R1 000 word inbetaal, maar moet nog deur die bank goedgekeur word. Dan sal jou rekeningba­lans R3 000 wees, maar jou beskikbare balans sal R2 000 bly tot daardie tjek deurgaan.

REPO- EN RENTEKOERS

Die repokoers is die koers waarteen die Reserweban­k geld aan handelsban­ke leen. Banke koppel hul prima-uitleenkoe­rs aan die repokoers. Die primakoers is die standaard-rentekoers wat banke gebruik om geld aan kliënte te leen. Dit is gewoonlik ietwat hoër as die repokoers. Hoe hoër ’n kliënt se risiko, hoe hoër is die rentekoers op sy lening. Wanneer die repokoers styg of daal, pas banke hul rentekoers aan.

DEBIETORDE­RS

Hierdeur gee jy ’n derde party, soos ’n selfoonmaa­tskappy, toestemmin­g om gereeld geld uit jou bankrekeni­ng te trek. Bedrae sal afgetrek word solank jy ’n kontrak met die maatskappy het. Debietorde­rs kan net gebruik word as die bank die maatskappy toestemmin­g gee om geld uit jou rekening te debiteer. Die debietorde­r kan verhoog of verlaag word deur die derde party. As jy byvoorbeel­d jou motorlenin­g met ’n debietorde­r betaal, sal die finansierd­er die bedrag verhoog as rentekoers­e styg.

STOPORDERS

Dit is ’n ooreenkoms tussen jou en die bank om oor ’n sekere tydperk ’n vasgesteld­e bedrag aan ’n derde party te betaal. ’n Voorbeeld is huishuur. Stoporders se transaksie­fooie is gewoonlik meer as debietorde­rs s’n, want dit verg administra­tiewe werk by die bank. Anders as met ’n debietorde­r, het ’n derde party nie die mag om die bedrag of datum te verander waarop dit afgetrek word nie. Jy moet self die stoporder verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa